Kieslys

Close


*/

15 Februarie
2002
Gedigte
1630 keer gelees
(*slegs web-weergawe)

Gedigte van Eddie Hoffman

Indeks van digters

Stuur jou gedigte na bydraes by roekeloos.co.za Digters is ook welkom om een foto te stuur vir publisering.

 

Die Saambou Gebrou

Ek staan hier in ´n lang, lang tou,
Voor die Saambou Bank gebou.
Hier voor my ´n omgekragte ou,
En agter ´n ou Tannie, so byna byna flou.

Die ou (voor my) sê, “wat ´n groot gebrou,
Net toe my geld opraak.
Toe moet die blêddie bank vou.
Wat moet ek nou doen, vra ek jou?”.

Ek wou nog praat toe sê hy;
Vir die man voor in die ry.
“Dink jy darem ons sal nog,
Ons geld uit die plek uitkry?”

“Ek ding” sê die ou voor hom,
“Ou Trevor sal iets doen.
Dit is mos nou net die tyd,
Om dinge te versoen.”

Ek sien ´n ander ou, wat knyp so wat hy kan.
Hy raak toe sommer knorrig, Koekemoer was sy van.
Maar meteens begin hy glimlag, hy lyk to alte bly;
Tussen al die geboue, ´n piepie plek gekry.

Die out Tannie instussen, papsop nat gesweet,
Sy sê toe skielik, “Demmit ek moes dit tog mos weet …
Ek het vanoggend in my haas,
My bankkaart tuis vergeet”.

Gelukkig, by die huis, veilig in ´n kluis.
Is daar ´n paar Rand gebêre net “incase”.
Ek kan my sterre dank.
Hier waar ek staan voor die Staantou Bank.

(15 Februarie 2002)

 

Indeks van digters

Stuur jou gedigte na bydraes by roekeloos.co.za Digters is ook welkom om een foto te stuur vir publisering.




Gee jou mening







Gereeld gelees

11 Julie 2010
Gedigte
Verklarende Afrikaanse Woordeboek
Die Verklarende Afrikaanse Woordeboek (waarvan die eerste uitgawe reeds 70 jaar gelede verskyn het) is die handwoordeboek waarin die grootste versameling trefwoorde in Afrikaans verklaar word.
08 November 2012
Gedigte
Kort grappe
Jou ma is so kort, mens ...
27 November 2010
Gedigte
Die mooiste Afrikaanse liefdesgedigte
Die vierde, uitgebreide uitgawe van Die Mooiste Afrikaanse Liefdesgedigte is nou chronologies georden, sodat lesers kan sien hoe die Afrikaanse liefdesgedig oor die afgelope eeu ontwikkel het.
07 Januarie 2009
Gedigte
Gedigte van Anell de Beer
Wat 'n groot voorreg om deel te kan wees, en immers ek is bevrees. Ons is almal oud genoeg, om in die more te wroeg.
24 Mei 2012
Gedigte
Kort grappies
Wat is die verskil tussen ’n voël en 'n vlieg?

Onlangse kommentaar

Janet
2019-01-18 17:21:05
wat beteken kleingeestig...
H L Wehr
2019-01-17 22:25:02
Definisie en betekenis die verskil...
Robert
2019-01-10 18:20:15
Kan Annarine Erasmus my groot asb kontak deur my te epos na robert.conradie91@gmail.com Dis in verb...

Advertensie

Hou jy van ons hulpbronne? Oorweeg asseblief 'n donasie in Bitcoin: 179nZqSyFmYPcvu4ZU733PgXBKUYXcy9DD