AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
Stuur jou resensie vir ons by Around the World in 80 DaysMet: Jackie Chan In al wat ´n koerant en tydskrif is skryf hoe swak Around the World in 80 Days is. Wat het hulle verwag? Dis ´n Jackie Chan-fliek! By die tyd weet ons almal dat Jackie Chan se spel geforseer is en die choreografie van sy gevegstonele belaglik is. Ek dink nie ons was veronderstel om die weergawe van Jules Verne se verhaal ernstig op te neem nie. Disney is dan die verspreider. Indien jy nie vertroud is met die reis van Phileas Fogg en Passepartout (Jackie Chan) en Around the World in 80 Days nie stel ek voor jy laat nie die film toe om jou op hoogte te bring nie. Dit het nie veel in gemeen met die oorspronklike verhaal nie. Volwassenes gaan nie die fliek vermaaklik vind nie. Dis nie snaaks nie, nie opwindend nie en daar is hopeloos te veel geraas. As jy deur dit moet sit kan jy jouself besig hou om te kyk of jy al die bekendes is klein rolletjies kan sien. Rob Schneider as ´n bedelaar, Owen Wilson as een van die Wright-broers, Kathy Bates as die koningin van Engeland, John Cleese as ´n polisieman, Macy Gray as ´n slapende Franse vrou en Arnold Schwarzenegger as ´n Turkse prins. Mens kan seker nie meer verwag van regisseur Frank Coraci nie. Kyk net na sy The Wedding Singer. Op ´n positiewe noot: Die 6-jarige in my hou baie van die fliek. Stuur gerus jou brokkie nuus, bydrae of reaksie vir ons. |