Stuur jou gedigte na bydraes by roekeloos.co.za
hartseer
ek is ver van jou
o so ver van jou hart
so ver van my land
die grys van die oggend
is die kleur van my hart
die koue gryp my vas
die woorde vries op my lippe
die woorde wat ek vir jou wou sê:
liefling ek wil jou hê!
hier in die vreemde
sien ek jou voetspore voor my
uitgestrek lê
jou laaste omhelsing brand soos vuur
jou laaste woorde weerklink in
my ore
sal die storms ooit stil word
sal die see ooit kalm word
sal ek jou ooit weer sien?
Related posts:



Bespreking
Kommentaar word nie toegelaat by hierdie bydrae nie.
Kommentaar is gesluit.