Kieslys

Close


*/

07 Augustus
2009
Gedigte
3165 keer gelees
(*slegs web-weergawe)

Gedigte van Basie Lee

Seun-seën

Jy was eens net ‘n gedagte
later blote potensiaal
nou is ons gereed
om jou uiteindelik te gaan haal

Ek het baie gedroom oor hoe dit sal wees
is jy groot of klein, slim of andersinds
dapper of sonder vrees
ons wag vir jou oë gevul met verwagting
hande vol van hoop
jou bestaan is meer as wat enigiemand met geld kan koop

Spons
Alles is nou anders
jy kan ‘n voet neersit, maar net nie verkeerd nie
woorde hou jy vir jouself
al wil die dam in jou amper nie breek nie
soveel seer gaan die verstand te bowe
al weet jy niks, weet jy vir ‘n feit,
in jou siel se voorhowe is ‘n spons van onmeetlike kapasiteit

Tweedehands
As jy kon kies vir ‘n droom
sou dit ‘n bloue of ‘n rooie wees?
as jy kon kies vir ‘n wens
sou dit ‘n witte of ‘n swarte wees?
as jy weer kon kies vir ‘n mens
sou dit ek of iemand anders wees?

Ek is afgewerk in metaalgrys teen die slape,
perelwit op die bonnet.
Sinjaalrooi teen die flanke en roesbruin op my blanke handles. As jy op ‘n stoel staan en mooi kyk
sal jy die fur op my dashboard sien pryk.

My nul tot honderd het gesak
toe my boekwaarde aan veertig begin vat.
Nogsteeds is ek die beste koop in enige kleur
al lyk ek siek en sat.

Waarheen
In ‘n stortvloed van woorde
terwyl ek iewersheen loop
het ek begin dink
en in ‘n bruising van letters
het ek gedagtes begin hoop:
as niks meer sin maak uit die alledaagse nie
en vreugde kom nie uit die normale nie
elke asemteug ‘n steun,
waar gaan jy heen?

Hierdie moment duur ook maar net tot die volgende een.

Die les
My seuntjie, pa skryf vandag vir jou ‘n briefie,
As jy klaar groot is, moet jy nog so baie leer.
Dit wat reg lyk, is dikwels verkeerd,
dit wat verkeerd lyk, is om weg te keer.
Gesonde verstand kan jou siek maak,
goeie oordeel kan jou versaak,
meeste dinge wil nie vanself reg raak.

Boekekennis is dikwels alreeds verouder,
die breë pad raak vinnig nouer,
oorlog bring selde vrede,
vrede kom deur gebede.
Geld wat stom is, kon reguit maak
as dit nie self so krom is.
Voorspoed en geluk is groot woorde
gemeet in ongeluk en onvrede.

Skatte blink nie, eerlikheid stink nie
nederigheid verdrink nie.
Dis deugde wat betaal
in harde kontant wat nie ‘n belastingsak sal haal.
In die lig moet jy bly, want die lig is deur Jesus
van alle duistemis bevry.

Die kat
Die kat sit in glorieryke kattigheid op die kas,
kyk met kattewysheid na ‘n koningkryk
verwerfdeur lang ure se slaap en skuur
met ‘n kattelyf teen kas en muur.

My vrou
Graniet kon nie harder,
dons nie sagter,
‘n priem nie skerper,
hoeksteen nie vaster

Jou bekendelyf,
sagte reuk-hand-oog
is al wat nodig is
om my hart finaal uit te droog

‘n Borrel in jou stem,
ontvanklike mond,
‘n streling in my ore,
‘n salf op my wond.

Moeder, vader, vyand en vriend,
jou min ek op onverklaarbare wyse
en op onverstaanbare manier.
Woorde te min, dade te lomp,
my wese weet dat dit jy is
wat lewensbloed deur my are pomp

Exodus
Steek op die lang sigare, skink die konjak
vier die fees met my.
Ek is vandag weer gebore
om nooit weer te wyk.

Ek is meer as ‘n vriend, meer as bekend,
my woorde gaan volke inspireer,
nasies bekeer, oorloë omkeer,
my pen van regverdigheid
gaan onmin, onboetvaardigheid, onvermoë
alles uitwis deur sy tweesnedigheid.

Indeks van digters

(Stuur jou gedigte na bydraes by roekeloos.co.za)



2 Opinies:

Gee jou mening







Gereeld gelees

11 Julie 2010
Gedigte
Verklarende Afrikaanse Woordeboek
Die Verklarende Afrikaanse Woordeboek (waarvan die eerste uitgawe reeds 70 jaar gelede verskyn het) is die handwoordeboek waarin die grootste versameling trefwoorde in Afrikaans verklaar word.
08 November 2012
Gedigte
Kort grappe
Jou ma is so kort, mens ...
27 November 2010
Gedigte
Die mooiste Afrikaanse liefdesgedigte
Die vierde, uitgebreide uitgawe van Die Mooiste Afrikaanse Liefdesgedigte is nou chronologies georden, sodat lesers kan sien hoe die Afrikaanse liefdesgedig oor die afgelope eeu ontwikkel het.
07 Januarie 2009
Gedigte
Gedigte van Anell de Beer
Wat 'n groot voorreg om deel te kan wees, en immers ek is bevrees. Ons is almal oud genoeg, om in die more te wroeg.
24 Mei 2012
Gedigte
Kort grappies
Wat is die verskil tussen ’n voël en 'n vlieg?

Onlangse kommentaar

Janet
2019-01-18 17:21:05
wat beteken kleingeestig...
H L Wehr
2019-01-17 22:25:02
Definisie en betekenis die verskil...
Robert
2019-01-10 18:20:15
Kan Annarine Erasmus my groot asb kontak deur my te epos na robert.conradie91@gmail.com Dis in verb...

Advertensie

Hou jy van ons hulpbronne? Oorweeg asseblief 'n donasie in Bitcoin: 179nZqSyFmYPcvu4ZU733PgXBKUYXcy9DD