Gedigte van Annelie Fourie

Indeks van digters

Stuur jou gedigte na bydraes by roekeloos.co.za Digters is ook welkom om een foto te stuur vir publisering.

 

Vrese

Jy wat so diep in my oë kan kyk
Jy wat weet hoe dit onder in my hart ook lyk
Jy wat weet van die baie seer
‘n seer wat nie ek of jy kon keer
Dis vir jou wat ek ietsie voel …

Maar mag ek?
So gou na hom
Hy is nie vergete
Sal nooit vergete wees
Maar mag ek?
Wat sal die mense sê?
As ek mag, wil ek?
Want wat van daardie seer
So iets in my lewe weer ‘n keer?

Liewe Heer, vat U my hand
Lei my deur die sand
Waarin ek elke dag verval
Lig U my op en dra my
na die plekkie vir my ook voorberei

 

Jy

Jy met jou mooi oë
Jou sielvolle lag
dis na jou wat ek verlang
dag en nag
net omdat jy –
Rook haat
Van Palms hou
Vuil taal verag
Altyd frons
Maar baie lag
Geleerdheid begeer
Stylvolheid vereis
‘n Humorsin verwag
drukkies en soentjies waardeer
… en steel
Begrip soek
Liefde gee
Aanvaarding verwag
Belangstelling vereis
“toe” harte ignoreer
Maar “oop” harte waardeer!

 

Indeks van digters

Stuur jou gedigte na bydraes by roekeloos.co.za Digters is ook welkom om een foto te stuur vir publisering.

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar