AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Stuur jou resensie vir ons by BeowulfJMMet: Anthony Hopkins, Robin Wright-Penn, Angelina Jolie & Crispin Glover Beowulf die fliek is niks soos die boek wat ek op universiteit gelees het nie, en daai boek het beslis nie 'n poedelnaak Angelina Jolie gehad nie. Indien jy nie die boek gelees het nie: Beowulf baklei met die monster Grendel om sy mense te beskerm en maak hom dood. Maar dan gaan staan en dink hy met sy verkeerde kop (soos ouma sou sê) en gaan maak oulik met Grendel se ma - ter versagting moet dit gesê word dat die keer lyk Grendel se ma soos Angelina Jolie. Die animasie is iets besonders, maar die karakters se gesigte kort nog werk. Die lywe lyk reg, maar wanneer jy in hulle gesig kyk lyk hulle soos zombies.
Wat Beowulf iets besonders maak is al die verrassings wat regisseur Robert Zemeckis uit sy mou pluk. Hy neem die spesifieke genre beslis tot op 'n volgende vlak. Die 3-D weergawe van die film is veral indrukwekkend. |