// jy lees ...

Gedigte

Gedigte van Anell de Beer


Indeks van digters

Huis herfsblaar
Wat ‘n groot voorreg om deel te kan wees,
en immers ek is bevrees.
Ons is almal oud genoeg,
om in die more te wroeg.

Hierdie jaar is ast’ware my lekkerste jaar ooit,
wat vriende betref.
Ek het dit al ‘n rukkie terug besef.
Ons is Uniek en het op ‘n snaakse wyse tot stand gekom.
Hier volg die gebeure in kort opgesom.

Eers was ons net twee, en het baie gekuier.
Toe kom Frenchie die 3de vriendin ingeluier.
Dit is nou Cesti se bynaam,
maar sy is glad nie skaam.

Op ‘n strand stappie het ons haar gevind,
waar die mooiste sonsopkoms haar oe verblind,
vir linda het ons gese, sy moet bietjie meer met ons kuier,
natuurlik kon sy nie weier.

Nou ja, dis in kort wat gebeur het,
en die journey saam is vreeslik pret.
‘n Road trip het ons meegemaak,
wat ‘n sosiale taak was vir ons vriendin Linda.

Nou goed hier volg die posisies:
Cesti is ons Prim van Huisherfsblaar
Dan is linda ons sosiale HK lid
sy sorg vir die sosiale gebeure.
Anell is die Aktuele HK lid, wat in die toekoms geheime gebeure sal laat geskied.

Dan Zanandi sy is ons Jool HK lid. (JOU onbaatsigtige opoffering vir liefdadigheid)
Sy doen alles vir liefdadigheid.

Ons het ongelukkig nie ander HK lede, maar dit is onder bespreking wie nog verantwoordelikhede moet kry.

Hoop jul het lekker gelag,
geniet die dag.

9 April 2008

Ai, ai
Dat so klein ding my so kan ontstel,
dis asof ‘n mens die polisie wil bel.
en regtig dis so klein,
dit hou jou verstand rein.

Pottie is ‘n goeie leier verseker,
en raas toe oor die melk in my beker.
Sy moet streng wees ek weet,
ek sal moet vergewe en vergeet.

Nou gee ek dit vir U en hou dit daar,
dit sal net my pla.
want hierdie span se gees is goed,
dis net oor U baie bloed.

Tot later en vir eers genoeg,
oor dinge wat in my wroeg,
Hoop ek sien die lig,
ek moet seker dis my plig.

18 Desember 2005

‘n Span met stiptheid
Hoe dinge vir ons uitwerk,
is net in die Here se handewerk
Hy laat met jou gebeur wat HY wil,
so bly jy maar stil.

Dis ook toe so,
jy kan dit maar glo.
Toe die span langs die pad gaan staan,
so aan die kant van die baan.

Dit was glo baie warm,
die wind het gewaai darm.
Maar betyds was hul toe glad nie,
dit het my ook nie verbaas nie.

Here, dankie dat hul veilig hier is,
en dat ons hul nou nie hoef te mis.
Dit voel aardig sonder Jou,
maar later mag ek dit dalk berou.

Dit dan nou al vir nou
more skryf ek een net vir jou

4 Desember 2005

‘n Dag by die see
Hier sit ons na ‘n volle dag,
van hier sit en lê en daar wag.
Dit is ‘n vreemde gevoel,
sonder die karavaan se gewoel.

Ja, dis minder moeite en tyd,
maar daaroor sal ek myself verwyt.
Nee, wat in ‘n karavaan sal ek wil bly,
vir die vakansie & sommer met hom ry.

Dit sê ek nou vandag,
nee toe hou nou maar op lag.
EK sal eerder in ‘n tent bly voor die see,
met die son wat ons lig gee.

Die son is ook maar ‘n snaakse ding,
jy moet tyd dop hou om op te spring,
Sodat as jy tan, jy nie slaap,
of selfs voordat jy gaap.

Ja wat ek is nou pienk of rooi,
maar more sal ek wees mooi.
Vir nou is dit al,
netnou is ek mal.

4 Desember 2005

So ver pad …
Dit was ‘n lange pad vandag,
en nog nooit het ek so baie gelag.
Van woordespel tot sit en slaap,
tot waar ek my ore moet oopgaap.

Nou is ons by die see,
op die sand nog nie eers een tree.
Ons sit hier in die woonstel & klets,
terwyl ons so nou en dan vir “ore” koes.

Die is dan nou die eerste gedig in die digbundel hoor,
maar dit lees jy mos of is ek getoor?
Net oor Izelle gese het dis waarvoor die boek bedoel is,
sal die boek sy doel nie mis.

Maar vir nou es ek eers moeg,
en wil eers bietjie in my bed swoeg.
Voor dit wil ek eers eet,
Ja dit sal ek darem ook nie vergeet.

3 Desember 2005

Tyd
Hoe kosbaar is tyd as jy dit nie het nie,
hoe moedeloos om te wag as jy nie wil nie.
Om te sit en wonder of hy kom,
maak my ruggie skeef en krom.

Dit is snaaks hoe dit gewoonlik so uitwerk,
dat tyd jou ook gewoonlik beperk.
Jy dink jy het baie en gebruik dit wys,
en dan skielik besef jy dit juis.

Dis nie jou tyd.
Dit was nog nooit.
dit sal jou spyt,
meer as ooit.

Terwyl jy heeldag op facebook kyk,
en na jou nuutse emails kyk.
Sit God ook en wag,
maar vir hom voel dit langer as ‘n dag.

Jou hele lewe lank sit Hy en kyk waar jy bly,
wat jy doen as jy opstaan.
Wanneer jy oor die piesangskil gly,
sodra jy van verveeldgeid vergaan.

Dan kom dit by jou op,
jy moet stop.
Stop met die leuens,
ja hou net OP!

Dit is nou lank genoeg dat Hy moes wag vir jou,
daar voel jy dit nou.
Jou gewete herhinner jou,
dat jy nog wou.

Jy wou nog bybel lees,
toe oorkom die vrees van die toets jou.
Jy wou nog bid,
toe wil jy net gou nog make-up aansit.

Net soos wat jy HOM vermy,
gaan Hy jou vermy.
Soos wat jy nie jou vyand kan vergewe nie,
gaan Hy ook nie jou kan vergewe nie.

Maar jy het ‘n keuse,
dis die leuse.
Jy kan kies of jy wil ondergaan uit die mag van gewoonte,
of jy kan stop met als wat jou weghou van HOM.

STOP

STOP

STOP

Die Boom
Ek en ‘n vriendin het gesit en gesels,
en diep in ons gedagtes ingedelf.

Daar staan ‘n boom, glad nie in my droom.
As jy van ‘n sekere hoek af kyk, dan sal dit na ‘n ongebalanseerde boom blyk.

Van waar ek gesit het,
terwyl my been aan die slaap geraak het.
Sien ek dat die boom al sy takke na die een kant uitgooi, maar van heel bo lyk hy mooi.

Dit was vreemd maar ek doop hom toe die ongebalanseerde boom,(nie in my droom)

Vandag staan ek by die ampie, sonder ‘n dampie.
Kyk toe op na die boom, en beleef toe iets ook nie in ‘n droom.

Toe ek na die boom van onder kyk, toe is dit asof sy seer en pyn wegkwyn.
Daar is van sy takke afgesaag, en toe draai my maag.

Ek het die boom bestempel as ‘n ongebalanseerde boom, sonder om die werklike verhaal te ken, dus
skryf ek toe met my pen.

Van Bo af lyk hy soos ‘n boom,
van die kant ongebalanseerd,
van onder vol seer.

Om verlief te wees is ‘n fees …
(Mense sê langafstand verhoudings werk nie altyd nie, daar is iets wat gebeur en hoekom weet niemand nie.
Die hele storie oor langafstande is sommer bog, want kyk met wie kan ek spog …)

As ek hier sit in my viermuurkoshuiskamer,
en jy bel my voel jy ‘n 20 myl nader.
Ek sou jou styf in my arms wou vashou,
Maar ‘n foon oproep of ‘n msn-chat moet doen vir nou.

Jy helder my elke wese van bestaan op,
Verlief kan netsowel staan op my voorkop.
Die blote gedagte aan jou maak my knieë lam,
As jy die foon in die aand neersit huil ek omtrent ‘n dam.

As jy net kan besef hoe oneindig lief ek jou het,
spring jy in jou kar en kom sit hier langs my op die bed.

Dit gaan nie oor Groot goed wat ons doen nie,
en ek vra nou glad nie vir ‘n soen nie …
Maar om by jou te wees maak my gelukkig en bly,
En nooit wil ek hê jy moet terug werk toe ry.

Dit gaan nie oor die kar wat jy ry of die werk wat jy het.
Waar jy bly of die lakens oor jou bed.
Al wat ek wil sê is dat jy spesiaal is vir my, of jy nou ‘n BMW of ‘n Jetta ry.

Vir my bly jy JY en dis al wie ek wil hê,
al kan jy dalk nie nou hier by my lê.
Van jou hou ek hoor, en wil jou nooit verloor!

Funny
Partykeer voel mens net af,
nie lus vir iets nie sommer net laf.
Jy loop op kampus doelloos rond,
jy kyk af met jou oe op die grond.

Jy wonder hoekom die lewe jou diekant toe gegooi het,
watter besluit jy gemaak het om tot hier te kom.
Dis maar hoe dinge uitwerk se ander wat hier is vir die pret,
steeds wonder jy en voel half dom.

Mens werk aan verhoudings van vriendinne en ouens,
kuier by die nuwes maar altyd by die oues.
Jy sit soveel in en eendag is dit net weg,
sonder ‘n nota en jy voel sleg.

Terwyl jy dinge soek om jou te laat vergeet van die holte,
dan worstel jy self met jou probleme in die donkerte.

Bring dit in die lig,
en jy sal sien hoe jou probleme vlug.
Soek jou insig en kennis by die HERE,
en Hy sal jou gee net vrede.

Net jou verhouding met die HERE vat jy hemel toe,
niks anders sal deug nie.
Dit het my geruk want sjoe,
ek soek my vreugde in my vriende en vind dit nie.

Wat my net verbaas is dit …
ek kuier altyd by almal maar by my kom hulle nie.
Dalk goed so gee my tyd om te bid,
maar met die sien ek nie meer my ou pelle nie.

Dankie vir jou vriendskap
eens was jy ‘n vreemdeling en nou ‘n goeie vriend.
Maar tyd loop uit om te kuier,
en ons paadjies gaan skei dit is hoe dit werk.

Jy maak vriende kry ‘n lewe,
en voor jy dit regtig waardeur gaan die lewe aan en jy maak nuwe vriende en die oues is vir eers vergete.

‘n Wrede wêreld hierdie,
hoekom ek hier is weet ek nie.
Een ding weet ek wel,
jy is VANDAG my pel!

(ongetiteld)
Die snaakste ding wat gebeur wanneer jy toelaat dat Hy jou lewe beheer,
alles lyk vir jou anders selfs die eens gewone teer.

Jy kyk nou anders na die lewe,
en soms begin jy bewe.
Dit is net die Here wat jou kom bewus maak,
dat hy wil he jy moet ander se lewens ook raak.

Soms wil jy dit nie hoor nie,
die mense om jou het nood.
Maar Hy roep jou en nie ‘n ander nie,
om sy liefde in die land in te stoot.

Jy sal opofferings moet maak,
maar vir my maak dit nie saak.
Want om vir die Here te leef is my Passie,
ek voel so klein soos ‘n dassie.

Nou ja dit is wat gebeur as jy vir ‘n dag sonder kos gaan,
en jy wonder hoe voel dit vir mense wat altyd sonder kos bestaan.

Die Here se genade is so groot,
en Hy sorg vir elke stukkie brood wat ek eet.

Ek wens net die mense wil besef hoe lief die Here elkeen het.

Dit voel soveel beter
Ek voel soos die sanger wat wil skree,
since you’ve been gone i can breath for the first time,
dis snaaks om alles nou alleen te betree,
maar nietemin dit voel beter as ‘n crime.

Die vorige jaar was anders as nou,
ek moet bieg dit was lekker,
alles gebeur net so gou,
Toe hoor ek skielik die wekker.

Ek het selfstandig geword,
en ekt besef ekt tyd op my eie gekort.
Dit is asof die hele tyd het ek gehoop daar gebeur iets,
tot die realiteit aan my boud piets.

Ek’t my vriendinne afgeskeep en kontak verloor,
al wie my nou groet is elke liewe door.
Nou het ek weer kontak gekry,
want ek gaan nou nader aan hulle bly.

Ek was bang ek se iets verkeerd,
en dan verstaan jy my verkeerd.
Ek kon nie myself wees nie,
hoekom weet ek nie.

Die feit dat ons kontak verbreek het,
het gehelp dit voel ek kan nou weer asem haal.
Maar op ‘n vrydagaand as ek sit op my bed,
wens ek weer jy kom my vir impala haal.

Dit is alles nou verby,
ek sal ook nooit weer saam jou ry.
Tye verander en dit voel anders,
maar glad nie meer soos die see se branders.

Ek groet jou finaal,
mag jy groot sukses behaal.
Dankie vir jou hulp deur die jaar,
maar jammer dis nou klaar!

En nou?
Vandag het ‘n diep gedig gelees,
ek’t skoon my lewe gevrees!
Of eerder was ek dankbaar dat ek nog kan leef,
maar dis asof die angs aan my kleef.

Hoe kan dit dan nou gebeur met my?
dis asof ek lekker hier bly
Elkeen se lewens gaan aan en ek kan nie dit begryp hoe almal net kan aangaan nie,
want niemand het haar werklik geken nie.

Dis asof van nature dat mens die gevoel van verbaas kry,
soos wat mens weer en weer die gedagte in mens se kop laat rondry.
Praat van totale onafhanklikheid as jy 21 is,
Verseker gaan sy nie daai geleentheid mis.

‘n Glansgeleentheid ontaard in die doodelikste gebeurtenisse wat sy nie sal vergeet,
sy het die party gehou in Potch en almal het gekom,
selfs haar ma en familie almal met ‘n blom.

Nou moes die familie ‘n tragiese ding oorkom niemand het dit verwag,
dat die kar sou rol dadelik het almal ophou lag.
Hoe moet mens voortgaan en aanhou lag,
as die dood voor mens elkeen staan en wag???

Elkeen het tog ‘n regverdige kans vir die lewe,
maar die dood het my laat bewe.
Alhoewel ons weet wat kom daarna,
kan mens nie anders as om oor die alleenheid te kla.

Wat word nou van hulle wat agterbly?
Of moet hul ook maar net weer en weer verbyry?
HERE u moet ingryp in die land en sy mense,
en aandag gee aan hul wense!

Totsiens….dit het ‘n ander betekenis gekry!
Jy sal vir ewig in my gedagtes bly!

Nuwe tuiste
Hierdie nuwe gevoel,
wat hier binne in my woel.
Ek voel nuut maar steeds deel van alles,
nou kyk jy my aan asof ek mal is!

Ek bly nou op ‘n nuwe plek,
ek weet darm dat die plek nie lek!
Want in Potch-jool weer reën dit mos NET,
die eerstejaars dink: “Dis nou PRET!!”

Dis nou beter in die studenthuis,
dit voel darm nie meer soos ‘n kluis.
Nadat my mede inwoner haar gesig kom wys het,
beleef ek nou die tuiste net pret!

Alhoewel sy ‘n mens bang praat oor die inbrake,
en vertel sy die oorsprong van die krake!
Sal ek maar eers moet sien,
wat die nuwe tuiste my bied!

So as jy ‘n koshuisbewoner is,
weet jy nie wat jy mis!
Vir die Wandaliete in my kamer het ek oopmaakkaste,
en ‘n kamer so groot vir omtrent tien gaste!

Ek mis die koshuis ja,
moenie dat dit jou te veel pla!
Ek’t lus geraak om terug te trek,
want my plek was te gevrek!

Maar ek het tot die besef gekom,
dat waar jy geplant is moet jy blom!
Dis vir eers genoeg,
Sterkte vir die week se geswoeg!!

Wanda was ‘n Wandade.
Ek sit hier in my kamer besig om te dig,
Toe kom gee iemand vir my ‘n ander plig.
Dat ek nog ‘n gedig in die Wandade moet plaas,
Dit het my dan nou ook glad nie verbaas.

Ek gryp toe nou maar die geleentheid aan en spring aan die werk en begin te dig,
Maar moenie worry nie dis vir my lekker ek voel glad nie verplig.
Die probleem kom net in my die tipe gedig wat ek moet skryf,
Want kyk dis mos nou eintlik vir tydverdryf.

So kom ons kyk maar wat gebeur,
En kyk maar wat jul hieruit kan leer.

Alles is so vinnig, alles gebeur nou,
Excelsior hou van ons en wil met ons trou.
Dis ‘n aksie hier en ‘n aksie daar,
Toe ek my oë uitvee was die jaar ook klaar.

Dit laat my dink aan ‘n klaargebrande kers,
Sommer net hier op die tafel nie eers romanties op ‘n kombers.
‘n Mens voel klaar, op en leeg gebruik,
Niemand kan eers meer die lankvergete reuk van die kers ruik.

Ek kan nie veel hieroor sê nie want dit sal soos ‘n pavement special salf wees,
Al wat ek sê is jy MOET jou bybel lees.
Maak tyd vir Hom, en Hy sal tydmaak vir jou.
Jy moet net styf aan sy hand vasklou!!

Soos meeste van julle weet gaan die Shakes die koshuis verlaat,
So jul moet vir ou laas met haar praat.
Indien jul weer ‘n gedig van haar in die Wandade sien,
Moet jul weet sy wil steeds betrokke wees en darm af en dan ‘n gedig Indien.

Dit was vir Shakes ‘n voorreg en ‘n eer om in Wanda te wees,
Maar tye verander en dinge gebeur met ‘n doel ek is bevrees.
Vir nou is dit eers genoeg van Shakes se gediggies,
Mag jul aan haar dink en geniet die kersfeesliggies!!

Stay clean, and please remember wear your sunscreen!

Kersfees ete 2005
Sjoe wat ‘n jaar was dit nie.propvol gebeurtenisse en dinge,
Vol pret plesier en silwer ringe.
Hierdie jaar het so vinnig verby gevlieg,
Dit voel of die tyd mens bedrieg.

Kom ons kyk ‘n bietjie terug na wat alles gebeur het,
Die eerstejaars se arrivering was seker minder pret.
Wanda kom 2de met ser en die sport presteer goed,
Mens dink dan altyd: “Dis nie oor ons wil nie, maar oor ons moet..”

Kan ek net vir julle sê dis baie maklik om alles wat die Here vir ons doen as vanselfsprekend te aanvaar,
Tot jy die gate in sy hande gewaar.
Jesus is vir ons gebore in hierdie tyd,
Om vir ons om vergifnis by die Here te pleit.

Wie sou kon dink dat so ‘n klein kindjie eendag in ons plek die stryd sou moes stry?
Vir ons voel dit gewoonlik of Kersfees net ‘n tyd is waar jy persente kry.
Eintlik is dit Jesus se verjaarsdag en moet ons vir Hom persente gee.
Wat ons Hom kan bied is om te leef in dankbaarheid elke tree.

Dink hierdie kersfees bietjie aan die dinge wat met jou gebeur het hierdie jaar,
Dit wat jy weet net genade van bo is, en sê dan dankie- maak hierdie jaar goed klaar.

Kom ons sluit vir ‘n oomblik die oë en dan bid ek gou vir ons.
“Here, hoeveel keer voel ek nie soos gemors,
En kan ek nie ophou kla oor dinge wat verkeerd gaan,
Here help my om te besef dat U het reeds die weg gebaan!

Here, dankie dat U my uniek gemaak het en dat ek weet U is daar vir my,
En dat U vir altyd by my sal bly.
Dankie vir al U genade en liefde elke dag,
Dankie vir die bome en die blomme in hul prag.”

Wat is ‘n Reunie?
Op skool het jy elke dag saam met die persone langs jou geleef en dit was niks snaaks nie,
Jy het nie elke dag sit en dink aan eendag nie.
Jy wou net speel en lag en baljaar in die son,
Of net sit en stout wees in die klas as jy kon.

Goed het jy geweet seuntjies is slegte nuus en juckkie as jy ‘n meisie was,
En dan sê juffrou nog jy moet langs hom sit in die klas.
Nee wat sonder om te twyfel het jy besef dit is net verkeerd,
Hoekom is juffrou dan so wreed?

Amper effens houding begin kry toe jy in die st5 jaar presteer,
Want ma sê jy moet hard leer.
Jy begin anders voel oor jou eers ongetwyfelde filosofie,
Maar vir eers pla dit jou nie.

Nou is jy in die Hoërskool en jy is alweer die kleinste daar,
Net laasjaar nog was jy die oudste in die skool..maar selfs dit is nou klaar.
Die groot kinders in Matriek lyk so oud en slim,
Sal jy ooit die mas kan opklim?

Jou hart begin nou heeltemal anders voel oor daai filosofie van laerskool,
Want sien jy is mos nou in die hoërskool.
As jy hom sien en hy kyk vir jou word jou knieë lam en jou maag het vlinders wat wakker word,
Skielik besef jy dis ‘n ou wat jy kort.

Nooit sou jy kon droom dat die yuckkie seuntjies so aantreklik kon word nie,
En dat jy nou in die klas oor hom sal sit en dagdroom nie.
Nou is dit darm ‘n matriekafskeidmaat opsie in matriek,
Jy wens tog so hy vra jou vir ‘n fliek.

Die hele matriek groep gons en maak reg vir gebeurtenis van die jaar,
Want sien die matriekafskeid is nou amper daar.
Die rok, naels, hare skoene de leste ding moet perfek wees,
Ag en die ontydige verkoue moet net bitter vinnig genees.

Die hele jaar gespartel vir een aand wat jy seker vir ewig sal onthou,
En die fotos van die aand wat jy nog vir lank sal beskou.
Ook dit is agter die rug,
Iewers gee ‘n ou omie ‘n kug.

Die universiteit of werkswêreld roep jou,
En die aantreklike manne begin nou almal op ‘n streep trou.
Snaaks genoeg skeel dit jou min,
Want jy is nou die grootmens wêreld in.

Nuwe vriende en nuwe omstandighede wat jy moes aanvaar,
Tog weet jy jou skoolmaats is nog altyd daar.
Al hou mens nie regtig kontak of kuier elke dag,
Weet jy daar was tye wat jy saam hul kon sit en lag.

Snaaks hoe mens nie toe jy klein was regtig aan die toekoms gedink het nie,
Maar nou dat jy groot is kan die verlede jou nie uitlos nie.
Dit is altyd interessant om te sien hoe almal verander het en meeste vir die mooi,
Elke vriendin nou skielik in grootmens klere getooi.

Jy besef jou tyd op aarde is net geleen,
Min het jy dit geweet in graad een.
Kom ons geniet dan nou hierdie dag,
En begin ‘n nuwe era gevul met lag.

Huiskomitee
Jy is so oulik,
Jy is so vroulik.
Jy is enig in jou soort,
En dis net hier in Eensklaps waar jy hoort.

Ons wil net welkom sê aan jou,
Mag jy lank aan hierdie woorde kou.
Jy sal dit love in die blok,
Dit sê ek nou sonder om te jok.

Dis dan al wat ek wil sê,
Mag jy ‘n geweldige HK termyn hê.
Alle sterkte vir die jaar,
But wait….it is far from klaar!!

Ma3 …
Hi daar dame ek hoor jy verjaar,
En jy wil in die lente baljaar.
Nou ja, waarvoor wag jy?
Wat nou hoekom kyk jy vir my?

Goed goed alle grappies op ‘n stokkie,
Kyk hoe fraai lyk jy in jou lente rokke..
Jy word een en twintig jaar oud,
Hoop jy was darm al bietjie stout.

Vriendin, Ma3 en oud Hk lid,
Kom hier dat ek jou hand kan skud.
Jy was nog altyd daar toe ek jou nodig gehad het,
In die onsekerhede en dae van gebed.

Jy het nie ophou rondhardloop vir ander mense nie,
En wakker gesit en chat in die nag ure met wie weet wie.
Jy is soos ‘n skoenlapper wat vrolikheid simboliseer,
En daar is vir elke vriendin met ‘n maagseer.

Jy is so nederig en enig in jou soort,
En dis net hier in my hart waar jy hoort.
Ek sal jou nooit genoeg kan dankie sê,
Vir die vriendskap wat ek in jou kon hê!

Om jou te ken is ‘n eer,
En dis wat elkeen begeer.
Dankie Here se ek nou,
Mag Hy jou styf vas hou.

Nuwe dinge
Wat kan mens nou eintlik sê van die semester wat verby is,
Behalwe dat almal van ons redelik op is en niksdoen mis.
Daar was baie uitdagings en gebeure wat ons geskok het,
Dan ook dinge wat ek sou se PRET!

Die semesters is darem nou oor,
Maar glo my die ergste le eintlik voor.
Kom ons staan net eers stil,
En sê:”Hokaai, drink ‘n chill pill.”

Dis lente julle wat ‘n voorreg om die blommetjies te sien blom,
En nie hoef weg te hol vir ‘n bom.
Dis so vars en voel kompleet soos ‘n spog kompetisie van bo,
Die een blom is mooier as die ander een glo.

Die asemrowende prentjie sal altyd in my kop vassteek,
Al word ek grys en lyk al bleek.
Die gawe om te kan sien is inderdaad eintlik ‘n voorreg,
So gebruik dit net nou raak dit weg.

Ook nuwe HK lede is aangekondig net so voor semester tyd,
Hul was die beste 9.of so het jul besluit!
Aan die nuwe HK ‘n woord van welkom,
(Asb gaan praat met telkom..)

Alle sterkte met die nuwe uitdagings in die termyn,
Mag jul passie en ywer nooit verdwyn.
Kyk altyd na bo want dit is waar jy jou krag is,
Sonder Jesusliefde sal jy die punt mis.

Nuwe slepe, nuwe idees,
Nuwe manne wat in ons lewens kan wees.
Ons kan nie wag vir die nuwe sleepkoshuis,
Want alleen voel niemand tuis.

Dit dan nou die einde van die gedig,
Sjoe, en elkeen voel verlig.
Jy mag nou ophou lees,
Hoop dit was ‘n fees.

Alle sterkte vir dit wat voorlê in die weke wat kom,
Mag Jesus se liefde in jou blom.

My beterhelfte …
Nou dat jy die twintigerjare betree,
Wil ek net eers vir jou raad gee.
Nommer een: As jy moeg is slaap,
Ja dit lyk beter as wat jy gaap.

Nommer twee: As jy lus is vir kuier,
Moenie dat iemand jou weier.
Nommer drie: Ek sal altyd daar wees vir jou,
More, oormore ja selfs nou.

Nommer vier: Ek gaan vir altyd vir jou bid,
Ja al moet ek vir altyd op my kniegies sit.
Nommer vyf: Jy sal ‘n sukses maak in alles wat jy doen,
Selfs met jou eerste soen…

Dis vir eers genoeg raad my ou maat,
Raam die gedig en sit dit in ‘n plaat.
Ek dank die Here vir ‘n pel soos jy,
Jy maak my hartjie elke dag bly.

Ek en jy gaan nog groot geskiedenis maak,
Al is ons getroud en oud maak nie saak.
Jy is my Hero en my beterhelfte,
Sonder jou is ek net ‘n helfte.

Ons is uniek en eenders in geloof,
Al wil die duiwel jou vreugde beroof.
Vir jou sal ek blomme koop tot my geld op raak,
Vir jou sal ek kaalvoet loop ja dit maak nie saak.

Solank jy net my beterhelfte bly,
En nooit verby my sal ry.
Geluk my ou maat nou is ons ook ewe oud,
Geniet jou daggie…(en wees ‘n bietjie stout)

Dis nou klaar my vriendin,
Saam met jou gaan ek die duister in.

Heildronk Troue 2005
Meeste van jul het nou al kennis gemaak met my Ouers,
As jul nie het nie kyk net ‘n bietjie dis die twee met die breë skouers.

Breë skouers in die sin dat hul soveel van ons laste op hul eie skouers dra,
Sonder dat ons eers nodig het om hul te vra.
Vandat ek kan onthou was hul daar vir ons,
Ja dit weet ek sonder om te frons.

Pa van dat ek onthou het pa met rekenaars gewerk,
En het ons pa omtrent net gesien in die kerk.
Ek onthou nog dat ons in die aande voor ons kon eet so lank moes wag,
Maar dit was als die moeite werd want as pa gekom het , het ons nie opghou lag.

Al hoor ons die grappies soveel keer,
Hou ons maar aan met lag…weer en weer.
Bernadette was pa se eerste probeerslag,
En raai wat sy trou vandag!

Ma elke dag as ons van die skool af gekom het,
Was die kuier met ma net prêt.
Met broodjies wat reggestaan het al het ma hard gewerk,
In die huis of in die groot grasperk.

Om skool driekeer oor te doen sonder om te kla of te stop,
Kom mos nou die dag by my op.
Te danke aan ma se goeie beginsels wat aan ons geleer is,
Mag ma na Bernadette se troue begin rus.

Al wat ek eintlik wou doen is die Heildronk op my ouers instel,
Hoop maar dit kan as een tel.
Nou staan dan maar op en klink ‘n glasie wyn op die beste ouers wat mens kry,
Om hul kind te wees maak my regtig bly.

Gatvol gang 2
As jy nie hier stop en eers wonder,
Waarom het jy nie lankal die gang bewonder.
Dan moet jy seker maak jy verstaan mooi,
Ek hoop jy word dan sommer rooi.

Kort regs bly Zaandré du Toit,
Selfs sy het nie ‘n enkele plooi.
Sy is hiperaktief en praat asof dit uit die mode gaan,
Maar met so ‘n gang wie gee haar die blaam?

Rina Lubbe het sommer vinnig kom kennis maak,
Of my ouers hier is maak nie saak…
Sy swot vir die dood in daai kamertjie van haar,
Wat ‘n voorbeeld vir die gang, want die huiswerk is altyd klaar.

Dan kom Yola Youbert sy speel nog fluit,
Sy is ook in Buzzin en sy hou daarvan het sy besluit.
Sy is deel van die senior tradisie draers in die gang,
Kyk vir niemand is sy bang.

My ma Hestie Willemse bly steeds hier,
Ons moet eintlik ‘n graadvang vier.
Jip sy het haar graad gekry en doen nou Honeurs daarby,
Met my as haar kind kon sy nie anders as om nog te bly.

Die bekende Shakes(Anell de Beer) bly ook in die gang hierdie jaar,
En nee ek is nog lank nie klaar.
Solank as ek kan wil ek in Wanda bly,
Al moet ek ook al die petrol uitry.

Anneke Grobler is my buurvrou,
Sy hou daarvan om my uit my swottings te hou.
Sy is tog te dierbaar …op haar manier,
Om langs haar te bly is vir my ‘n groot plesier.

Daarsy nou is ons by Carla Visser die laaste een in die ry,
Dis sy wat ook saam met Anneke bly.
Sy is tog die mooiste door,
Dit kan jy verseker glo hoor.

Dan sluit ek weereens af met ons ouder gewoonte slagspreuk,
Dis vanwaar die tradisie deurbreuk.
Nou ken jy die nuwe Gatvollers van die jaar,
Dan is my gediggie ook klaar.

Gespesialiseerde
Anti-kriminele
Talentvolle
Vriendinne
Onder die
Laan.

Eksamenstorm
Al wat ek om my sien is donker wolke en dis koud,
Ek is bang alleen en baie benoud.
My prioriteite was van die begin af nie reg nie,
Deur die semester wou ek mos nie werk nie.

Elke minuut wat verby gaan is ‘n minuut nader aan die storm,
Wat jy van die horison af sien kom.
Jy weet hy is oppad maar vir een of ander rede kan jy hom nie stop,
Jy probeer als en later verloor jy kop.

Iewers in die chaos onthou jy een van die versies wat iemand vir jou gegee het,
Jy het dit daar laat lê en daarvan vergeet die oomblik toe jy dit gekry het.

“Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staat maak nie. Ken Hom in alles
wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop.” Spr 3: 5-6

In hierdie eksamen moet jy onthou,
Jesus is elke oomblik saam met jou.
As jy jou kant bring en hard swot in die drie weke
Sal jy voel hoe die Here jou toegooi met sy liefdesstreke!

Die jaar het pas begin …
Die jaar het pas begin
En hier gaan ons al die vakansie in.
Kan ‘n mens dink dat die tyd so gou sal vlieg,
Maar dit was lekker ek moet bieg.

As dit nie ‘n ge – “Ja juffrou, goed juffrou ek bend en ek snap juffrou” is nie,
Dan was dit “ Nee juffrou nooit juffrou want eks nie ‘n power aid pons nie”
Dit het ons moeg en mal gemaak,
Want of seniors slaap maak mos glad nie saak.

Wat moet studente dan anders doen in ‘n Joolweek,
As om te kuier tot die bed jou terug smeek!
Dit was verseker ‘n lekker tyd,
Ja nie een oomblik spyt.

Toe tref die roetine ons,
O genade wat ‘n groot gemors.
Want om eers te registreer,
Het ons mos glad nie VERSTREUR.

Ons spring toe mos op Valentynsdag weg,
(Dore, die aksies was glad nie sleg!!!!)
Rooi was die algemene kleur vir die dag,
Dit was ‘n lekker tyd, met baie lag.

Trawanta is ons nou,
Dis ‘ n naam wat jy moet onthou.
Die oue is verby, die nuwe het gekom,
Stem net saam anders klink jy dom…

Wees bewus dat dit amptelik spook in Wanda se blokke,
Nou nie die tipe met wit nagrokke.
Nee dis kinders wat mammies kry,
En nou moet spook om te wys hulle is bly.

‘n Groot koshuis braai was gehou,
Waar almal maar laat eers vleisies kon begin kou.
Die aand was afgesluit met ‘n MassaSêr,
Al het van ons geklink soos klomp skape wat blêr.

Geniet dan nou die vakansie wat voorlê
Of swot maar ‘n bietjie as jy goeie punte wil hê…
Mag jy die vakansie Jesus se liefde ervaar,
Daarsy my woorde is op, my gedig is klaar.

Kyk hoe lyk ons nou …
Wandaliete welkom terug by die huis,
Want hier voel elkeen mos tuis.
Dit is ‘n voorreg om deel van wanda te wees,
Die plek het dan die meeste gees!

Na die lekker vakansie hoop ek elkeen is vars,
En gaan hierdie semester maar weer swot laat dit bars.
Maak nie saak wat hierdie kwartaal gebeur,
Moet ons elkeen maar net ons beste probeer.

In die vakansie het ons elkeen net af gevat,
Want dis mos wat ons doen in vakansies, my skat!
Ja elke keer as jou ma vir jou sê: “Sit die lig aan”
Was dit heeltemal te veel moeite om van die Tv bank af op te staan.

Ten minste het jy goed uitgerus,
Maar net te min om jou swot boeke te mis.
Nou is ons hier en moet ons maar uithaal en wys,
Jy moet net jouself heeltyd aan almal bewys.

Begin hierdie kwartaal anders,
Hou op om te dink aan die see se branders.
En doen alles hierdie kwartaal net vir die Hom
Of dit nou ‘n sport is of ‘n wiskunde som.

Daarsy Wanda my gediggie is klaar, Jy het die einde bereik…so bedaar. My woorde is op, ek dink dis nou tyd om te stop.

HK Gedig 2004
Dis nou ons HK daai,
Nooit nou hoe het jy geraai?
Net ‘n paar gedagtes,
Klagtes en verdagtes.

“ Ek gaan dit verloor, door”
Het Leonie baie duidelik gemaak.
“Nee, Meneer” het ons ook baie gehoor
“Jy loop om die SS, NIE deur die draak!!

Nietemin was sy ons 1stejaars “Ma”
Al het sy baie oor ons gekla.
Soos oor wat ons mag en nie mag dra.
“Jy trek jou Wanda-hoedjie, Wanda-hempie, Wanda-broekie, jou WIT kouse en tekkies aan!!”

Nou kom ons by A1, A2, A3.
En as jy haar nie ken, dan weet ek nie.
Ons was baie bang vir haar in die begin,
Maar daarvan weet sy min.

Dit was eers heelwat later dat sy ons begin vertrou,
Of wat praat ek nou??
Sy is ‘n goeie mens in elke opsig,
En dis nie net ek wat dit nou opdig!

Skriflesing en Gebed,
Was vir haar die grootste pret.
Dit was vir ons die ligtepunt,
Wanneer ons in daai vierkant moes sit.

Ek skat ons almal kan by haar baie leer,
Soos hoe om Jesus in jou hart te Eer.
Carin ons groet jou miskien nou,
Maar vir jou sal ons altyd onthou!!

Juffrou Marie Greyling sal sy bly,
Want sy wil mos terug skool toe ry.
Midnights sal haar nooit kan vergeet nie,
Of sy dit nou wil weet of nie.

Sy was die Akademiese Voorbeeldige HK lid,
Wat glo heeldag voor die boeke sit.
Ek dink ons kan maar hande klap…
(Ek joke dit was net ‘n grap)

‘n Sagte Sonstraal mens is sy,
en ek weet sy sal vir altyd bly.
Elzaan se liefde vir Kindertjies het ons raak gesien,
En hulle het elke liefdevolle oomblik verdien.

Sy is ‘n baie borrelende mens,
Sy laat ook niks haar begrens.
Dis hoe ‘n Wandaliet moet wees,
So vol ywer en vol Gees.

Dit was die een HK lid wat ons om die bos wou lei,
Toe sy haar hare staan en afsny…
Sy het hom gedoen die Social deng,
Haar arme kk moes net spreng!!

Sy het haar goed van haar taak gekwyt,
Selfs by die HK uitsmyt,
Kyk toe haar trane eers begin loop,
Wou ek sommer my goed vat en loop!

Alle soorte sport wat jy aan kan dink,
Wou Lizl ons mee beindruk.
Ek dink die sportweek was ‘n reuse sukses,
Mooi Lizl dit was jou bes!!

Ons hoop van harte dat dit wat jy aanpak vorentoe,
Jou net sal laat opkyk na Boontoe.
Weet net dat ons jou waardeur vir wie jy is,
Ons sal jou verseker as HK mis!!

Wat sệ mens nou van die Jool HK lid…
Of sal ons maar net begin bid??
Sy was maar doenig op die Jool plasie,
En vir ontspanning hou sy haar self “Hasie”

Dis dan nou Daniel Smit,
Wat ons met blommevou laat OPSIT.
Dankie tog die vlotbou is klaar,
Want ons arme vingertjies is maar gaar!!

Wat sệ mens nou van Lemfia van Niekerk,
Gelukkig hoelf jy nie uit Wanda te trek.
Baie dankie vir ‘n goeie jaar,
Maar hy is nou ook amper klaar.

Nou is jy Prim,
En dit wil sệ seker baie slim.
Sterkte vir jou,
Ek weet dat die volgende 1ste jaars net so baie van jou sal hou!!

Dit is dan nou al wat op my hart lệ,
Mag julle eendag dit vir jul kleinkinders sệ!!e

Badkamer kaskenades
Kom nou dames werk ‘n bietjie saam,
Ons behoort ons eintlik te skaam.
Ons bly in ‘n Dameskoshuis, maar die badkamer sê nie so,
Ek weet jul kan, jul moet net glo…

As jy klaar is in die bad spoel hom uit,
Maak dit ‘n beginsel eerder as ‘n besluit.
Baie dankie vir die goeie samewerking wat ons gaan kry,
Dan kan ons almal mos lekker hier bly.

Aktueel Kersete 2004
Reg in die begin van die Nuwe testament in die boek Matteus,
Is daar ‘n ware verhaal of gebeurtenis.
Dis die geboorte van Jesus ons Verlosser,
Met die wyse manne elk met ‘n offer.

Alhoewel Josef net die HIER en die NOU kon sien,
Het hy gekies om die Here ten volle te dien.
Want sien, Josef wou die verlowing verbreek,
Darm kom gee die Here toe dadelik ‘n preek.

‘n Engel van die Here het aan Josef verskyn in ‘n droom,
Die sê toe vir hom: “ Hou jou net in toom.”
Daarna het Josef eers verstaan,
Waaroor alles eintlik gaan.

Dit het alles gebeur sodat die Woord wat die Here deur sy profeet gesê het vervul sou word,
Alles was perfek en niks het gekort.

Dis presies hoe Hy vandag nog werk,
Om jou deur die slegte dinge te trek.
Want ons sien net die HIER en die NOU,
Maar Hy wil jou styf in sy arms vashou.

Kom ons laat Hom toe om in ons te werk,
Hieroor voel ek geweldig sterk.
Jy sal sien hoe jou probleme een vir een verdwyn,
Soos donker wolke voor die son wegkwyn.

Jesus het ons so lief dat Hy sy lewe afgelê het vir ons
Dit maak my hart sommer vinniger bons.
Dan Hoop ek julle het ‘n lekker kersfees,
Doen alles die vakansie met ‘n Wanda gees!

Jesus liefde
Wat sê ‘n mens na so lang vakansie vir mekaar,
met al jou pelle wat jy om elke hoek en draai gewaar.
Kyk ek maak nie grappies nie hier op die Puk ken ons mekaar en is pelle,
soos onskeibare egte leervelle.

Wel wat anders sê jy..jy begin met die algemeenste drie vrae(dis nou as jy ‘n nuwe puk is!)
“Hi, hoe gaan dit?Wat swot jy?Van waar kom jy?” en knik dan net as jy dit dalk mis.
Die res begin ook redelik so vir seniors met eerste jaar klaar
“ Hi, hoe was die vakansie?Waar was jy?Wat swot jy die jaar?”

Dan is dit ‘n geklets van vroeg tot laat en nie lank nie of dit raak alweer gewoonte vir jou,
dis asof jy aan ‘n ou stuk vleis kou.
Want jy proe nie meer hoe dit smaak nie,
maar jy wil dit ook nie laat gaan nie.

En dan is daar geen einde aan die idees wat opkom om jou en jou pelle te vermaak,
Dis asof dit jou primêre doel is,jou eerste taak!
Dis die lekkerte van student wees en veral aan die Puk
al moet jy jou vakke sommer drie keer ruk.

Dan staan ‘n mens ‘n oomblik stil en wonder…is daar nie iets meer,
iets soos om dinge vir ander te leer?
Ja, jy kry so ‘n gevoel van vrede in jou hart want jou taak is juis dit,
om ander aan die Liefde van Jesus te laat prut.

Toemaar ontspan jy hoef nie jou kursus na dominee te verander meneer,
sit maar neer jou wapen, jou geweer.
Al wat jy moet doen is om te blom waar jy geplant is,
al is jy nou ‘n voël of ‘n vis.

So try die jaar net jou bes om te blom,
en die res sal van self reg kom.
Onthou ‘n blom wat nie blom nie,
kan nie ‘n blom genoem word nie.

‘n Puk wat nie Jesus se liefde uitdra na ander nie,
is nie volwaardig ‘n Puk nie!
Voor dat jy nou net wil preek en laar bekeer,
sorg net dat jy nie so besig raak met die dinge van die Here dat jy die Here van die dinge vergeet nie, dis tog wat Hy begeer!

Lagnes monstere
‘n Jolige tyd is verby dis tyd om al ons boekies nader te skraap,
en al ons nodige inligting vinnig op te raap!
Want soos ons almal met ‘n skok besef die eksamen kom nader,
en die moed word al skaarser!

Ek weet niemand wil daaraan dink nie en dis hoekom ek nie daaroor wil praat nie,
wat ek oor wil praat weet ek self nie.
Grappie ek moet mos weet waaroor ek wil praat want dis hoekom ek nou praat,
Ok, almal raak nou vreeslik kwaad!

Punt een ek is ‘n mens wat hou van lag,
dis reg so sien jou vrydagaand by Lagnesmonsters

Ghadaffi op ‘n draffie
Het jy al gewonder wat maak die Puk nou eintlik soveel anders?
Sonder ‘n buitengewone stad of die see se branders…
Ek het ook, en wat die Puk uniek maak is Jesusliefde wat gesien word,
wat aan almal wat dit nodig het ‘n bietjie liefde uit stort.

Om dit meer nader aan die huis te bring het ons wat Wanda is,
elke kleintjie van Mapelo kleuterskool se lewe vervris.
Dit maak elke Wandaliet so bly om te sien as ‘n kleintjie glimlag,
dis asof ons net daarvoor sit en wag.

Dit is maar net ‘n klein stukkie van wat ek beleef het in die koshuis,
hier waar elke ding ‘n plek het, alles in pluis.
Ja, hier is daar soveel meer om van te droom en nog meer om te doen,
soos om vir Heimat met ‘n Khadafi te kon “soen”.

Wandade bydrae …
Hierdie vakansie het verbygevlieg soos ‘n skilpad deur die lug,
skielik sien ek jy gee ‘n kug.
Want sien eintlik vlieg ‘n skilpad mos glad nie,
en hoekom sal niemand weet nie.

Wat ek daarmee probeer sê,
is dat ek nou genoeg met my kop op die bank voor die TV lê.
En verbeel jou voor die vakansie begin het….
wou ek net hê, my bed!

‘n Nuwe jaar vol nuwe dinge,
‘n eerste keer vir party, ander het al klaar die oë met donker kringe.
Vol uitdagings en vir ander ‘n jaar van jolyt,
maar hier op die PUK is daar mos altyd kuiertyd.

Dis nie verniet dat ons die lekkerste universiteit in die land is nie hoor,
en as jy dit nie weet nie jy sal gou uitvind DOOR!

Maar kom ons kyk ‘n bietjie wat maak die plek so spesiaal,
dis Jesus se liefde wat uit elke Puk uit straal.
En waar anders sal jy twee of meer mense hoor wat oor SY woord praat,
in die SS en ja ook op die Straat.

‘n Mens kan gewoond raak hieraan en jou nessie skrop en snoesig raak,
want dis ‘n ding wat ons almal raak.
Die wat nou al bietjie langer hier is weet nou al wat dit is om aktief betrokke te raak by jou
Koshuis, Komitees en sommer net op enige manier om te gee!!
Soos ons 3weke Stranddiens by die see.

Ons het geleer om by die basics stil te staan,
en te bid voor jy iewers gaan.
Die idee was om ander se lewens vir Jesus te red en so hul lewens te verander,
maar saam met dit, bou dit jou persoonlike karakter!

Elke sonsopkoms oor die see was uniek
en Jesus het dit vir ons gemaak om te geniet.
Hy wil hê jy moet sy natuurskoon waardeur en aanvaar,
dat hy is elke oomblik vir jou daar.

Sjoe ek dink nou moet ek stop,
voor jy dit in die asblik prop.
Gelukkig weet ek dat jy veronderstel is om te weet Jesus hou jou dop!

Onthou net dit: gaan die jaar saam met Jesus, positief in,
anders verloor die lewe sin.
Nou ja dis genoeg van dit…. en so… en wat anders?
(sjoe skielik verlang ek na die see se branders)

Winkelspruit 2003
Baie opgewonde en vol verwagting,
sit ons in die bus in afwagting.
Vinnig groet ons ou Winkelspruiters,
en die nuwe bogsnuiters.

6 Busse vat die lang tog na die see,
van ons was so opgewonde en het begin skree.
Na ‘n lang reis van omtrent 3 stoppe,
voel ons later soos ‘n klomp handpoppe.

Afgepak en ‘n bed “bespreek”
sit ons 5 in die nuwe streek.
Vir sommige van ons die eerste keer,
en die ander kom sommer weer en weer.

‘n Praise en Worship in die aand,
en kuiertyd met vriende tot laat.
Nuwe vriende is gemaak,
hulle het regtig my lewe geraak.

Verskeie spanbou aktiwiteite word gedoen,
om strandspele nie eers te noem.
Vol sand van kop tot tone,
dis nou voorwaar ‘n sanderige zone.

Daar is baie aftyd,
wat bestaan uit joligheid.
Dorp toe stap en koffie drink,
of amper in die see verdrink.

‘n Band wat die Praise en Worship begelei,
en baie meisies sommer gou verlei.
Ondervindings van seer harte wat genees,
van sake wat baie van ons vrees.

Die Here het ons skoon kom was met sy bloed,
wat gevloei het soos ‘n vloed.
Snaakse onderwerpe het die lig gesien,
soos om jou onderwyser met ‘n “ klas-uitvee” te dien.

Selfbeeldsake,
was ook tersprake.
Die les oor die voorplantingsproses,
was vir die seuns ‘n reuse sukses!

Jy mag dalk dit oorweeg,
om in ‘n winklespruit rigting te beweeg.
Baie van julle weet waarvan ek praat,
die res kort nog ‘n bietjie raad.

4 kampe in ‘n jaar,
waar jy in God se liefde kan baljaar.
2 in April, 1 in Julie en September
Don’t 4get 2 remember.

Op so ‘n kamp beleef jy ‘n klein stukkie,
van hoe hemel op aarde sou wees, net vir ‘n rukkie.
As jy nou regtig ‘n lekker vakansie by die see wil hê,
dan moet jy net so sê.

Gaan haal ‘n vorm by De Wet,
vul dit in en gee vir haar sy doen die res!!!

Moederliefde
Dis nou onse liewe ma…
en dis waar julle sê: “ Aaaah”

Toe ons klein was, en selfs nou,
het my ma gereeld onnodighede onthou,
maar die beursie en sleutels – vergeet!!

“ Ma, ek het my klere by die skool gelaat!”
daardie woorde het sy al te seker gehaat -
dit kan ek jou verseker,
daar word geraas elke meter.

Tandemuis-briewe, het sy help skryf
en nog boonop “grootword” ingevryf…

Pilletjies drink,
en koffietjies skink,
Haar man bederf, dit doen sy goed,
maar wag tot sy hom regtig beboet!

Beplanning en verwyt, in die vorm van gebare,
dit raak sy kwyt deur al die jare,
soveel so, dat jy vrees…
om in haar geselskap te wees.

“AmberVictor” een van baie woorde wat sy bou,
as sy sukkel om ons name te onthou.
En die nuutste nog: “ ek stikkel”
waar sy eintlik wou sê: “ ek sukkel om te tik.”

Van tafels en somme,
is ek maar die domme -
en glo nou nie dis hier waar dit eindig

Nee – ons word gedril en gepynig!

Van klavierles tot balletklas het sy in ‘n rekordtyd gery,
sonder om ‘n spoedkaartjie te kry.
Maar dit moet julle darem onthou:
niks wou sy berou!

Elke ding het ‘n plek, maar as iets rondlê,
het niemand ‘n bêk,
So, sit die bekers in die masjien,
en nie voor die kantien.

Sy soek in elke bord kos ‘n slaai,
en bewaar die een wat sê: “ But why????”

Vir onverwagte gaste, het sy altyd ‘n plan
gryp gou die yskas, pot en die pan -
en siedaar, menige monde
word goed gevul in ‘n sekonde.

Sit aan die tafels, amper klaar…
“ Ek wil nou niks sê nie, maar…”
en jou wrintiewaar,
moedeloosheid in elke gesig gewaar,
want om die kombuis skoon te vryf,
is mos elke kind se gunsteling tydverdryf…

As mens na al die stories luister, ontstaan daar ‘n vragie,
“Nou van waar gehasie?”
Van twee baie grand Oumas elk met hul verskeie identiteite,
maar elk so lief en dierbaar….ja dit is feite!!

Bernadina Wilhelmina,

speel die orelina,
Sy stop kouse en doen naaldwerk,
bak ook koek vir die kerk.
Dis nou my ouma wat vir my ma naaldwerk leer,
wanneer sy hier verkeer.
Sy is mos eintlik ‘n Bloemfonteiner,
wat net vir haar kinders kom kuier.

Petronella Johanna de Beer
is die Ouma wat vir my ma kosmakery leer.
Sy is baie “nice”
dit kan jy sê “twice”

Nou ja meer kan ons nie kla,
met ‘n gelukkige ma en ‘n oulike pa,
is my gediggie ook nou kla….

Die lewe van Philip Rudolph de Beer
Op 11 September 1954 kom ‘n stille mannetjie die wêreld binne,
Dadelik beplan sy ma vir hom groot dinge.
Dit is tog elke moeder se wens om net die beste vir haar kind te wil hê,
Of dis wat hulle nog altyd vir my sê…

Min het hy geweet hy sal ouboet heet,
Want sy boetie het byna sy enkel beet.
Hul gesinnetjie is toe voledig toe ‘n klein dogtertjie haar verskyning maak,
Sy het regtig elkeen se hart kom raak.

Dis ook maar goed want toe sy pa die dag groet,
Toe word hy met al wat nodig is be”boet”
Hy word toe die man in die huis en al was hy so jonk,
Kon hy met standvastigheid pronk.

En Kort voor lank kom kuier hy by haar,
Dis ‘n wals o, Katinka dis ‘n wals, is dit nie?
Dis nie lank nie toe kom drie beertjies wêreld in,
Genoeg slaap was daar glo min.

Iemand het eenkeer gesê: “Ma, dit is mos so dat dit altyd op my verjaar dag reën?”
Mens kan maar net sê, dis eintlik Jesus wat hom seën
Kyk maar net na die werk wat hy het,
En wie lê elke aand langs hom in die bed.

Op 11 September so paar jaar terug was daar ‘n toringagtige ramp,
Ag my maag kry sommer ‘n kramp.
Niemand het dit verwag op daardie dag,
Net ‘n oomblik van stilte aan hulle vandag!

Ons wil ook net sê baie welkom aan Chris en Penny wat so vêr gery het om hier te wees,
By hierdie wonderlike halfeeufees!!
Ek hoop van ganse harte dat hierdie geleentheid ‘n sukses sal wees,
Maar ek is bevrees, dit is alreeds!!

And so they say all good things must come to an end, Yet this legend still has so much life and love to spend.

My liefling taal
In die vroeë oggend ure,
dink ek aan jou vir ure.
Ek wil vir jou hier by my hê,
want ek wil vir jou iets sê:

“Nog nooit het ek al sonder jou geleef,
dis seker dié dat ek nou so beef.
My kop word dronk as jy my verlaat,
want dan word ek soos ‘n onbruikbare plaat”

Nooit sal ek jou verruil vir enigeiets,
daarvoor is ek vir jou te lief.
Dis my taal waarvan ek praat,
praat hom nou anders is dit te laat.

Dis ons reg om Afrikaans te gebruik,
want ons is immers Afrikaners wat hier pruik!

Hoekom dood? Hoekom nou?
Dis ongelooflik seer en erg dat ‘n jong ou moet sterf,
Baie seerder as die seerste seer wat in ‘n mens se hart inkerf.
Wat het ons wat agterbly gedoen om dit te verdien,
As ons hom net nog eenkeer kon sien.

As iemand doodgaan ontstaan daar ‘n gat in jou hart,
Vol trane en vol smart.
Vol verlange na ‘n onbepaalde tyd en plek,
Kan iemand nie die seer uittrek?

Iemand is dood en ja dis asof die lewe stilstaan,
En niks ooit weer voort sal gaan.
Die oorlosie het gestop en ophou tyd hou,
Vir almal wat oor hom rou.

Dis gelukkig nie waar dit stop,
Al voel dit so in jou kop.
Wanneer ‘n mens doodgaan,
Word die weg na die ewige lewe gebaan.

Hy is nou by die een wat dieselfde paaidjie moes loop,
Want al sy bloed is aan die kruis gestroop.
Hy het sy rus gevind en sy tyd op aarde is verby,
So gaan elkeen van ons nog ‘n beurt kry.

Dis vir ons sleg maar vir die een wat doodgaan goed,
Want dan kan hy sy skepper ontmoet.
Die een wat besluit oor lewe en dood,
Tel hom op sy skoot.

Vir ewig sal hy gelukkig wees,
En vir niks te vrees.
Want hy is by sy Vader wat alles onderhou,
Vir my en ook vir jou.

Net vir jou. omdat jy, JY is
Op so ‘n spesiale dag,
Het jy nou al 21 jaar gewag.
Jy het die volste reg om te doen wat jy wil,
Ons weet hoe graag wil jy jou somme in drill.

Alle grappies op ‘n stokkie,
Wil ek vir jou sê my blokkie.
Dat jy vir my ‘n spesiale vriendin geword het,
Saam met jou beleef ek NET prêt.

Ek weet wat jy ookal gaan aanpak gaan ‘n sukses wees,
Jy het dus geen rede om eers te vrees.
Saam met Hom is niks onmoontlik nie,
Hy sal jou ook nooit alleen laat nie.

Wat Hy vir jou beplan is baie meer as wat jy dink,
Ja korrek, jy kan maar later kom koffie drink.
Ek onthou hoe het ek vir jou koffie aangedra,
Partykeer nog voor jy kon vra.

Ek was so bekommerd dat ek jou te min pla,
Ek het omtrent altyd daaroor gekla.
Jy was maar net altyd daar,
Jy moes maar eintlik net koes of ek het jou gewaar.

Daarvoor wil ek net Dankie sê,
En geluk want nou het jou vriendskap ‘n sagte plekkie in my hart om in te lê.
My gediggie is op,
Ok ek dink ook dis nou tyd om te stop!!

Verjaarsdag
(Vir ‘n Spesiale verjaardag girl.)

Op ‘n mens se verjaarsdag,
Wil mens net speel en lag.
Mens onthou dae van lank terug toe ons nog klein was,
Soos toe jy op die stoel moet staan in die klas.

Dis snaaks hoe tyd verby gegaan het,
En as mens terug dink was als net pret.
Dit voel soos gister toe ons met sakkies vol sweeties rond hardloop,
En ma net die mooiste en grootste Barbie pop moes koop.

Nou het dinge vinnig verander,
Soos ‘n surfer op ‘n brander.
Die een oomblik dink hy, hy beheer die surfbord,
Die volgende oomblik lê hy op die grond.

Ek bid dat Jesus jou in sy liefde sal toedraai,
Dat net jou hare in die wind sal waai.
Mag hy jou bewoed en bewaar hierdie jaar,
Dat al jou swottings goed sal vaar.

Nou is jy groot en volwasse,
En kom jy uit by al jou klasse.
Geniet dan elke oomblik van nou af,
Geniet jouself en vat die dag af.

Susterliefde
Hier is nou een dag wat jy nooit gaan vergeet,
Nou dat jy amper getroude vrou heet.
Dit het my ‘n rukkie gevat om tot die besef te kom,
Dat die liefde eintlik in jou hart blom.

Net toe ek dit besef moes ek aanvaar,
Dat jy net so vinnig uit die land gaan uitvaar.
Jy weet ons het nie juis ooghare vir mekaar die laaste tyd gehad,
Dis seker oordat ek nie wil hê jy moet ons verlaat.

Hoe dit ookal sy wil ek net sê van my kant af dat ek jammer is,
Vir alles wat ek verkeerd gedoen het, en dat ek jou eintlik gaan mis.
Ek dink jy moet maar die gedig raam,
Want ek besef ‘n jammer van my kant af is baie seldsaam.

Baie geluk met jou groot dag,
Mag daar net geluk en voorspoed vir julle wag.
Gaan verken die wêreld en pak elke geleentheid met albei jou hande aan,
Laat net toe dat God die weg vir jou baan.

Vir jou sal ek jammer sê tot my geld op raak,
Vir jou sal ek gedigte skryf ja dit maak nie saak.
Solank jy net vir my ook sê,
Dat jy my steeds lief sal hê.
Sal ek vir jou,
Altyd e-mail stuur onthou!!!

Genade
Die lewe is vol goeie dinge wat gebeur,
jy het emosie en jy kan dit beheer.
Jy weet jy moet eerder nie toegee,
dat liefde jou hart rooi vee.

Al wat help is om te bly Glo,
en op te kyk na hulp van bo.
Hy weet wat jy soek en waarna jy smag,
en ook weet Hy hoe lank jy al wag.

Bid dan tot die Vader en dank Hom elke dag,
en vra hom vir moed en ook vir baie krag.
Hy sal jou gee wat jou hart begeer,
laat Hom toe om jou lewe te beheer.

Verbasend
Ek sit hier in die rekenaar lokaal,
toe het my kop se gedagtes verdwaal.
My vriendin het my vertel van die adres,
toe maak die gedagte in my kop ‘n nes.

Want sien ek skryf gedigte vir die pret,
en kom toe agter ek kan dit publiseer op die net.
Graag sou ek wou hoor,
hoe mens dit sou kan doen sonder om te toor.

Verbasend het die gedagte gebly,
en ek het net lekker gekry.
Nou kan ek ook ‘n gedig publiseer,
en dan besoek ek die webwerf sommer weer.

Nou ja dis genoeg vir nou,
my ander gedigte sal ek vir later hou.
Ek wou net eers kyk,
hoe dit op die webwerf lyk.


Bespreking

Kommentaar word nie toegelaat by hierdie bydrae nie.

Kommentaar is gesluit.