- Roekeloos - http://www.roekeloos.co.za -

Gedigte van Darius Nell

Posted By Roekeloos On 13/11/2009 @ 12:11 In Gedigte | Comments Disabled

Waar kan al die liefde wees?

Hoekom moet die lewe so onregverdig wees?
Waar kan al die liefde wees?

My lewe so leeg
Ek kry net seer.
Waar kan al die liefde wees.
Ek’s verneuk en ek’s verneder,
Wens die wit lig kom nader.

Het liefde gevind en dit weer verloor
Hoekom gebeur dit oor en oor?
Gee niemand vir my om?
Het niemand my lief?
Hoekom moet almal my bedrieg?

Het my sielsgenoot gevind
Ek wil by haar hê, my kind.
Maar sy wil niks weet,
Sy’s doof vir my liefdeskreet

Wat kan ek doen dat haar oge sal open?
My hart is so gebroke.
Gee my hoop, gee my ‘n teken,
Sodat sy kan besef sy is my lewe.

Dit maak my seer
As sy haar hart aan ‘n ander seën.
Ek het haar lief
Sy het my hart gedief.

Waar kan al die liefde wees?

Hoe gaan sy reageer
As sy moet weet
Sy is my sielsgenoot?

Wens die wit lig kom nader
Hoe gaan ek myself ooit vergewe as ons vriendskap
In ‘n duisend stukke breek,
Verstrooid agter in my lewenspad lê?

Die wit lig kom nader, dis ‘n teken jy sien.
Dat daar, volgens jou, nooit ‘n ons kan wees nie.

Dié is my laaste woorde aan jou:

Ek het jou lief, wens jy was myne.
Ek sê vir eers totsiens,
Ek’s seker ons sal mekaar weer eendag sien.

Waar kan al die liefde wees?

Indeks van digters [1]

(Stuur jou gedigte na bydraes by roekeloos.co.za) Digters is ook welkom om een foto te stuur vir publisering.


Article printed from Roekeloos: http://www.roekeloos.co.za

URL to article: http://www.roekeloos.co.za/gedigte/gedigte-van-darius-nell/

URLs in this post:

[1] Indeks van digters: http://www.roekeloos.co.za/digters/

[2] Gedigte van Cherise Pawson : http://www.roekeloos.co.za/gedigte/gedigte-van-cherise-pawson/

[3] Gedigte van Cornel Eloff : http://www.roekeloos.co.za/gedigte/gedigte-van-cornel-eloff/

[4] Gedigte van Andy du Preez : http://www.roekeloos.co.za/gedigte/gedigte-van-andy-du-preez/

[5] Gedigte van Ansophie Van Wyk : http://www.roekeloos.co.za/gedigte/gedigte-van-ansophie-van-wyk/

[6] Gedigte van Harriet Christou : http://www.roekeloos.co.za/gedigte/gedigte-van-harriet-christou/

Kopiereg © 2009 Roekeloos & QVRP. Alle regte voorbehou.