Gedigte van Aletta Bothma

Indeks van digters

Godverlate
Godverlate eensaam en alleen
O Vader, waar moet ek heen?
Verbrokkel, verpletter, versplinter en verbrand
opsoek na ‘n helpende hand.

My hart is nou net stukkies as
van die gelukkige ek wat ek eens was.
Ver waai in die storm van wind en weer
nou belaai met net seer

Ek verloor my kop, my bewus sein
Miskien verdien ek werklik hierdie diep, verwronge pyn?

Daar is n donkerwolk voor my geluk
n bitter pil waaraan ek verstik.
Ek smag na asem ek versmoor
Kan God my dan nie hoor?

My kop is mal, my hart gek,
my lewe met bloedkolle bevlek.
My hart is n karakter in ‘n boek,
my geluk in n hoofstuk toe gesluit, die sleutel moet ek soek

Ek’s jammer oor die seer en pyn wat ek altyd agterlos
Hopenlik sal ek eendag my van myself kan verlos

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar