Gedigte van Coen Cloete

Die Siel

Diep in die siel van ‘n mens wat lag.
Is ‘n siel wat huil en ‘n stem van klug.

Ons wys mense net ons goeie kant,
Ons beter kant,
Ons aanvaarbarder kant.
Ons etiese kant

Nie ons gekompliseerde onberedeneerde kant nie …
Nie ons merkbare emosionele onvoorspelbare kant nie …
Ook nie ons seergemaakte , gewraakte kant nie ..
Of ons swakplek en dus maklike toegang kant nie …

Net ons mooi voorbeeldige geoefende kant?
Die skynkant met die mooi voorkoms wat verwar en bedrieg.

Netnou is ons dalk vankant gemaak, deur
die siek siel wat ons aanhang en aanbid!
Die siel wat ons ons sou beskerm en behoud?
Die siel wat ons moes keer om onsself te verteer, met selfbeskerming en omkeer

Van wie?
Van dalk onsself?

Indeks van digters

(Stuur jou gedigte na bydraes by roekeloos.co.za)

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar