Indeks van digters

Stuur jou gedigte na bydraes@roekeloos.co.za Digters is ook welkom om een foto te stuur vir publisering.

“Sien”

As ek tog net die mooi wou raak sien
en die lelike vir ’n slag mis
Sou ek nie dan – net miskien …
die mooi in sy volheid sien!

Kalwerliefde

Ek verlang na liefde,
“kalwerliefde” dink ek het hulle dit genoem.
Liefde wat net ek ken, so dink ek
en jy miskien later sal ontdek.

Om jou net te sien is om voor sterf en
jou kykie is die laaste strooi.
Belangrik is wat met my gebeur
as jy daar vêr verbygaan.

“Daar is niks en niemand so mooi.
Wat jou naam is maak nie saak
want wat dit ook al is,
dit is mooiste ooit”

Sal maar liewer hou by verlang
die ou hart sal dit elk geval nooit dit nou maak.
As jy dalk eendag van my liefde weet
stuur my asseblief jou naam.

Ek bid

Ek wens dat ek kon weet wat jy alles beleef
van vrees wat die onbekende bring
en moed wat jou wil begewe tot
kinderlike geloof wat alles verdring

Dit sou vir my makliker wees as ek kon weet
wat ek Hom moet vra en wat ek moet doen
om jou moed te gee vir vandag
Hom kans kan gee om Sy werk te doen?

Ek bid dat Hy jou moet onderskraag
met Sy liefde en genade
dat Hy jou sal gebruik om Sy koninkryk
te verryk met geloof en lieflike dade

Karwag

Hoe gaan dit met jou Nico?
Goed meneer, die Vader voorsien.
Ek bid elke dag dat Hy vir my sal sorg
en meneer kan my glo Hy sorg, onverdiend.

O Here hoe duidelik praat U vandag met my.
Ek het veel meer as die wag
tog gebruik U hom my te herinner
U te dank vir genade gawes, onverdiend!

Die ander

Jy sien hom van vêr
niemand anders in sig.
Hy belangrik en arrogant
die hele wêreld speel aan sy kant

Die wêreld is net vir hom,
reëls vir ander.
Kan neem sonder te gee
weggooi waar hy wil, ander sal mos vee.

Voor in die ry terwyl ander
maar heeldag moet wag.
Hulle het tog niks so belangrik en
sy haas kom tog voor seer en honger !

Parkeer hy sy 4×4
is strepe net soos reëls taboe.
Een of twee plekke selfs die
vir gestremdes (die ander) is vir hom bedoel.

Jy kan alleen op die wêreld wees, dis jou reg
Dit is ook reg dat jy eendag sal moet bieg!
“Here ek het nie geweet
U was die ander!

 

Indeks van digters

Stuur jou gedigte na bydraes@roekeloos.co.za Digters is ook welkom om een foto te stuur vir publisering.

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar