Gedigte van Izél de Bruyn

Straatkind
Trane loop oor die kleintjie se wang
en ek staar na sy klere wat in slierte hang
duisende vra maal deur my kop

Weet jy waar kry jy jou volgende ete vandaan
is daar ‘n skuiling waar jy in die winter kan heen gaan
en dan bied ek aan ‘n koppie sop

Sy oë verhelder en hy glimlag vir my
en klou dan erger as gom aan my sy
ek kan hom nie stop

Dit word donker en ek moet huiswaarts keer
en binne my is als so rou,deurmekaar en seer
ek is soos ‘n skilpad wat net wil wegkruip in my dop

Hoekom soveel hartseer,soveel pyn
waaneer maak iemand oop,die donker gordyn
en kom die son vir die kind op?

Indeks van digters

(Stuur jou gedigte na bydraes by roekeloos.co.za) Digters is ook welkom om een foto te stuur vir publisering.

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar