Gedigte van DJ Janse van Rensburg

Kersgeskenk
Draai, draai klop ‘n seisoen se hart
Waai, waai sy asems wat klink
Dis Kerstyd en ‘n jaar wat tik.
Die plante kan sing na ‘n reënharp

Draai, draai ‘n maag wat lag
Waai, waai ‘n kop wat dans
Dis Kerstyd en ‘n geboortekans
Ek kan weer sing na ‘n lang gewag!

Vandag II
Dis jy wat ek sien as rede nie waak
Wat ek sien in drome waar psige
In spieels skrik vir f’sieke
Dis jy wat ek voel as twee hande raak

Dis jy wat lag as die lewe jou dans,
Musiek jou draai, nes my hart se kop
Tart soos aas wat lok
Maar dis ek wat vry na tyd se kans

Dis God wat dig van toekoms na hede
En ons wat wag op kommas en tekens.

Vandag
Vandag besef ek, meer as ander dae
Dat jy eufinismies kosbaar vir my is
En ek skielik wonder waar ek kort laat,
Bang is dat jy my minder mis,
Weet dat ek eintlik als vir jou is
En dat ons liefde perfek balanseer,
Maar nie kan glo dat ek so besonders is –
As jy dan so pragtig, foutloos meer.

Indeks van digters

(Stuur jou gedigte na bydraes by roekeloos.co.za) Digters is ook welkom om een foto te stuur vir publisering.

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar