Kieslys

Close


*/

24 Maart
2015
Gedigte
2417 keer gelees
(*slegs web-weergawe)

Gedigte van Gerhard Beukes

Indeks van digters

Stuur jou gedigte na bydraes by roekeloos.co.za Digters is ook welkom om een foto te stuur vir publisering.

 

Obsessie

Huiwerend met ’n wanbegrip van tyd
Botsing van woorde wat jy nou moet pleit
Jy bly in jou lugkasteel van laslappies, seerkry en weggooi
Van paaie loop tussen wit gange van verlate
En uitgesoekte hartseer

My gevoelens ongevoelig-meedoënloos-ongenadig
Uitgeloop, gevloei soos riviere uit jou deur
Wangedrag van jou rooiwyn depressie
Wat het van ons geword?
Of bly jy maar net ’n obsessie?

Nou bly jy weg van my
Ver weg van my
En ek wag nog vir ons oomblik
“Until we meet again”

Nou vermy jy mense in wit baadjies
Jy sit aldag en praat met jou deurskynende maatjies
Jou arms al orals vol gaatjies
En nou soek jy comfort op die hoeke van sy praatjies

Tyd se paaie is krom en skeef
Jou messed-up wêreld waarin ek leef
’n Half aangeplakte lag, kaviaar en bliksem-weer
Jy’s ’n all-in-one lucky packet en nog meer

Kom gooi jou pennies in my wishing-well
En bid vir ons in die gebreekte magic spell
Nou is dit nog net jou oë wat lag
Want jou trane is klip maar, jou hart is sag

En jy bly my vermy
Ver weg van my
En ek droom nog van ons oomblik
“Until we meet again”

Nou vermy jy mense in wit baadjies
Jy sit aldag en praat met jou deurskynende maatjies
Jou arms al orals vol gaatjies
En nou soek jy comfort op die hoeke van sy praatjies
Als ’n gejaag na praatjies
Net praatjies.

Gerhard Beukes

Gerhard Beukes

 

Indeks van digters

Stuur jou gedigte na bydraes by roekeloos.co.za Digters is ook welkom om een foto te stuur vir publisering.




Gee jou mening







Gereeld gelees

11 Julie 2010
Gedigte
Verklarende Afrikaanse Woordeboek
Die Verklarende Afrikaanse Woordeboek (waarvan die eerste uitgawe reeds 70 jaar gelede verskyn het) is die handwoordeboek waarin die grootste versameling trefwoorde in Afrikaans verklaar word.
08 November 2012
Gedigte
Kort grappe
Jou ma is so kort, mens ...
27 November 2010
Gedigte
Die mooiste Afrikaanse liefdesgedigte
Die vierde, uitgebreide uitgawe van Die Mooiste Afrikaanse Liefdesgedigte is nou chronologies georden, sodat lesers kan sien hoe die Afrikaanse liefdesgedig oor die afgelope eeu ontwikkel het.
07 Januarie 2009
Gedigte
Gedigte van Anell de Beer
Wat 'n groot voorreg om deel te kan wees, en immers ek is bevrees. Ons is almal oud genoeg, om in die more te wroeg.
24 Mei 2012
Gedigte
Kort grappies
Wat is die verskil tussen ’n voël en 'n vlieg?

Onlangse kommentaar

Janet
2019-01-18 17:21:05
wat beteken kleingeestig...
H L Wehr
2019-01-17 22:25:02
Definisie en betekenis die verskil...
Robert
2019-01-10 18:20:15
Kan Annarine Erasmus my groot asb kontak deur my te epos na robert.conradie91@gmail.com Dis in verb...

Advertensie

Hou jy van ons hulpbronne? Oorweeg asseblief 'n donasie in Bitcoin: 179nZqSyFmYPcvu4ZU733PgXBKUYXcy9DD