Kieslys

Close


*/

11 Oktober
2009
Gedigte
3140 keer gelees
(*slegs web-weergawe)

Gedigte van Christelle Senekal

Kronkelpad

(almal het al so gevoel oor vriendinne wat jou hartseer gemaak het met “stories”)

Kronkelpad, donkerpad
Waar lei jy my heen?
met my een voet stadig voor die ander
voel ek soms so vervreem!

Vervreem? Alleen?
tog word ek oorlaai met
Liefde,
Vriende,
Lag …
maar lag is maklik om ‘n
hartseer hart wegtesteek
Die lewe het my verneuk!

Ek lees boeke,
kyk stories
waar almal met ‘n gelukkige einde het
maar ek dink, my gelukkige einde lê nog ver …
Partykere voel ek soos ‘n lee lêer!

Die wereld se vingers blaai deur my
Skortings
maar niks haak vas
dit voel asof ek nerens gaan pas

Lag, lag, lag …
Jou woorde maak my seer!
ek voel soms vriende gebruik my
Dat ek te veel gee,
te veel vertrou,
te veel vergeef!

Vergewe maar vergeet?
Dade is sterker as woorde?
Hoe moet ek woorde vertrou …
Dink jy sy berou?

Maar ek glo dat –
Met goeie mense gebeur daar
Goeie dinge!
Dat ons S – kromme op ‘n laag is,
ons golf deur gery is!

My hart is seer,
hy voel soos lood,
En nie soos ‘n veer!
Eks sal nou twee keer dink!
Ek het iets geleer!
Dit het my geleer!

Die see

(Lekker KKNK Toer!)

Die see met sy golwe so groot
en sterk
kom herinneringe van goeie
en slegte tot merk.

Kennise,
is soos die getuie wat
kom en gaan.
Maar vriende is soos die rotse
wat daar bly staan.

Kruispad

(‘n gedig vir die lawwe muisneste!)

‘n Gedig vir jou waar ons
by ‘n kruispad staan,
links of regs
regs of links

Die wêreld voel seker maar vir jou
deurmekaar?
Maar met baie moed, trots en hardewerk,
weet ek jy sal hom met sukses invaar.

Onthou net: die voëls sing nie net vir eie genot
en die bome sal nie vanself bot.
Daar is iemand Groots wat ons almal dophou,
en wat ons paadjies alklaar vir ons uitgrou.

So moenie worry, stress en berou,
of elke aand sit en klippe kou.
Elke donker wolk het ‘n goue randjie
maar die donkerte kan nie,
aanhou,
en aanhou
en aanhou
soos ‘n drippende kraantjie!

Wie weet miskien sal ons paadjies weer,
gou of later kruis,
maar tot dan
fluit, fluit my storie is uit!

Vrae?

Ek kyk stories wat
met gelukkige eindes stop.
Maar tog die regte lewe is vol realiteite wat
aanhou klop, klop, klop….
Met die tyd het die woord VERGEET vir my
‘n ander betekenis,
Maar saam het ek nog ‘n woord geleer
naamlik vergifnis,
Die vraag in my hart is waar trek ek die streep?
Tot waar word my vergifnis gemeet?
AFSTAND!? Kan die liefde dit oorwin?
Of word net begrafnis geliedjies daaroor gesing?
NEE!! Positief gaan my denke in dwaal,
want sonder jou liefde is my lewe net dor en vaal!
Maar die groot vraag,
is jy gereed vir rondry, opoffering en beplanning?
Of gaan dit nog hooi op jou gooi,
vol konflik en spanning?
EKS LIEF VIR JOU! En is reg daarvoor …
So lees die gedig, maak dit jou eie
en ek hoop dat ek met antwoorde van jou hoor …

Indeks van digters

(Stuur jou gedigte na bydraes by roekeloos.co.za) Digters is ook welkom om een foto van te stuur vir publisering.




Gee jou mening







Gereeld gelees

11 Julie 2010
Gedigte
Verklarende Afrikaanse Woordeboek
Die Verklarende Afrikaanse Woordeboek (waarvan die eerste uitgawe reeds 70 jaar gelede verskyn het) is die handwoordeboek waarin die grootste versameling trefwoorde in Afrikaans verklaar word.
08 November 2012
Gedigte
Kort grappe
Jou ma is so kort, mens ...
27 November 2010
Gedigte
Die mooiste Afrikaanse liefdesgedigte
Die vierde, uitgebreide uitgawe van Die Mooiste Afrikaanse Liefdesgedigte is nou chronologies georden, sodat lesers kan sien hoe die Afrikaanse liefdesgedig oor die afgelope eeu ontwikkel het.
07 Januarie 2009
Gedigte
Gedigte van Anell de Beer
Wat 'n groot voorreg om deel te kan wees, en immers ek is bevrees. Ons is almal oud genoeg, om in die more te wroeg.
24 Mei 2012
Gedigte
Kort grappies
Wat is die verskil tussen ’n voël en 'n vlieg?

Onlangse kommentaar

H L Wehr
2019-01-17 22:25:02
Definisie en betekenis die verskil...
Robert
2019-01-10 18:20:15
Kan Annarine Erasmus my groot asb kontak deur my te epos na robert.conradie91@gmail.com Dis in verb...
Robert
2019-01-10 18:11:44
Hi annarine dis Robert hoe kan ek met u kontak maak. Stuur asb virmy 'n epos na robert. conradie91@...

Advertensie

Hou jy van ons hulpbronne? Oorweeg asseblief 'n donasie in Bitcoin: 179nZqSyFmYPcvu4ZU733PgXBKUYXcy9DD