Gedigte van Ettiene Breytenbach

Indeks van digters

Stuur jou gedigte na bydraes [by] roekeloos.co.za Digters is ook welkom om een foto te stuur vir publisering.

 

daar is einde niet

eensaam en sonder einde
soos ‘n koue teerpad
nog dof in die eerste lig
is soekende siele geknoop
in ‘n stoeigeveg met dié eie
vir glorie en herkenning

diepe klowe word geslag
deur die liefdes kamers
van binnestes naby en vêr
totdat huilende bloed drup,
en drup
op ‘n koue teerpad
eensaam sonder einde

droë trane roep skreiend
na pas gebore aanraking
van net gee en gee
sonder vereiste,
die alewig groeiende vereiste
wat die die donkerste donker put
voed met malende krankheid
op ‘n koue teerpad
eensaam sonder einde

sak die vraende hande
open die leë gevulde harte
vir ‘n ope visioen van goedheid
sonder ‘n koue teerpad
sonder ‘n eie eensaam

 

mementomori

my trane is hard
my lag is sag
agter in ‘n diep sloot
van my hart se draai
gee my aarde
gee my liefde

die stof op my oë
die roet in my are
van mense wat weg kyk
van mense wat verby ry
gee my aarde
gee my liefde

daar is sout in my spore
daar is geen naamborde
op paaie verlore
‘n miete is vrede sonder oorlog
net soos onbestemde paaie,
met naamborde

gee my aarde
gee my liefde

vir my natste trane
vir my diepste lag
op almal se aarde
uit almal se liefde

 

Indeks van digters

Stuur jou gedigte na bydraes [by] roekeloos.co.za Digters is ook welkom om een foto te stuur vir publisering.

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar