Beskermend
Verskeur tussen haat en pyn
My liefde en glimlag wat saggies weg kwyn
Die weemoed om my hart gehul
Die jammerte wat my geluk wil kul
Ek wens ek kon weet
Hoe ek van jou kan vergeet
Skokkend, verwytend..
Ek weet ek kan nie
Wanneer gaan die glimlag terug klim in my verlate hart?
Wanneer gaan ek verlos wees van hierdie verwoestende smart?
Ek wens ek kon jou terug vra
Net vir ‘n oomblik kan vertel wat pla
Ek mis jou..
My liewe boetie, ek wens ek kon jou net eenkeer vashou
Jou lewe wat die duisternis in spoel
Wat het jy met jou lewenswyse bedoel
Ek luister maar ek hoor niks
Ek praat maar my stem is dik
Ek het ‘n stukkie van my menswees verloor
Dog was ek gereed gemaak daarvoor
Die Heilige Gees wat saggies om my vou
Die verwyte en pyn wat stilletjies verflou
Sonder wete, sonder wis
Het ek my wysheid met ‘n ander misgis
Ek word gekoester deur ‘n onsigbare Hand
Beskermend teen Sy bors gedruk
Al wil ek van Sy krag wegruk
Sal Hy my vashou terwyl emosies deur my liggaam snik
25 Mei 2006
Ek is in U
My sondes aan my voete, saamgetrek in ‘n waterpoel
Stadig, pynlik word my wese skoongespoel
My dade soos druppels op my vel voel hammer
Ag my liewe God, ek is so jammer
Ek voel vernederd, ek kry skaam,
Ek, ja net ek, verduur die blaam
Gulsig amper verwoestend het ek sondes aangeleer
Nes ‘n parasiet wat aan ‘n pragstuk teer
Skaamteloos het ek my vergryp
Aan disse van sonde wat nou afskuwelik van my mondhoeke druip
Ek is naar en siek
Van myself wat die wêreld probeer mimiek
My God, My Vader
Hoe durf ek tot u nader?
Ek, ‘n mensekind
Hoe kan ek myself aan ‘iets’ so onbeskryflik heilig bind?
Ek weet nie waarom, ek weet nie hoe
Maar U het my weer ‘n skoon siel laat proe
Ek is gewas met bloed so kosbaar
Die bloed van ‘n mensekind, onselfsugtig geopenbaar
Was ek maar ‘n digter
Het ek U aanbid met ‘n woordespel tog so skugter
Was ek maar ‘n skildenaar
Het ek U aanbid met ‘n meesterstuk tog so raar
Was ek. ? Ek is in U.
Die skildenaar van my lewe
Die digter van my hart wat soms angstig bewe
Die kind van ‘n Koning wat alles vergewe
14 Maart 2006
Waarheen
Waarheen is die mooi woordjies
Die mooi gebaartjies van liefde en omgee
Waar is die hoekies van jou hart
Die fluister geheimpies wat opwinding gebring het in ons weë
Het dit net verdwyn
Of was dit ‘n maskarade wat besig is om weg te kwyn
Wanneer het ek besef
Dat klein ou dingetjies afwesig is
Die agterdog soos ‘n skurk in die donker nag
Wat ure lank op sy slagoffer wag
Waarheen, o waarheen is jy my liefling man
Wat is ek tog? Wie is ek vir jou? Waar staan ek met jou?
Jy my lief, wanneer laas het jy my net sommer vasgehou
Ek smag na jou, ek lief vir jou
Maar hou net op my as jou besitting beskou
Ek mis die opwinding van mail in my inbox
Wanneer het die teleurstelling so saggies ingesluip
Of was dit daar nog die hele tyd
Het ek dit gemis toe ek vasgevang was in my selfsug
My lief, my pi
Moet ek vir ewig op jou vertroue bie
Ek wil jou hê, ek wag vir jou
Ek wag dat jy weer jou arms saggies om my vou
Waarheen is die mooi woordjies
Die mooi gebaartjies van liefde en omgee
Waar is die hoekies van jou hart
Waarheen is jy my liefling man
21 Februarie 2006
Nuwe begin
Die weerlig klief donderend deur die lug
Verstukkend los trane padkaart-strepies op my gesig
My woorde, my krag gedreineer
Ek slaan my oë neerslagtig neer
Die pyn, die haat
Nat en souterig vloei dit oor my gelaat
Waarom maak liefde so seer?
Tog gaan soek ek daarvoor keer op keer
Die vingers wat om my verlede krul
Die eina-woorde in my hart gehul
Waar gaan die seerkry eindig?
Dit wat oor is, is tog so weinig
Verwoestend slaan die weerlig ‘n huisie aan die brand
Vonkies spat die hemel in, helder en galant
Hulle vlieg met grasie, een blou die ander geel
Skouspelagtig word die prentjie heel
Om my heen is ‘n skril geskreeu
Van seerkry, van pyn, van haat
Ek tuur om my heen
Ek sien ‘n kindjie in die koringlande ween
Die koringare lê om my gestrooi
Gestroop met liefde so suiwer en mooi
Starend neem ek elke fyn detail in
Lokkend is die rypheid wat dit my gun
Skielik sien ek ‘n vlinder so pragtig
Verbaas beskou ek die waterige glimlag
Wapperend land hy op die punt van ‘n neusie
Dis die kindjie wat nie wou leef nie
Stuur jou gedigte na bydraes by roekeloos.co.za



Bespreking
Kommentaar word nie toegelaat by hierdie bydrae nie.
Kommentaar is gesluit.