AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
Stuur jou resensie vir ons by About SchmidtMet: Jack Nicholson, Hope Davis, Dermot Mulroney, en Kathy Bates Jonk wees is mos dronk wees sing Akkedis. Die lewe is ´n lied as jy jonk is en jou kop is meesal bedwelm met lewenslus. Dan kom die dag wanneer die dood jou op die skouer tik en herinner dat alle goeie dinge op ´n einde kom. Dan en daar verander jou drinkgewoontes. Warren Schmidt (Jack Nicholson) is ´n gewone ou met ´n huis, ´n vrou en ´n konvensionele bestaan. Dan tree hy af. Skielik raak die wêreld te veel vir Schmidt. Sy vrou irriteer hom, sy dogter staan op die punt om met ´n idioot te trou en hy begin besef daar was moontlik geen sin in sy lewe nie. Dramatiese gebeure na sy aftrede laat sy lewe ´n ander rigting inneem. Jack Nicholson lewer uitstekende spel. Moet geen van sy normale mannewales verwag nie. Hy is ´n stil, hartseer karakter wat nie meer seker is watter kant toe hy moet gaan nie. Daar is te veel kleurvolle karakters in die film met toneeltjies waar daar te lank op hulle gekonsentreer word, maar oor die algemeen is die swak plekke maar min. Die voorprent van About Schmidt skep die indruk dat jy ´n komedie te verwag. Daar is humor, maar dit is nie ´n komedie nie. Dit is twee ure in die geselskap van ´n gewone mens wat probeer sin maak uit die lewe. Al stem jy nie saam oor die kwaliteit van die film nie sal Jack Nicholson se spel die koste van jou kaartjie werd wees. |