Kieslys

Close


*/

01 Januarie
2009
Gedigte
2532 keer gelees
(*slegs web-weergawe)

Gedigte van Alec Hobson

Indeks van digters

Spookhuis
Once upon a time …
Glad nie so lank gelede
Was jy nog lief vir my,
En ek nog in jou gebede
Dog immer ontevrede
met dit wat mens besit
Soekend na iets nuut
om meer genot uit te kan put
Met die weë van ‘n dwaas,
Verdryf ek jou uit my lewe
Nou belieg ek dag-na-dag myself
En probeer sus maar my gewete

Ek dink die prentjie is mooi duidelik
En baie maklik om te verstaan.
Hoe iets so mooi soos die liefde
Tog so maklik kan vergaan.
Altyd vinnig om ‘n klip
Van die stoep van ‘n glaspaleis te gooi.
En oombliklik slaggereed
Om nog ‘n los tong in te nooi.
Dadelik daarvan seker maak
Dat elke liewe skoen moet pas.
En trap self maar liggies op ‘n plankvloer
Anders “rattle” die geraamtes in die kas.
Staan nou maar alleen
Eensaam aan die ander kant.
Voete vol blase van die terugkom
Oor nog ‘n brug wat brand.

Dog kom die gevoel weer telkens dwalend
Deur die spookhuis van jou wese.
Gly rustig deur jou skansmure
En beloer jou grootste vrese.
Sweef oor die grasperk, oor die voorstoep
Tot in die binnekamer so donker swart.
Daal dit van die solder van jou siel
Tot in die kelder van jou hart.
Onrustig kom dit jou bewusmaak
Dat al die goud in konings kroon …
Nooit ooit weer sal kan terugkoop
‘n Liefde eens verloën.

Afdraaipad
Die lewe lei mens op vreemde paaie
verby mekaar soos skepe in die nag
loop eendag nog die lewensweg tesame
tot waar ‘n vurk in die pad op ons wag
yd vir koebaai sê, en vorentoe kyk
sodat die lewe sy nuwe weg kan baan
afskeid, weggaan is hartseer en swaar
maar dit bly tog deel van ons bestaan
altyd met die een voet in die voetpad
en een hand aan die tot-siens wuif
bring elke nuwe dag die wete dat
ons weer ons rigting sal moet skuif
maar soos elke kommende afdraaipad
die afstand tussen ons laat rek
bly daar ‘n kans dat ‘n nuwe kronkelpad
tog weer in jou rigting heen sal strek

Ek vind jou nog in die lig van die volmaan
as dit skyn oor sekelmaan se baai
Of aan die voetslaan deur die stof
langs ‘n grondpad om ‘n draai
En as ek mooi kyk as ek soggens
vir my vroeg-dag draffie gaan
is dit dalk jy wat in die park
onder die Jakaranda staan
Die een met die sambreel
as dit reën en die suid-oos waai
of die gesig in die bus
net voor dit straat-af draai
Ek maak af-en-toe twee koppies koffie,
want in my hart is jy nog hier
En sien nog jou refleksie in my wynglas
as ek laat-aand daarin tuur.

Ons sal nie soos beplan, in gryse ouderdom
iewers in ‘n ouetehuis weer ontmoet
want ons paaie het te veel afdraaie gemaak
te veel geliefdes moes ons groet
Geen troos is daar in die wete dat
die Afrika son nie meer elke dag
sy strale op jou laat skyn
na elke diep en donker nag.
Dat die Weskus branders wat nooit ooit weer
om jou voete sal kan spoel
Nou dieselfde see is wat my die heimwee
hier diep in my hart laat voel
Maar al die hartseer en die pyn
maak werklik tog nie saak
solank as dieselfde Hoër hand
nog oor ons almal waak

As ek vanaand na die maan
helder in die hemelruim staar
sal ek ‘n sweempie van jou glimlag
in ‘n maanligstraal gewaar
en as ek buite staan en voel
hoe die winter wind deur my boor
weet ek dat ek helder jou stem
in die ritsel van die blare hoor.
jou gesig in die vlamme
wat baljaar in my kaggelvuur
help vind my dan berusting
al is dit net vir nog ‘n uur
Tyd maak mos wonde beter
maar kan dit nooit totaal genees
veral nie as daardie silhouet
in die mis dalk jy kan wees

Al het die noodlot dit dan so beskik
dat ons op aarde nie weer ontmoet
is daar steeds geen rede hoekom
ons vir alle ewigheid moet groet
as ek bo by die “Pearly Gates” kom,
sal ek onthou om vir Petrus dan te vra
of jy voorspoedig daar aangekom het,
en hoe het jy jou gedra
dan wag ek solank iewers op ‘n wolk
en hoop dat hul my met ‘n harp sal vertrou
dan luister jy net waar ek besig is
om ‘n lang-arm sokkie te hou
en sodra ek jou daar gewaar
is alles sommer “fine”
en ons her-doop jou wolk
en noem hom “number nine”.




Gee jou mening







Gereeld gelees

11 Julie 2010
Gedigte
Verklarende Afrikaanse Woordeboek
Die Verklarende Afrikaanse Woordeboek (waarvan die eerste uitgawe reeds 70 jaar gelede verskyn het) is die handwoordeboek waarin die grootste versameling trefwoorde in Afrikaans verklaar word.
08 November 2012
Gedigte
Kort grappe
Jou ma is so kort, mens ...
27 November 2010
Gedigte
Die mooiste Afrikaanse liefdesgedigte
Die vierde, uitgebreide uitgawe van Die Mooiste Afrikaanse Liefdesgedigte is nou chronologies georden, sodat lesers kan sien hoe die Afrikaanse liefdesgedig oor die afgelope eeu ontwikkel het.
07 Januarie 2009
Gedigte
Gedigte van Anell de Beer
Wat 'n groot voorreg om deel te kan wees, en immers ek is bevrees. Ons is almal oud genoeg, om in die more te wroeg.
24 Mei 2012
Gedigte
Kort grappies
Wat is die verskil tussen ’n voël en 'n vlieg?

Onlangse kommentaar

H L Wehr
2019-01-17 22:25:02
Definisie en betekenis die verskil...
Robert
2019-01-10 18:20:15
Kan Annarine Erasmus my groot asb kontak deur my te epos na robert.conradie91@gmail.com Dis in verb...
Robert
2019-01-10 18:11:44
Hi annarine dis Robert hoe kan ek met u kontak maak. Stuur asb virmy 'n epos na robert. conradie91@...

Advertensie

Hou jy van ons hulpbronne? Oorweeg asseblief 'n donasie in Bitcoin: 179nZqSyFmYPcvu4ZU733PgXBKUYXcy9DD