// jy lees ...

Gedigte

Gedigte van Ansophie Van Wyk

Indeks van digters

Donderdagoggend

Al sien ek net weer eenkeer daardie smile voor ek sterf
Sal ek sê ek het gelukkig alleen rondgeswerf
Ek droom van ”n plekkie met ‘n enkelbed
En ”n oggendgebed uit daai Minaret
”n Persiese mat en ek oppie vloer met my kat
Ek alleen want ek hou jou alleenwoordjiesprakies altyd
Met liefde in my hart want ek sal van nou af altyd vloei
Saam met my pa se sterrestroom want daardie smile is weg
Sal ek dit ooit weer te siene kry al is dit nèt net een keer my raket my liefste janet
Dan sal ek ophou so ween in Wenen waar ek woon langs
Die katedraal alleen met my kat
En my sterbelaaide stroompie so nat

– Also ylend spracht ansophia op ‘n sofa in sofie se wêreld

Dis ‘n plesier pa

niemand weet van die onvervultheid
in ‘n middeljarige ma
‘n kunstenares was sy
wat gesoek het sonder om vir ‘n ding te vra
die diep verwonde sensitiefheit
en liefde
kom van vêr
van daai sterbelaaide stroom
van haar kunstenaarspa waar hy nou bly
op die vêrste ster

ag here dis ‘n fokken moeilike pad van pyn
wat ek moes loop terwyl jy chuckle
mar danki vir jou humorsin here
danki dat jy almal aanvaar
hoe konserwatief of hoe vrydenkend ook al
jy laaik ons almal o groot gedagte
en sit hierie dinge op ons pat
al maak dit ons siek en sat
danki vir liefde en sensuele naaktheid
danki vir vrouens
ai hulle is darem so mooi
en ook vir mans shoe
pragtig ook whoe

tref jy ons so diep
met jou allesomvattende liefde
innie hart

He is a God who sits back and laughs at it all (Arthur Rimbaud)


Bespreking

Kommentaar word nie toegelaat by hierdie bydrae nie.

Kommentaar is gesluit.