// jy lees ...

Gedigte

Gedigte van Annarine Heyns

Indeks van digters

Gebreek

Die lui van my foon
klink dringend in my oor
my lewe lê in skerwe
ek het my hart verloor.

Al my liefde en trane
verdwyn in ‘n afgryslike oomblik
ek wil skree en gryp
ek wil vashou aan jou, aanhou omkyk.

Die pyn brand gloeiend
rooi
in my bors – onbeskryflik seer
ek huil en snik, gil en pleit
kom terug!
my siel, my hart – ek begeer.

Jy staan ver weg
in die donker maanlose nag
my liefde verkwis, my siel verkoop jou liefde wil nie wag.

My lewe is stukkend
my hart gebreek
alles wat ek vir jou gegee het beteken niks meer.

Alles lê in skerwe aan jou voete,
jy draai jou rug op my
en stap weg, die nag in …
Alles is verby


Bespreking

Kommentaar word nie toegelaat by hierdie bydrae nie.

Kommentaar is gesluit.