Stuur jou gedigte na bydraes@roekeloos.co.za Digters is ook welkom om een foto te stuur vir publisering.

 

Damiam Vincent Henry
Damiam Vincent Henry

Destyds

Ons was gewees: destyds,
maar alles het verander,
vir opstaan vir wat reg is …
tot veg vir logiese redes.
Alhoewel die wet nie opreg was nie,
ons het geveg, en al hierdie pyn –
hierdie pyn het ons oorkom,
van saamstaan teen die boos,
die cult van persoonlikheid,
tot die armes help uit moeilikheid.
Ons was vegters …
baie opgeoffer, en
omgegee vir ons naaste, en
geld was nooit die meester.
Ons het almal net genoeg gehad,
almal het gesukkel, in elke pad.
Maar ons het baie trots gehad,
nooit gekla of help mekeer,
daar was hoop vir ons kinders,
genoeg werk vir die ouers.
Hierdie hande en die voete,
was die rede vir die standbeelde,
wat ons met sweet en bloed,
van die grond af, opgebou het.
Ons het hier en daar gesweef,
elke dorp end stad gereis, maar
nog nooit onsself verloor …
ons het elke stryd oorleef.
Respek gehad vir grootmense;
want hulle’s soos die see …
so sag soos water, sterk soos rots,
ons was hul grootste trots.
Destyds was die lewe goed,
want elke vrou was “ma”
steeds tyd het ons verraai,
ons leef in Sodom en Gomorrah,
dus hartseer om te luister, na
die stories van die goue daé:
“Jou kind was my kind.”
maar deesdaé is dit “jou probleem.”
die tyd het so verander, ons het
omgesien na mekaar,
die atmosfeer was vrolik. Destyds,
kon ons kinders droom, nou
is almal in gevaar. Ons het,
almal oor die weg gekom,
ons hoop was so eenvoudig,
net ons God was vir ons nodig.
Ons het nooit regtig gekla,
al kon ons nie als besit nie.
Soms verloor ’n voël ’n veer,
maar dit sal die voël nie stop nie,
om te vlieg, tussen al die ligte wolke,
Net soos ons, wie so destyds …
gestreef het vir die sterre;
al hoe donker, dit was beter
om te leef in daardie daé,
ons het opgetree soos kinders,
daar was liefde in die huis.
En die wie nie gehad het nie,
“my deur was altyd oop.”
ons was mense met verskeie kleur,
maar almal het mekaar verstaan.
Destyds was ons bang vir niks,
want ons kon alles doen. Hierdie kleur,
van ons het nie ons ooit gekeur.
Al val ons ons het opgestaan …
met trots, en altyd weer probeer.

Goeie mense het gesterf,
sodat ons die doel kon erf …
Nou leef hulle as helde, deesdaé.
Tog dromers was hul destyds

© Damiam Vincent Henry

dans met die duiwel

Hy trek sy geld alles uit by die bank,
want hy’s verslaaf aan drank.

Elke aand met ’n bottel
dink dit vat sy pyn weg;
hy dans met die duiwel
en hanteer sy familie sleg.

want hy’s baie besitlik
geniet dit om haar af the knou,
slaan haar liggaam blou.
Almal sê: “die man is moeilik.”

hy slaan haar met emosies
sy hart loop oor van haat
en raak gevaarlik fisies,
hy is van meer in staat.

Al sit sy vriende daar,
sy’s steeds in groot gevaar;
vanaand is hulle uitgesluit …
in donker, in die koud.

Hy soek haar elke oggend
hanteer haar soos ’n slaaf.
Sy lewe so versigtig; vresend …
bang, hy slaan haar met ’n graaf.

© Damiam Vincent Henry

pad se pel

In die taxi, waar ek altyd sit
kom daar baie mense uit die werk;
die wolke word donker asof engele bid,
tyd loop vinniger asof God die wêreld trek.

Jy hoor nie meer die voëltjies fluit
miskien het hulle nou besluit,
soos die driver wens om die deur te sluit.

die mense sit asof hulle stoei;
nog een persoon! ons harte bloei,
dit lyk my hierdie taxi groei!

ons wil huis toe gaan, en die driver tel;
Dus 7-uur en die mense skel …
wat kan ek jou meer vertel
van ’n taxi, dus die pad se pel.

Mamma, ek

Mamma huil en glimlag met ’n baba in haar hande,
sing ’n kleine liedjie na haar baba se geboorte.
Mamma baie bang, sy was so jonk en nie gereed nie,
soggens lees sy Bybel want sy wou nie baie praat nie.
Mamma was versigtig hoe sy vryf met elke windjie,
saggies en geduldig toe sy werk met daardie lyfie.
Mamma het my deur en deur gedokter met my kwale,
>> lees vir my ’n Bybelvers en draai my in komberse.
Mamma hou my handjie vas met elke nuwe stap,
en mamma my skoongemaak al ek my soms nat.

Maar mamma sou net glimlag nadat ek haar “mamma” noem.

Mamma ek is ouer, nou dra ek jou op my hande,
ek sal jou beskerm en jou voer tot aan die einde.
Mamma, ek weet eendag sal jy my nie meer onthou nie,
steeds sal ek net glimlag al sing ek vir jou ons liedjie.
Mamma dit is seer, ek voel alleen terwyl ek skryf,
lewe voel so maklik wanneer ek jou voete vryf.
Mamma, ek sal elke aand jou dokter met die kwale,
dan lees ek jou ’n Bybelvers en gooi jou toe met liefde.
Mamma, nou’s dit ek wie mamma lei terwyl ons stap,
al beweeg ons stadig. Dalk is mamma al weer nat.

Ek wou sê, “ek’s lief vir jou” en mamma op die hande soen.

Mamma, ek wou dankie sê al huil ek soos praat.
Jy’t nooit vir my teleurgestel,
en nooit vir my verlaat.
Mamma ek voel so vereer want jy’s my beste pel.

In lewende kleur

Kyk verby my kleur,
dan “meet” jy met my siel
niemand sien my treur,
of die dinge wat ek voel.
Ek voel jammer vir die seuns,
en die meisies
wie verlore
loop daar buite,
vol emosies,
sonder “dreams”
sonder doele in die lewe,
sonder passie,
sonder liefde;
kom gou nader.
Daar’s so baie net soos julle
wie nie glo in Onse Vader,
maar die woorde
wat ek deel
kom van binne
stryd na julle,
vir jul wonde,
wat so oop is.
Hierdie woorde,
maak gesond.
Dit maak heel …
en gelukkig.
Hoop dit ‘change” julle “perspective.”
Hoop dit maak julle bewus!
Wat ek sien in julle harte,
wat ek sien in julle oë,
ek sien digters,
ek sien stigters.
Ek sien kinders met ‘n past,
“but” ook mense met ‘n “future.”

Julle’s pragtig, julle’s mooi.
“Moenie” glo wat hulle sê nie.
Kyk verby die struikelblokke
en die “fights” in julle huise,
“moenie” keer dat julle droom nie.
Daar’s ’n “future” vir ons almal.
Maar die meerderheid,
gee op …
soos ’n voël sonder vlerke,
wat die wind nie meer kan voel nie.
“Moenie” “stoppie”
julle’s “worthed” julle’s “just enough to make it”
jy is meer as net jou vel.
Jy is ook ’n rolmodel,
ek sien alles in jou oë
en die dinge wat jy doen.
Ek wil hê julle moet opstaan.
Tyd is min; ek voel dus tyd.
Hierdie pad “issie” vi’ “ossie”
al die moorde,
al die dwelms,
al die onnodige “battles”
van die “gangs”
tussen mekaar;
julle’s uitgekies deur God,
om die anders te verander
want ek sien julle emosies,
en ek sien ook julle visie.
Wees ’n voorbeeld,
wees ’n lig,
maak ’n “change”
ons is meer,
julle’t groot potensiaal,
kyk verby jou eie kleur.

Ornaments

Honde blaf, skote klap …
almal skrik! En die mense bang,
terwyl die kinders mekaar vermoor,
en die mense bel, maar die
polisie vat verewig om daar
op te daag, daar lê klaar
‘n paar kinders dood. En die
moeders huil, maar hulle
kinders doen so verkeerd.
En die mense bid, asof ’n
engel dit toe gaan laat.
Jy’t jou bed gemaak!
En dus tyd om jou reg te maak,
want dus klaar te laat, jy’t die duiwel se hand gevat
en gedans met hom,
wanneer almal met jou gepraat …
het jy “ornaments”
hoor is min, jy bly “versin” ; hy slaan ’n “binne ding!”
as jy nie hoor nie, dan
moet jy voel, dus ‘n ou geseg …
hy is klaar met jou, en
agterna dan gou hy jou weg. Jy het “ornaments.”

anoniem

elke aand loop hulle rond soos skelms,
en elke aand opsoek na dwelms …

die slang ken elke kind in die “skeem”
hy moor hulle, maar hy bly anoniem

die mense sit almal in daglig,
soos geeste wat dwaal in die naglig …
wie jou hoop wegneem
en jou doom om vir hulp te skreem …

hierdie slang
het ’n nuwe vel ontvang
soos ’n boom paar takke
verloor van haar blare,

dit jubel
wanneer mense sukkel …
en jou swaarkry verdubbel

dit laat jou hustle
en met elke semel
staan en dowwel.

hierdie slang bestaan in alle stede,
dit laat jy hoop verloor in jou eie,
gebede. Jy verloor familie-lede
en jy bly net ontevrede.

almal brand koper, niemand slaap,
slaap heeldag …
om hout te kap in die nag,
loop rond soos wolwe opsoek na ’n skaap

© Damiam Vincent Henry

bittersoet

Elke mens is vol van binne,
bietjie goed
bietjie kwaad
bietjie liefde,
bietjie haat.
vol van seer, vol van meer.
liefde, haat! dus bittersoet.
nes marmelade
haat en kwaad doen baie skade!
vol van hart loop oor uit mond.
Goed doen bly maar kwaad doen,
al probeer jy nou maar wat,
met mens sien jy jou eie gat.
Elke mens is vol van binne,
bietjie vrees
bietjie trots
bietjie sonde,
bietjie stres.
vol van rou, vol van klou
aan alles wat onnodig is,
soos lewe in verlede tyd,
en sukkel met vergifnis.
dus maar elke mens se stryd.

© Damiam Vincent Henry

moeg

Ek is so moeg, ek lus …
vir slaap, ek’s so gedaan.
So baie moeg, so uitgepit,                haweloos, en rusteloos.
My hart is swaar en onbewus,
en moedeloos! Ek’s so in nood,
net voor my dood, vir kop neer lê,
en bietjie rus. Dit is nie veel wat ek voor vra, ek vra so min. Ek wil net slaap.
Net een keer slaap. Ek’s baie moeg.

©Damiam Vincent Henry

Damiam Vincent Henry
Damiam Vincent Henry

elke digter

Lank terug, het ek gehoor
’n wyse man wie fluister,
in my oor;
maar so min het ek geweet,
dat hierdie man homself, ’n
talentvolle meester
van net woorde
in gedigte kan verander,
’n moderne ou profeet.
Hy’t gesê …
“Elke digter,
op die aarde
het so moeilik uit die baar
van hul moeders uitgekom.
Want die wêreld was te dom,
en die digters is te wys,
vir hierdie wêreld,
hulle blom. En die wêreld staan,
verstom …”

© Damiam Vincent Henry

moeder prostituut

Sy’t gesien en dit was seer
hoe haar ma …
baie aande staan op hoeke,
donker aande, hoë hakke
ander hare; volle hoop
om haar liggaam te verkoop.

Sy’t gesien en dit was seer
hoe haar ma…
al die jare,
aan die jongste, en die oudste,
in die trokke, en hotelle …
elke hoek en in die bosse.

Net vir geld, sonder liefde
sodat hulle nie vanaand,
sonder kos hoef te gaan slaap.
Almal ken haar in die straat, as
die bekendste prostituut,
al die manne ken haar liggaam.

net haar dogter ken haar hart.
Lank terug was sy ‘n meisie,
met ‘n passie, en ‘n droom…
Nou ken almal haar talent:
sy is “moeder prostituut.”

En hul niemand ken haar naam.

© Damiam Vincent Henry

anatomie van die hart

‘n Man se stryd is teen homself, en                                                                                                                                        baie sal dit nie verstaan
                                                                                                                    ons dra ons harte op die mou

                                                                ons liefde steek ons in die soem.

Jou grootste vyand is jouself, en                                                                                                                                        almal weet hoe ons bestaan;

                                                                                                                           baie wat die hart van hou,

                                                                 “hopeloos romanties” is jy genoem.

sentimentaliteit van trane

Trane
O my trane,
hart treur uit
neus bly loop.
Ek bid vir haar,
met al my mag.
Maar niemand!
sal my ooit kan troos,
soos Jesus;
met sy wonders
hy’s bewus!
van hierdie kruis.
Trane
O my trane
jy’s ‘n voorbeeld
van die konflik
in my lewe,
hart so vol
so beswaard;
definisie
van my seer
en van meer,
ek kan glimlag
maar ek treur
jy is met my
elke dag.
O my traan!
jy’s so …
vallend soos ‘n blaar;
wat so eensaam val in herfs,
soos ‘n ster in die nag
als deur jou
wie my forseer.
Trane
O my trane,
dra my hart nou
op my mou!
en die wêreld sien my pyn terwyl ek huil …
almal kyk;
voel jou saggies op my wange
rol so sag…
ook so seer;
jy wys my wie ek is… vresend vir my hand
ek kan dit nie meer verdra! oë is rooi
soos ‘n waatlemoen van binne.
Sê my hoe ek hier beland? Met my hart in openbaar
en ek swem tussen gevaar, maar jy val
op my vel.
soos is slang in ‘n veld Vinnig!
soos die wind se spoor.
Trane
O my trane
Moet nie my verlaat,
ek voel sleg
want ek’s verkeerd
om jou van my oë
weg te hou.
Glo my as ek sê
dat ek is jammer,
met ‘n hart wat jou verlaat het,
vir ‘n bottel snêt!
wat my verander het.
Stadig
het ek jou versmoor,
toe jy wou val
het ek gekeer.
Toe neem emosies wraak.
Ek voel alleen.
Ek lê in pyn,
sê my waar gaan ek nou heen!
Jy’s al een wie my pyn kon sing.

©Damiam Vincent Henry

God is God

Die duiwel het geluister
toe ek bid na my Vader.
Baie kwaad
bietjie jaloers, begin praat
terwyl ek bid vir my susters.
Hy was lastig,
want hy weet my God is almagtig!
Hy was onrustig,
my oë gefokus op die lig!
Maar hy lag terwyl ek pleit
en hy begin kners; verander van rooi na pers,
“asof hy in gekleurd was met kryt.”

God is God

Die duiwel het gefluister
toe ek roem oor my Vader.
Sleg gepraat
het duiwel van my broers,
ek moes God verlaat,
maar my Vader is baie jaloers!
Hoe sou ek dit aan God kan doen?
Nadat hy my elke dag sy kind noem;
Als onder hemel behoort aan die Vader!
Hoe kan ek my sig van hom verwyder?
Sê gou vir my!
Hoe sal ek ooit teen dit kan stry-
God is God; nie mens nie.

©Damiam Vincent Henry

Damiam Vincent Henry
Damiam Vincent Henry

Stuur jou gedigte na bydraes@roekeloos.co.za Digters is ook welkom om een foto te stuur vir publisering.

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar