Gedigte van Aneske Goosen

Indeks van digters

Van ‘n goudvriendin:
Miskien het jy vir my gebid
Miskien het jy net stil gesit
Miskien het jy terwyl jy werk
Gehoop ek word binne sterk
Maar altyd is jy iewers daar
Waar jy vir my ‘n tydjie spaar
Met groot verstaan en woorde min
Bly jy sowaar my “Goudvriendin”3

Dag:

Die dag het gegroet
Met haar sonnegloed.
Gaan om my oggend take
En bedink die dag se sake.

Ek sit in oggend verkeer
Met my hart so swaar en seer,
Verlang na dit wat was
Nou lank verlore soos winde vol as

Gaan deur die dag se gebeure,
Geweld en gewere.
Lande wat swyk
Sonder olie in hul kruik.

Sit in die middag verkeer
Met my hart so moeg en teer.
Dit alles niks meer
As net pyn en seer.

Die nag kom my haal
Met haar kalmende simbaal.
Die donker hou my knus
Maar steeds is jy die wat ek mis.

My drome lê verstrooi
Tussen stad en hope hooi.
Môre groet die dag
En iets nuts is my smag.

hoe dit was

Die geur van liefde waai deur haar gemoed.
‘n Glinster in haar oë wys haar hart se blydskap.
Ek kyk deur die menigte mense en sien verlief om haar mondhoeke.

Ek onthou hoe dit voel, of onthou ek net geskape beelde van die verlede.

My hart glinster ook steeds, net nie meer
vir jou nie.
My siel treur oor jou,
saggies maar wel.

My verstand is leeg, maar nog nie leeg
genoeg vir stof om daar te gaan lê nie.

Ek onthou die keer toe ek gedink het dat
die lewe ophou by jou.
Dit het nie, dit het net vir ‘n split sekonde stil gestaan,
maar nie opgehou nie.
Dit is dalk nou leër maar ek vul dit met
Soveel moontlike mooi as wat die wêreld my bied

Jou naam kom nie uit nie
Die woorde is verlore
Ek staar teen myself vas
Blywend en staande

Maar tog onthou ek hoe dit voel, al is dit net geskape beelde van die verlede.

afskeid van jou

Afskeid van jou:

My gedagtes waai op stil woorde na jou leë Mond
My trane rol deur jou siwwe siel
My gevoelens spoel soos water oor jou bestaan
My gemoed se bestaan stop voor jou deur

Elke oomblik tussen my en jou kom terug soos kinders gefluister
Nooit sou ek kon dink dat gebeure so in ‘n mens se
siel ingegraveer kan word nie
Daar was nie ‘n enkele oomblik van twyfel
oor ons samesein nie
Daar was wel oomblikke van vrees in my gestalt van dae sonder jou

Jy is soos my skaduwee wat wegkruip agter elke draai
Jy is die seer wat my drome inkleur in skakerings van trane en benoudheid
In my hart wens ek die mooi jou toe,
Maar in my verstand wens ek jou weg

My gedagtes waai op stil woorde na jou leë Mond
Soos die laaste tussen my en jou dood gaan

My afskeid van jou
Jou terugkeer na my
Maar dit was lankal reeds verby

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar