Gemaal in my kop
Ons praat met mekaar tog verby mekaar
terwyl ons soos gevangenis in ons eie gedagtes vashou
Ons sê ons ken mekaar
en tog is ons hartsake duister
In my kop skree ek smeek ek vir stilte
want deur my oë maak die lewe my naar
Ek roep kliphard vir geluk vir vrede
maar niemand antwoord nie en my wit vlag word ook verbrand
Ek vra om hulp
maar almal is te besig niemand het ‘n helpende hand
Die wêreld en almal en alles in dit vergaan
Terwyl ons met ons eie gejaag na geld aangaan
Die wêreld kyk vir in hierdie groen oë van my
Terwyl ek seer probeer vermy
Maar so is die seer al wat ek kry
En is ek besig om in my mens wees te lei.
Related posts:



Bespreking
Kommentaar word nie toegelaat by hierdie bydrae nie.
Kommentaar is gesluit.