My vriend – Du Toit
Vanwaar … vanwaar … vanwaar
Hierdie droefheid my, die gesig in staar.
Vir my vriend, in stede, vir hom te bid
Was ek tevrede om sy hand te skud
Graag sou ek hierdie hartseer, wou afskud
Om bors teen bors, jou stewig te druk
Maar die pyn in my hart is te seer
Om jou nie gedurig te wys, hoe ek jou waardeer
O my vriend, Soois Du Toit
Jou vriendskap was vir my, baie mooi
In die openbaar, jou dogters te vry
Het ek in my stilte, jou so baie, beny
Jy kan ons vooruit, uit hierdie lewe, lei
Maar verseker, gaan ek jou weer in die hande kry
Ja die vrae is baie meer as verwag
Maar nooit kan ons, ons Skepper verag
Gaan ek jou mis, of net vinnig vergeet
Aan jou vriendskap, het ek, baie gemeet
Geweeg en te lig gevind, staan daar geskryf
Maar reg langs Jesus, het jy ingeskuif
O wee, watter toestand, ons agtergelaat
Oor God en Christus, het ons, baie gepraat
In tradisie, het ons taamlik verskil
Maar altyd saamgestem, oor God se Wil
Aan jou eggenote, wat nou agterbly
Sal ek altyd van God bid, om haar met wysheid te lei
Jou dogters, almal met lang hare getooi
Vir God, julle Skepper, is julle al drie, baie mooi
Die hartseer kan nog vir lank met ons bly
Maar verseker weet ek, die ewige lewe, het jy verkry
Jou vader en moeder, se harte wat bloei
Hoef nie met God, oor jou vrede, te stoei
My vriend, my vriend, Frans Du Toit
Die herrinnering van jou, bly vir altyd mooi.
(Stuur jou gedigte na bydraes by roekeloos.co.za) Digters is ook welkom om een foto van te stuur vir publisering.
Related posts:



Bespreking
Kommentaar word nie toegelaat by hierdie bydrae nie.
Kommentaar is gesluit.