Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Webroekeloos.co.za Google

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Flieks

Stuur jou resensie vir ons by

Pirates of the Caribbean: The Curse of the Black Pearl

Met: Johnny Depp, Geoffrey Rush en Orlando Bloom
Regisseur: Gore Verbinski

Soos gewoonlik is ek bevooroordeeld die teater binne, maar wil jy nou meer, na al die afgematte flieks wat tradisioneel hul verskyning maak in die middel van die jaar waai Pirates of the Caribbean: The Curse of the Black Pearl soos ´n vars seebriesie oor mens.

Die film steek die draak met vorige films in die genre. Daar is alles van verlore skatte, ontvoerings, ´n mooi meisie wat gered moet word, ouens wat die plank moet loop, gevegte op see, te veel gedrinkery en natuurlik swaardgevegte. Die storielyn is opsetlik voorspelbaar en tog nog vreeslik vermaaklik.

Johnny Depp is ´n uitstekende Captain Jack. Captain Jack is onafgewerk en loop oor van rum en vir ´n wonder oordoen ´n Hollywood-akteur nie die tipe karakter nie.

Regisseur Gore Verbinski se The Mexican is destyds deur twee bekende akteurs bederf, hoewel hy tot sy reg gekom het in The Ring, maar hier hou hy die akteurs op hul plek en die bal aan die rol tot groot genot van gehore.
7/10
Koop/Buy Pirates of the Caribbean: The Curse of the Black Pearl...

Flieks
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
Q
R
S
T
U
V
W
X
Y
Z



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner