Stuur jou gedigte na bydraes by roekeloos.co.za
Traandruppels
Die nag word al swarter
van donkerte drink -
donkerte deur my geskink
My potlood kots gillend
die lood uit sy lyf -
loodkrete deur my geskryf
Jy sien, die liefde is trane -
dit val in die reën
en vervloei in vergetenis heen
Ja, die liefde is trane
wat val in die reën -
traandruppels deur my geween
Related posts:



Bespreking
Kommentaar word nie toegelaat by hierdie bydrae nie.
Kommentaar is gesluit.