Gedigte van Annatjie Jordaan

Indeks van digters

Stuur jou gedigte na bydraes by roekeloos.co.za Digters is ook welkom om een foto te stuur vir publisering.

 

Valk in ‘n kou

Soos ‘n valk in ‘n kou
Sien ek jou
Rou krete deur ‘n hart stukkend gekap
Deur ander wat koggelend verbystap

Gelag gehuil gesmeek
‘n Kreet wat deur waansin breek
Waarom, hoekom, nou
Here breek die tralies van die ysterkou

Met oë droog na U gerig
Met vlerke wat wil vlieg na U Lig
Ag Here my God breek al die tralies gou
Dat hy kan vlieg Vader asseblief ek smeek U nou …

Want oë wat meer wil wees
Meer kan ek nie lees
As ‘n begeerte ‘n diepste wens
Groter liefde vir U van ‘n enkele mens …

 

Grys gebed

Here help my
Ek bid maar my hart nie vry
My voete in die grys pad
En ‘n siel geslaan kliphard

Ek prys U met my hande opgelig
Maar my voete hou aan om te vlug
Die pad tussen goed kwaad
Is die grys pad wat ek loop tussen liefde en HAAT

In my diepste wese begeer ek U rus
Wat my miskien net vanaand aan die slaap sal sus
Maar die hartseer in die grys pad wat ek loop
Aan dit het ek my siel verkoop

Ek roep uit na die hemel en kyk op na elke berg
Maar die beelde uit my verlede hou aan met terg
Hulle praat ‘n taal … maklik om te verstaan
Die grys pad met die sonde wat ek nie kan weerstaan …

Elke woord
Elke daad
Ek haat myself dat ek kan sing met ‘n hele hart
Terwyl my lewe verdrink in gryse smart…

Grys is die lewe
Doelloos my strewe
Ek bid … sonder hoop …
Vir ‘n paar sjieling is Jesus verkoop

Nou loop ek diep verdrink
Die grys pad al waaraan ek kan dink
Ek kan nie kies…die nou of die wyd
My God hoor my as ek nou tot U pleit …

Op my knieë staan ek nou
Here kan U my soos ‘n kindjie toevou
Die lewe my so hard geslaan
Verander my lewe … verander my bestaan …

elke woord bitter gal in my mond
Elke tree elke sekonde
Dan skielik hoor ek my herder leef …
En ek sien die trane … my hart begin leef …

The Lord is my Shepherd … ek hoor elke pyn
en deur jou oe se hartseer begin my grys pad verdwyn …
Ek huil … my hart stukkend geskeur
Oor my God my Jesus op die kruis … vasgekeer …

Ek gee …
Ek leer
My grys pad vol seer
Maar my voete het weggedraai … nog bang … nog vasgevang …

Die grys pad
is sonder hoop
Maar ons hou aan met loop …
Dan MY Jesus die haan het drie maal gekraai
Op die grys pad tussenin het ons U verraai …

 

Indeks van digters

Stuur jou gedigte na bydraes by roekeloos.co.za Digters is ook welkom om een foto te stuur vir publisering.

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar