Gedigte van Ben Goss

Indeks van digters

Stuur jou gedigte na bydraes by roekeloos.co.za Digters is ook welkom om een foto te stuur vir publisering.

 

Nog altyd gewonder

Ek het nog altyd gewonder
deur die geskiedenis van ons wêreld

Hoekom ‘n kunstenaar daardie kleur gebruik,
daardie verfstyl te verf
wat het die kunstenaar inspirasie gegee
om daardie oomblik verewig te maak

of hoekom ‘n kunstenaar daardie lirieke skryf,
daardie kitaarsnare met tempo slaan
wat het die kunstenaar inspirasie gegee
om daardie oomblik in lied te sing

of hoekom ‘n digter daardie woorde skryf,
daardie prentjie skilder met sy woorde
daardie storie vertel.

Ek het nog altyd gewonder
totdat ek jou ontmoet het

 

Indeks van digters

Stuur jou gedigte na bydraes by roekeloos.co.za Digters is ook welkom om een foto te stuur vir publisering.

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar