Stuur jou gedigte na bydraes by roekeloos.co.za
Ou storie man
Magefterjie of twee wat saam simmereer
vertel pieter ons sy kos storie weer
van bosveld verhaal tot weskus joernaal
mense dinge ou storie man vertel sy verhaal.
Kaalvoet deur die bosveld doring plaat
trippel twee praat laat dit klaap
lewer net daar oor’ie kole draai
wyl ou jakkels naby lawaai.
Dis stil in die storie land
aande alleen wonder oor die anner land
nog nie klaar verhaal le en stof opgaar.
Spookhuis loer nie deur die bosse
staan tjoepstil sonder roer
mis ons die storie man nou
net die boekies om uit te onthou.
Related posts:



Bespreking
Kommentaar word nie toegelaat by hierdie bydrae nie.
Kommentaar is gesluit.