Gedigte van Bettie van der Bank

Indeks van digters

Stuur jou gedigte na bydraes by roekeloos.co.za

In pyn word ons gevorm

Wanneer ‘n diamant op sy mooiste skyn
Met talle klein hoekies so delikaat en fyn
Is dit reeds deur ‘n ander diamant reggesny
Sodat dit skitter in die ring waarin dit sal bly

Op dieselfde manier word ons ook deur ander beseer
Wanneer ons harte voel of dit middeldeur wil skeur
Soos twee klippe mekaar maal en skuur
Word ons gelouter, soos deur vuur

Hoe diep die smart en hoe brand die kwestende pyn
Wanneer mens se hart ineen krimp en byna weg kwyn
As die besef tot ons deurdring dat wonde elke keer
Dieper en veller word en so dan ‘n les aan ons leer

‘n Les van medelye en hoe om meer liefde te kan gee
Sodat tere liefde ons kan bou en nouer saam kan smee
Ware liefde word soos ‘n baba, gebore deur lyding en bittere pyn
Toe Jesus in ons plek gesterf het, het Hy soos ‘n diamant geskyn

Daarom moet ons bereid wees om alles te verdra
Sodat ons kan leef soos Jesus dit van ons vra
Dan wanneer God ons soos ‘n diamant wil monteer
Sal ons skitter en skyn in Sy glorie en tot Sy eer.

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar