Kieslys

Close


*/

03 Augustus
2005
Gedigte
2682 keer gelees
(*slegs web-weergawe)

Gedigte van Dreyerpretorius

Rietvlei
… net so hier in die suid in,
met sy mooi water en sy wit voëleiland,
sy kolganse en sy bleshoenders en sy visarende,
lê my stukkie ver wêreld in my voorwêreld.

…kan ek kom weg raak,
en in moeder natuur se arms kom lê,
vuur brand maak en in die veld leef,
oor ‘n rand die son sien opkom.

…net so hier in die suid in,
kan ek kamp opslaan en vergeet,
vergeet van die nuwe wêreld
en die oue onthou.

…waar ek ook van seer kan onthou,
en van die mooie dinge wat saak maak,
die eenvoudiger bestaan wat ons,
ja, ons mens maak.

…more ou Rietvlei.

3 Augustus 2005 A.D

So plats
Hierdie is maar net ‘n rympie om te sê
eenvoudig en plats, as
my laaste asem uitblaas
ek koud word
my bloed stol
is dit die einde,
dog ek sê maar net.

28 Julie 2005 A.D

O, bloed!
Waar is my bloed?
Waar is my Boere bloed?

Het hierdie Afrikaner bloed
my Boere bloed kom drink!

Waar is my Boer bloed?

21 Julie 2005 A.D

Sy huil
in stilte eenkant
kromgetrek van verdriet
bedek haar hande haar gesig
trane op die grond wat van haar afgiet

Onse eie natuurmoeder
sy huil.

20 Julie 2005 A.D

Oppie grond
Bloed plasse,
oral rond oppie grond,
vormloos,
kolle oral.
Vinger merke rooi teen’ie muur.
gespat.
Innie bloed
– Dood vul’ie vertrek –
lê sy oppie grond, uit gestrek

6 Julie 2005 A.D

13 14 22
As jy God se gruwel verstaan,
vlug die berge in.
As jy rond sit,
moet nie jou huis ingaan.
Sou jy jou lande omploeg,
los jou jas op die kapstok.
Swanger vroue sal kreun,
kindertjies sal ween.
Ag, net nie in die winter!
´n Nimmer eindigende verdrukking
soos geen tyd in God se wêreld.
Terwille van Sy skape,
die tyd beperk.
“Is dit nie Christus nie?”
“Ek glo nie!”
Valse siele mislei uitverkorenes.
“Wees versigtig, Ek waarsku julle!”

26 Oktober 2004 A.D

My geliefde
Soos ´n klavier ´n deuntjie tokkel
ritmes ritmies, heen-en-weer gestuur
soos vlamme lug piets en klets,
so onvergeetlik lief het ek jou,
so vir ewig.
In die nag jou bors op-en-af beweeg,
jy elke teug uit die lug opneem
en deel van jou lieflike bestaan maak,
so lief het ek jou.
so onvergeetlik lief sal ek jou hê.
soos die wind suis en takke buig,
saggies jou hare optel en weer laat val
oor jou pragtige skouers, waarop die son skyn.
my liefde vir jou is ewig, vir altyd.
Ek het jou so lief, so waar as die son
in die ooste opstaan.
Sowaar die maan die randte verlig in die nag,
so vir ewig lief het ek jou,
my geliefde

15 Julie 2004 A.D.

Alleen
vaal klip vlakte
karoo klip kalk
namakwaland in die see in
mis wolk bank suutjies reen

tolbostol die stof pad aan
dwarrel wind wegkruipertjie speel
kameeldoringboom alleen verwees
in my kalk land wereld staan

koppies hier daar opkom
misvorm my klip kalk land
swem in ´n skyn dyning
soos op my verweg see

al´s kaal verlaat
net ´n troppie skaap
ver weg huis alleen
op my voorstoep ween

alleen

18 Mei 2004 A.D.

Mens word
Liggaamloos, gewigloos, vormloos
het ek geswerf.
Soos rondloper hond
van werf tot werf.
Die een horison het voor my oopgevou
en vorige een het toegevou.
Die swart gewelf het my hier ingesluk
en doer in die vreemde uitgedruk.

Ek was nie mens.

Om my uitgeteerde gees
groei daar werelde se vlees.
ek kry liggaam.
ek kry gewig.
ek kry vorm.
Tussen barsende bomme,
tussen bulderende oorlogs tromme,
Onder gillende missiele,
onder oorlogstuig se wiele,
is ek n agtergelate wees.

Ek is nou mens.

12 September 2003 A.D.

Lees hier!
Waarskuwing!
selfmoord bommers is oppad.

Gevaar!
miljoene landmyne op u pad.

Aandag!
mense slagting bring roem.

Neem kennis!
laat ´n HIV toets doen.

Stop!
kern bom in toetsing.

Let wel!
die mens is besig met verwoesting.

27 September 2003 A.D.

Indeks van digters

(Stuur jou gedigte na bydraes by roekeloos.co.za) Digters is ook welkom om een foto te stuur vir publisering.




Gee jou mening







Gereeld gelees

11 Julie 2010
Gedigte
Verklarende Afrikaanse Woordeboek
Die Verklarende Afrikaanse Woordeboek (waarvan die eerste uitgawe reeds 70 jaar gelede verskyn het) is die handwoordeboek waarin die grootste versameling trefwoorde in Afrikaans verklaar word.
08 November 2012
Gedigte
Kort grappe
Jou ma is so kort, mens ...
27 November 2010
Gedigte
Die mooiste Afrikaanse liefdesgedigte
Die vierde, uitgebreide uitgawe van Die Mooiste Afrikaanse Liefdesgedigte is nou chronologies georden, sodat lesers kan sien hoe die Afrikaanse liefdesgedig oor die afgelope eeu ontwikkel het.
07 Januarie 2009
Gedigte
Gedigte van Anell de Beer
Wat 'n groot voorreg om deel te kan wees, en immers ek is bevrees. Ons is almal oud genoeg, om in die more te wroeg.
24 Mei 2012
Gedigte
Kort grappies
Wat is die verskil tussen ’n voël en 'n vlieg?

Onlangse kommentaar

Janet
2019-01-18 17:21:05
wat beteken kleingeestig...
H L Wehr
2019-01-17 22:25:02
Definisie en betekenis die verskil...
Robert
2019-01-10 18:20:15
Kan Annarine Erasmus my groot asb kontak deur my te epos na robert.conradie91@gmail.com Dis in verb...

Advertensie

Hou jy van ons hulpbronne? Oorweeg asseblief 'n donasie in Bitcoin: 179nZqSyFmYPcvu4ZU733PgXBKUYXcy9DD