Gedigte van Chenél Pieterse-Boyle

Alkoholis

Vandag is ek nugter
Terwyl ek dink aan gister
Waar ek my verdrink in drank
Tot in my siel in toe mank

Tol in die rondte
Die lig bruin sonde
In die glas se sirkel
Kan ek my nie loswikkel

Steier huiswaarts
Gedagtes vergeet en weerkaats
Dink waar ek was en gaan wees
Van alkohol sal ek nooit kan genees

Dronk in my verdriet
In poele van afhanklikeid geskiet
Droom ek van die volgende glas
Hoe ook al ek my tyd verkas

Onthou jy ons laaste chat?

*Vir iemand wat ek nooit in my lewe sal vergeet nie. Daar is ‘n kamer in my hart spesiaal vir haar toegerus.

“Ek het jou gemis, doll”

Jy sê: “Ek flippen mis jou ook”

“Ek is bly jy is nog op aarde
Ek sou tot die einde van die universe
vir jou gaan staan en soek het
en behoede enige alien wat met my sukkel.”

Ek leer jou ‘n gesiggie maak. J

Jy sê: “Ek het drie flippen grys hare …”
Ek lag daaroor en gee raad.

Die baas pla jou weer – flippen hel!

“As hy nie nice is met jou nie
dan kom ek hom donder.
Niemand mess met my vriende nie!
Grrrrr!
Skrik hy al?”

Jy stuur my ‘n smiley face
as response.

“Ek moet erken … ek is nogal attached op jou.
Jy’s soos chocolate:
mens kan net nie sonder dit lewe nie”

Jy’t gesê: “Ek stick by my pels moet dit nooit vergeet nie.”

Jou goodbye was haastig en my laatste woorde aan jou –

“Mwah!
Jou ewige vriendin
Chenél”

19 September 2007

Die Woord Boer

Die middag son skyn oor die stoep
ek kyk uit oor die wolke wat waas in die blou
`n Groenvlerk duif dartel verby
en moeisaam sleep ek die groefmasjien oor die werf
want
ék is `n woorde boer
groen vingers plant elke saadtjie met sorg
in die rye en rye omgeploegde grond
waarna ek aan die einde van die dag woordkeus
in die sweetende son

Ek wag
.. en wag
… en wag

My oë laai op na die berge
Vanwaar sal die woordbreuk kom?
en
ek smag na die reën
om my woorde te seën
as ek net die son kon keer om elke druppel op te krul
My dam loop leeg – luihond se kind!
Vat-vat ek aan die verdooide groeisels, stukkies lint
ontwortel `n woord … maar ék ly aan woordarmoede

Worstel met die Woordtolk wat moet explain vir die Man daarbo
dat ek die tarief sal betaal
gladly so, dear lord
ons hekel `n tussen geveg
`n woordestryd
Hy deny my die reg
om my sade te gebruik, en die grond lê bar:
`n Wrakstuk van ‘n woordetwis

Sowenwel word ek kwaad – o, so kwaad!
voel ek die skiet in my bors
my linkerkant word lam
maar ek sleepvoet oor my grond –
my ontwikkeling
in die verte sien ek ‘n groen ding
`n oes wording
en die wrang smaak van `n apologie steek vas in my mond
Ek is skuldig aan
woordblindheid
woorddoofheid
onderskeid
geregtigheid
en dit stroom van uit die hemel sluis
ek’t `n worp van sewe kleintjies
`n woordvas oes
wat vaslê in wordingsgeskiedenis
en die woudpapegaai wou nog kom sit
toe wring ek sy nek
want dié is my woorde
my greintjies saad wat ek tot versvoet
moet groei tot teen die boontjieranke
gooi ek die twee ses-kant stene
steel hoofstukke, lettergrepe, konsonante, vokale
ék dobbel met hierdie boerdery

Stem

(Vir Rolandi Manley)

Jou lag is ‘n simfonie
‘n Stem van stroop
Gedoop in mooiheid
Die klem van hoop

Dit was die klinkel klanke van jou stem
wat my aantrek
soos die lot van `n mot na die lig

Hoor ek jou borreltjie babbel laggie weerklink
Ek smaak jou kaneel-gemmer geur in my mond
Die proe van skater op my tong
as jou stembande kielierig tril oor die telefoon
en ek knit one slip one
deur snaaksighede uit lê in jou oor

Skarrel geluk dan soos ‘n blaartjie oor my siel
My hoop dat storm winde jou nie weg sal waai
oor die distansie en tyd wat ons immergroen giet
Want somehow het jy in my, dolla, rye en rye saad gesaai
wat sonder hulp ewig sal ontkiem

Bob

In Zimbabwe zoek hulle nog
vir Zeus se zink blikzem ztraal
om vir Bob te zap
Maar die griekze god wil nikz niet weet
van zy buddie Bob se volk
en in Afrika de Zuid gooi onze `n blinde oog
Luizter na die gezoem van die bye
eet zoeloe turkzvye
en watch die zebra’s wat zolle rook
in die ztraal van die zonneblom in die lug
En uh, ek bly `n zero
en Bob `n ziljoenêr
zoem ek maar dan
die zong van die zambezi en zonneberg
blikzem! Diz erg …

Indeks van digters

(Stuur jou gedigte na bydraes by roekeloos.co.za)

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar