// jy lees ...

Gedigte

Gedigte van Audrey Goosen

Indeks van digters

Stuur jou gedigte na bydraes by roekeloos.co.za

gedagtes

Strome vloed deur my are as ek dink aan jou
Kookpunt van opgewondenheid borrel deur my fantasiewêreld en tog is jy so tasbaar dat ek jou amper weg wens
Ongeskende emosies, verklaarbare uitbarstings
Jou weegskaal werk nie – jy weet nie noodwendige watter kant toe nie maar jy kies steeds rigting, jou lewenskompas word beheer deur ‘n magnitisme wat enige man tot struik sal bring
Moë voetspore word weer
en weer gevolg en die besef dat jy jou eie doolhof van sirkels daarstel bring jou tot ‘n halt
‘n dood-se-stilte hang – jou eie donderwolk volg jou, jou eie reën weer voed jou tuin van mismoed.

golwe van verandering word nie noodwendig gesurf nie maar hooggetui stuig uit bo die normale – ‘n uitbarsting, ‘n tranedal terg jou wange, ‘n traan kneus jou gesig se kussings en kom tot ruste in jou emmer van versamelings…

verstaan jy wat ek sê

Related posts:

  1. Gedigte van Antonie de Jager
  2. Gedigte van Aletta Beukes
  3. Gedigte van Ans Ward
  4. Gedigte van Alec Hobson
  5. Gedigte van Ankia Pienaar

Bespreking

Kommentaar word nie toegelaat by hierdie bydrae nie.

Kommentaar is gesluit.