Stuur jou gedigte na bydraes by roekeloos.co.za
Die dealer in ons lewe
Waar sit jy daar in jou shack?
Rook jou buttons, rook jou crack,
Wat’s jou volgende plan met ons kinders en ons skole
Gaan jy ons almal addicted kry aan dagga, ecstasy en crack
Weet jy wat doen dit aan my kind?
Hy steel my geld, my hi-fi my klere, hy’s besig om ons lewens te verslind,
Jy dink jy doen hom ‘n favour deur hom high te hou,
Jy book jou plek in die hel my ou.
Ek soek jou uit ons lewens,
Hoe kry ek jou weg?
Bel ek die polisie? Voor hulle daar kom is ‘jy weg’
My besoeke aan die pawnshops is al elke dag.
Oor ‘n week is jy terug en my kind terug op drugs
Iemand hoor ons gebede, gee vir hom ook werk
Ek’s seker hulle sukkel ook,
Maar is dit my kinders die moeite werd?
09.06.2006
Related posts:



Bespreking
Kommentaar word nie toegelaat by hierdie bydrae nie.
Kommentaar is gesluit.