Gedigte van Claire Celine Bell

Sintuie vs Herinneringe

Snaaks hoe die natuur teen mens draai,
Hoe sy geure en plekke ‘n ou verraai;
Jy wil nie onthou nie en jy wil nie terug kyk nie …

Dan kom die lente met sy bloeiselgeure en jy onthou die piekniek,
Onwillekeurig, maar tóg!
Die wintergras daar op die groot veld.

Die aandlug vars in jou gesig is die partytjies van jou jeug,
Die vriende wat seergemaak het, maar tog vassteek in jou hart/d.
‘n windjie hier was ‘n wyntjie daar en die trane daarna.

Die herfsblare wat val grond toe soos jou destydse verweer,
En dan die koue wat ys soos jou vertroue,
So met elke terugslag en elke grynslag!

So is die vrugte in die somer,
Die lemoene is soet en die pomelo’s is suur …
Maar hulle lyk dan so eenders.

Die alleenwees van toé kom met elke druppel reën
Volwassenheid in die seer en van die herinneringe bly altyd een …
Een staan uit en een is die as waarom alles wentel.

Wat is joune?

Indeks van digters

(Stuur jou gedigte na bydraes by roekeloos.co.za)

Sluit aan by die Gesprek

1 Kommentaar

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar