// jy lees ...

Gedigte

Gedigte van Bernadette Nieuwenhuis

Indeks van digters

Stuur jou gedigte na bydraes by roekeloos.co.za

Jy was …

Jy was my chat maatjie,
my skouer om op te huil,
Jy was my boks sak,
My gewete
die mandjie vir my gebroke hart.

Jy is …

Jy is my tissues
my haardroër.
Jy is my swart satyn japon;
& my blou mannetjie kussing in die aand.

Jy was …

Jy was die oorsaak,
die rede;
die uitkoms.
Jy was die opstaan,
& aangaan.

Jy is …

Jy is my favorite liedjie
my gunsteling boek.
Jy is my Pantene sjampoe;
& my Fantasy parfuum.

Jy was …

My leiding as dit donker was;
my hand om vas te hou.
Jy was my adrenalien laat in die aand;
my tweede asem as ek al klaar geslaap het.

Jy is …

Jy is my dons duvet;
my bakkie se remote.
Jy is my Edgars kaart;
my wasmasjien;
my mat.

Jy was …

Jy was my glimlag gedagtes;
my persoon wat ek altyd wou maak lag.
Jy was my rede;
ma van alles my hart.

Ek is …

Ek is die wind;
Ek is die weer;
Ek is ‘n storm;
Ek het seer …

Alles wat jy op die oomblik vir my IS,
Sal ek in n oogwink weg gee,
Net sodat jy weer vir my kan wees wat jy WAS.

Related posts:

  1. Gedigte van Bernadette Zeeman
  2. Gedigte van Annarine Heyns
  3. Gedigte van Ans Ward
  4. Gedigte van Alec Hobson
  5. Gedigte van Annelize Olivier

Bespreking

Kommentaar word nie toegelaat by hierdie bydrae nie.

Kommentaar is gesluit.