Gedigte van Charmaine van der Merwe

Deurgedra

Deur al my kinderjare heen,
Was Hy die Een op wie ek altyd kon leun.
Ten spyte van verdriet, lyding en pyn,
Was ek bemoedig deur Sy samesyn.

Ek kan nie glo dat ek dit kon maak,
Maar ek kon, danksy Jesus wat oor my waak.
Vele male het ek Hom teleurgestel,
Deur verkeerde keuses wat teen my tel.

Stukkende dele van my lewe lê agter my,
Maar deur Sy Bloed is ek as sondaar bevry.
Hy het my uit die modder opgetel,
Selfs die Engele gee gehoor, op Sy bevel.

Ek weet ek het ‘n doel om na te streef,
Ek weet dit is deur Hom wat in my leef.
Sy genade is vir my so groot en vry,
Hy’s die een wat my van bande bevry.

Hy is die rede vir my lag,
Hy is die rede vir my sonskyn in elke dag.
Hy is die doel waarna ek strewe,
Hy is die rede hoekom ek lewe.

Ek kyk met blydskap uit na Hom,
Veral my verlossing wat van Hom af kom.
Hy’s my Heer, Heiland en Vader,
Hy trek my elke dag steeds nader.

Gebroke Wêreld

Wanneer ek om my rondkyk en al die dinge sien,
Van mense verlore, mishandel en ook verniel.
Vra ek myself wat die mensdom dan tog besiel.
Is hulle te blind om God te dien?

Satan en sy magte het algehele beheer,
Oor die dinge waarvan God ons in sy Woord leer.
Ek sien verwoesting, pyn en smart,
Maar elke een bekommerd oor sy eie hart.

Wat kan ek as mens daaraan doen,
Om al die mense met hulle Redder te kan versoen.
Dit breek my hart as ek net daaraan dink,
Wat gaan gebeur met almal wat sink.

Here gee my as U kind die reg op wysheid,
Om hulle te leer van U liefde en getrouheid.
Ek weet U koms kom vinnig nader,
Te bespeur aan die tye en seisoene wat reeds verander.

God wees ons as bemiddelaars genadig,
Skenk ons U leiding en krag mildadig.
Trane vloei wanneer U afkyk op die aarde,
Maar nog wy mense hulle toe aan die wêreld se waardes.

Stort nou U Gees op ons uit,
Gee ons ‘n voorsmaak van U Majesteit.
Maak ons meer en meer toegewyd,
Want ons is slegs op geleende tyd.

Aan my dierbare Vader

Pappie jy was vir my die lig van die lewe,
Maar God het jou kom haal uit hierdie woeste lewe.
Somtyds dink ek aan die goeie tye,
Met trane wat vloei oor die gemis aan ons saamwees tye.

Ek weet dat pappie nie plekke met my sal wil ruil,
Aan God se sy, sou ek ook graag wou bly.
Daar is soveel dinge wat ek as kind nog wou vra,
Maar ek weet dat God, pappie dit wou spaar.

Die kuiertjies en laggies wat ons saam kon deel,
Maak die gebroke hart met sy verlange heel.
Daardie glimlag en grappies sal ek nooit kan vergeet,
Dit is soos gister, wat steeds aan my kleef.

Jaarliks met die herdenking van pappie se geboorte,
Verlang ek self na die Skepper en hemelse poorte.
Ek sou so graag ‘n deel daarvan wou wees,
Om saam te kan sit, by die herdenkings-fees.
Ek as kind besef dit verseker,
Dat pappie nou ‘n oormaat drink uit God se liefdesbeker.
Ek sou pappie graag net weer eenmaal wou sien,
Om te kan hoor hoe dit is, om God waarlik te dien

Ek kyk met verwagting uit na wanneer ons gaan ontmoet,
Met engele wat my met ‘n hemelse basuin gaan begroet.

Indeks van digters

(Stuur jou gedigte na bydraes by roekeloos.co.za)

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar