// jy lees ...

Gedigte

Gedigte van Enidlareg

hartritme

… reeds is die ritme van ons harte een … gesinkroniseerd.

ons gedagtes harmoniuese akkoorde,
praat ons dieselfde woorde …

liefdesvloek

‘n doolhoof van gedagtes sleur my mee,
in ‘n stroom van trane en seer …
onsekerheid kolf teen die kante en verwoes my hartswande …
soekend na skuiling in n donker hoek,
beskerm ek myself nou weer teen die liefdesvloek.

my wit daizy

die perfekte wit daizy het uit my hare gewaai …
op die wind aanhou dwarrel en draai …
spierwit teen die blou hemelruim …
het dit aanhou vlieg sonder versuim …
later kon ek dit nie meer sien …
dis asof ek die blommetjie nie verdien … iewers le dit nou …

dor en uitgedroog amper nes my hart,

nerens om aan vas te klou
en helemal rou …

Klank van pyn

Soos ‘n glas wat breek,
knal en skreeu die pyn deur my,
skerwe wat spat en dr0me wat inmekaar dui …

Soos die brandmerk op n dier se lyf,
smeul die gedagtes wat ek nie kan verdryf …

Ek’t alweer ‘n fout gemaak,
het jou aan my hart laat raak …

Soos n dowwe pyn knaag die stilte n0u,
net n0g n diep hou!

Dans van seer

Seer het weer uittartend voor my gedans,
vir my gelag en gesê, jy’t geen kans …
Niks is so eenvoudig soos wat dit lyk,
jy dink dis noord maar dis suid …
Jou liefde vir haar,
maak my oorbodig en net daar …

Elke minuut se seer

Vandag het my kante inmekaar gestort
Toe ek uit my droom wakker word

Jy het my aan my kraag geruk
asof jy my keel toe druk

Onsekerte het jou verorber
Jy wat lig was nou so donker

Sjoe elke uur is so lank
Want elke minuut is so seer
Stukkend en rou is my hartswand
Dis seer wat net teer en teer

Ek moes jou leer ken
Om jou hart te wen
Sodat jy kan weet
Jy die verkere vrou beet

Kans op geluk

Soos bloed druis deur ons are
Onverstoord, beslis en ervare
So sal ons liefde vir mekaar deur die aarde bruis
Energieë soekend, soos ‘n kragstroom deur die liefdespaaie kruis …

En dan wanneer dit ontmoet,
Met ‘n ontploffing mekaar groet
Sal die die aarde ruk,
Ja, ons een kans op geluk

ongetiteld

Sag, vertroostend omhels ‘n traan die hartseer kurwes van my wang.
Is almal dan net leeg, gevoelloos en hul gedagtes so wrang?

Die seer van die liefde

Vanoggend het seer my wakker gemaak,
dit het heelnag by my bed gewaak.
Dit is soos om te versmoor,
en met elke asemteug jou lewe te verloor.
Vir lank sal dit nog bly,
styf aan my sy.
Verdoem met pyn,
nooit kan dit einde kry.

Winter in my hart

Dis op die oomblik winter in my hart,
als vaal en na aan swart.
Trane soos drizzel reën,
wo0rde nes weerligstrale so gemeen.
Verlangend smag ek na son strale, reg vir n mooier seisoen met oranje blare

leeg

Leeg …
Is beloftes en woorde,
hol klanke uit alle oorde.
Leeg …
Is mense se oë,
vegtend met hul eie lewe vooroorgeboë!
Leeg …
Klink iemand se gelag,
amper skril en laf …

Alles en almal is so leeg …

liefdeswaan

soms wanneer mens dit die minste verwag,
staan liefde in jou gesig en lag

soms wanneer jy op die hoogste wolkie sweef, kerf die klug nog n diep gleef

soms twyfel ek of opregtheid bestaan, al weer verdwaal in my liefdeswaan

Net vir jou my liefste

Jou gedagtes klink verward
Soos blare kolkend in die wind
Soekend na die realiteit in jou hart
Weet asb. daar is iets wat ons bind
Beloftes klink soms leeg en swart
En die vraag bly staan
Sal ons saam geluk kan vind?

Ons moet die weg oopbaan
Ek en jy saam
Moet die liefdesband smee
Elke keer voor ons uitmekaar gaan
Moet ons albei onvoorwaardelik alles gee

Onskuld gaan soms klink soos verraad
Dit is die duiwel, maar net hy vind daarby baat

Hou op met wonder
Diep in my hart en in my siel in besonder
Groei die saad van liefde
Net vir jou
my liefste

Twyfel

(geskryf vir Leo)

Met haar oop hand
Uitgestrek

Ruik sy huiwerig uit na jou

Iewers moet sy die lyn trek
En einde maak aan haar smart

Op hou om aan die ou dinge te klou

Malend en kolkend
Haar lewe in dryfsand

Reg om in een te vou

Treetjie vir treetjie
En op haar eie trant

Stap sy nader

Al op die nou, nou rand
En sy bid, o Liewe Vader

Wys my na watter kant …

Indeks van digters

Related posts:

  1. Gedigte van Raoul Bester
  2. Gedigte van Aletta Bothma
  3. Gedigte van Barbara Robertse-Pelser
  4. Gedigte van Aneske Goosen
  5. Gedigte van Annarine Heyns

Bespreking

Kommentaar word nie toegelaat by hierdie bydrae nie.

  1. Hi,

    Mal oor jou gedigte. Dit spreek tot my hart omdat ek nou deur die selfde dinge gaan. Dankie!

    Geskryf deur Christal McFarlin | 7 Maart 2009, 18:11
    • dankie dat jy dit gelees het en verstaan. . . jammer dat jy seer het. . .sterkte

      Geskryf deur enidlareg | 27 April 2009, 19:14
  2. i read all of your stuff and i smile and laugh and sigh and cry all in one.

    dis die pragtigste hier – u keep it real.

    don’t stop.

    Geskryf deur permanent confusion | 2 September 2009, 14:14
  3. perhaps we should chat.

    Geskryf deur permanent confusion | 7 September 2009, 14:57
  4. Geskryf deur permanent confusion | 16 September 2009, 08:24
  5. Ek kyk oor en oor na jou gedigte. Liefesvloek.dis hoe ek vanaand voel. Jy skryf dit so goed,wat ek myself nie in woorde kan omsit nie,mar ervaar. Hou so aan vriendin.

    Sarah girl, just also need to tell you, i know exactly how you feel.more than you know..and i also know that this guy does n ot deserve your tears nor your permanent confusion. Letting go,always the hardest, but its a step forward.!if you dont mind,can i mail you too?

    Geskryf deur Lost girl | 27 September 2009, 22:35
  6. Dit is great om met die alfabet te kan skilder, jou gedigte vertel ‘n storie. As ek so na hulle kyk sien ek ‘n legkaart wat besig is om the ontvou…

    Geskryf deur Marcopolo | 31 Maart 2010, 09:01