Mot
My vlerke is weggesteek
Onder my bekleedsel
Te bang om hulle te sprei
Ek kan nie
My vlerke is seer
Harde woorde wond hulle
En maak hulle wegkruip
Die kleurvolle stofvormpies
Is grys en abstrak
Ek´s nie meer ´n papie nie
My vlerke is veronderstel
Om trots en gesprei te wees
Ek moet ´n pragtige skoenlapper wees
Ek moet pragtig wees
Dinge is nie soos dit moet wees nie
Vat jou harde woorde
En sluk dit
Of gooi dit anderpad
Dis verkeerd
Alles is verkeerd
Hoe bevry ek myself
Uit hierdie net?
Hoe word weer ek ´n pragtige skoenlapper?
insomnie
dis half-ses in die oggend
voëltjies fluit
en dit irriteer my
die son kruip
oor die wit mynhope
en die lig pla my
langs my blêr ´n horlosieradio
om die voëltjie stemmetjies uit te doof
ek trek die blindings af
om die son buite te hou
my liggaam is moeg
maar my verstand is daarteen gewapen
my verstand wil nie ontspan saam met my liggaam nie
ek kan nie droom nie
ek kan nie slaap nie
ongetiteld
ek hardloop weg
ek moet
maar ek moenie eintlik nie
staan jou man
is ek veronderstel om te doen
maar ek gaan nie
want ek kan nie daai man meer staan nie
ek hardloop weg
uit hierdie godverlate plek
weg van god´s vergiftiging
weg van God´s vergifnis
maar ek moenie eintlik nie
ek sou nie meer hier wees nie
was dit nie vir God´s vergifnis
ek halt
God het na my gesoek
en Hy het my gevind
al weet hy ek is nie gereed nie
Stuur jou gedigte na bydraes by roekeloos.co.za



Bespreking
Kommentaar word nie toegelaat by hierdie bydrae nie.
Kommentaar is gesluit.