Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Webroekeloos.co.za Google

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Flieks

Stuur jou resensie vir ons by

Pirates of the Caribbean: At World's End

Met: Johnny Depp, Orlando Bloom, Kiera Knightley, Geoffrey Rush & Chow Yun-Fat
Regisseur: Gore Verbinski

Aanhangers van Jack Sparrow sal tevrede wees, maar Pirates of the Caribbean: At World's End kon beter gewees het.

Die fliek se einde stel nie teleur nie en dit is vermaak uit die boonste rakke, maar dit is die eerste uur of wat van die amper drie ure waar jy verveeld kan begin rondkyk.

Miskien is dit die storie wat skielik te veel sytakke ontwikkel of bietjie kort skiet by die vorige twee aflewerings se vermaaklike lighartigheid.

Soos die voorprente verklap, is Jack Sparrow terug. Dit is sy maatjies Will (Orlando Bloom), Elizabeth (Kiera Knightley) en kaptein Barbossa (Geoffrey Rush) wat in die Ooste om hulp gaan aanklop van nog 'n seerower, kaptein Sao Feng (Chow Yun-Fat), sodat hulle Jack uit die land van die dode kan red. Dan word daar planne gemaak om Davy Jones en sy Britse medepligtiges op hulle neuse te laat kyk.

Pirates of the Caribbean: At World's EndDie keer val die fokus nie genoeg op Jack Sparrow nie. Is hy dan nie die hart van die reeks flieks nie. Elizabeth is uiteindelik 'n volwaardige seerower en dit lyk of sy en Will weer oë vir mekaar het. Die slegte ouens stel teleur, want hulle slaag nie daarin om jou te intimideer nie.

Maar wees gerus dat die laaste minute van die fliek jou gaan laat vergeet van al die swak plekke en laat uitsien om dalk weer eendag vir kaptein Jack Sparrow te sien.
7 / 10

Voorprent: Pirates of the Caribbean: At World's End ->

Pirates of the Caribbean 3: At World's EndKoop / Buy Pirates of the Caribbean: At World's End ...

Flieks
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
Q
R
S
T
U
V
W
X
Y
Z



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner