Gedigte van Deon Viljoen

Hunkerend
Moet ons dan altyd
sterk wees?
Wat het dan van ons uniekheid
geword?

Is ´n kopstamp of knieskraap,
nie maar dèèl van menswees,
of grootword nie?
Word ons nie maar almal somtyds

lam en tam,
afgemat,
siek-en-sat,
òf soms moeg

geswoeg ,
deur sielewroeging verneder tot pap,
lappoppe..
verlam tot hulpelose,

kwetsende,
amper Goddelose skepsels,
verwaarloos
tot in ´n diepe,

swarte waansinnige,
hulpelose najaag,
´n malle najaag na wêreldse dinge
wat stadig,

kruipend, vervaag
tot ´n toksiese spiraal,
wat ons laat vervaal,
verflou,

tot ´n bose, eindelose,
verkleineerdheid, opgefokde,
ingehokte, stryd!
Diepe, bose verwyt,

seëvier!
Verwyt
wat nooit..,
of liewer veraltyd

in ons armsalige psige
sal kleef soos ´n bose
neet, wat leed
en wreedheid

laat blom tot ´n magtige,
vuurspuwende
duiwelsgrynslag aangevuur deur
absolute magteloosheid, wat amper

boosheid,
oorheers!

2003.10.18

Jirre
Oe, Jirre! Ek’t
my lewe weggesmyt!
Ek’s ´n boggerol,
´n Miskruier, wat net kak kan wegrol!
Diè miskruierkakwegrollewe

is mistroostig.
Ek wil uit!…
Ek bewe-en-onrustigslaap!
My nek-en-skouers booghang,
terwyl die rooie skelmgodsduiwel,

die Rykman, onvermoeid, sy daaglikse gang,
verwyl,
met drank, dagga, dwelms,
en àls wat nog lekker, of tè lekker, is
vermoei! Het die duiwel my aan sy kloue beet!

Is ek maar steeds, geboei, aan ‘n lewe, aan’t bloei..
Is daar hoop vir my skrale, hopelose, wanhopige, siel, vermoeid?

2003.10.18

Wannir
Gààt ons nou lê?
ôf is ons vir Jirre
verroes,

verwoes
innie hierie,
verroeste, beroerte,

seerkry lewe?
Moeg
vir allie allewige geswoeg!

Vir die ewige
geswoeg, so
moeg

Is dit dan nòòit genoeg?
Sjee, ons o Jirre
´n bietjie hoop!

Ons is innie knoop!
Ons, bit dan allie tyd,
net vir Jou,

om onse arme siele,
nie
te verwyt?

Hoe lyk dit dan
nou, ôf Jirre ons dan
wegsmyt?

2003.10.17

Hemels
Vernuftig
en half ongeduldig
word die sappige kaalpitperske
se huid deur blink skilmes verwyder.

Soettaai druppels wink
en jou laat tong half onbeheersd water.
Amper hemels, diè soete smaak
deur hemelhande, aangeraak

verfris
verfris, en helder wakker
bo verwagting, sommer
dou-voordag, lus en gereed
om in teer
verborge gemoed,
rond te jakker

Haikoe (XV)
stadig, van diepswart
tot liggrys, verkeur die dag,
terwyl ek hier wag

Koffiekroeg
winterkou salig
deur koffie aromas
en sigaretrook verbloem
gesellige vriendekring
wat daagliks sielsgeluk bring

Klou jy verwoed
Vrugteloos, soos
wafferse waaisand probeer jy telkens
weer, jouself in ´n nuwe lewe duin.

´n Wanhopige bestaan.
´n Bevlekte voorspys
van jou na-doodse bestemming wat uit jou
warboel van ´n lewe sal verrys.

Soos ´n waansinnige klou jy verwoed.
´n Slagoffer van ´n lewe so beroerd.

Bestand
Waterpas is joue
behartigenswaardige lewetjie
deur onse hemelse Vader bepantser.

Met Sy krag
bewapen, is jy verewig
teen die ewige vreugdebederwer bestand.

Sy weergalose beproewing
kan jy veraltyd vryspring,
met die hulp van onse Koning.

Indeks van digters

(Stuur jou gedigte na bydraes by roekeloos.co.za) Digters is ook welkom om een foto te stuur vir publisering.

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar