// jy lees ...

Gedigte

Gedigte van Jana Fourie

Trane reën

Dis suppose om maklik te wees
Steek my hand uit,
om aan jou te raak,
Niks is soos dit lyk nie,
Om aan jou te vat,
is nie die enigste manier om te voel nie.

Wanneer dit reën,
huil die engele saam met my?
Jou naam…
trane…
Groei daar iets goeds uit pyn?
trane, reën …
Its all the same
Meskien gee die hartseer;
waarheid aan ons eens geluk.

Steek my arms uit,
Kyk na bo
Wanneer dit reën,
Huil die engele saam my my …

Verlore siel

Hoekom is dit,
dat ek jou nie kan vergeet nie,
jy bly in my
gedagtes,
drome,
hele menswees
En vir altyd my verlange

Hoekom is dit;
so moeilik om net te vergeet

Ek mis jou…
My siel soek joune … naby

ongetiteld

Kan ek net wakker word
Asseblief
Uit hierdie ewige nagmerrie
Ewige stryd van onsekerheid
Die wipplank van emosies
Waar het dit begin?
Gaan dit ooit eindig?
Kan jy net vir my se
Wat jy van my wil he
Liewe Vader gee my net die krag
Om om te draai,
Weg te stap,
Om my te beskerm
Van die donker oneindige gat
Waar ek val en val,
Maar nooit tot die dood toe nie

As ek geweet het … (2010)

As ek geweet het,
dat dit ons laaste keer sou wees,
Het ek jou stywer vasgehou,
langer gesoen,
Ek sou langer wakker bly,
net om jou te kon sien slaap
en sommer net,
jou hele mens-wees in-asem

As ek kon,
sou ek elke oomblik wou vasvang.
As ek geweet het,
na n jaar,
sou ek ek dit so mis.

Min het ek gedink,
dit sou so moeilik wees
dat wanneer ek wou,
om ons saamwees te kan onthou

Ek het n droom gehad … 2009

… dat ons happy sal wees
Ek en jy
Ons happily ever after

Vir altyd
Ek en jy
my droomman

Dat ons liefde
altyd sal bly
Ons belofte aan mekaar
Forever

Hoe kan iets
so perfek,
net eindig
Ons wat vir altyd sou wees …

verlange 2009

ek verlang na jou,
soos gister en eergister
en miskien ‘n leeftyd terug,
ek verlang na jou oë en hande.
na die manier waarop jy na my kyk.
ek verlang na jou liggaam,
na die manier waarop jy ruik
ek wil by jou wees, altyd …
daar is nie rasionaliteit
daar is geen rede

Jou hart

Jou winter-hart
Gee my net smart
Met jou wonderwoorde;
speel ek honderde akoorde
Ek het my vergryp aan jou
waar is ek nou?
as ek so bly vasklou …

Slaap 1998

Ek lê my neer om te slaap
Nog n dag is verby
Met niks gewun en niks verloor
Net soos elke ander een
Ek staan voor die spieël
en die trane begin te rol
Wat het ek gedoen
dat ek die geluklose dop geword het
My hare ongekam
My wange hang
My lippe is n lewelose frons
My oë swart van moegheid
Maar nogsteeds wil ek nie slaap nie
Om asem te haal is my rustelose slaap
Tot nog n dag aanbreek
Ek kan nie meer nie
Ek krul op in my bed
Ek sou n einde aan my lewe bring
As ek nie alreeds dood was nie

Alleen 1999

Ek wonder of jy sal verstaan as ek vir jou sê
Ek kruip weg binne myself,

Privaat en veilig

Ek wonder of jy sal verstaan hoeveel geraas daar is
Dit is orals,

Dit penetreer so diep

Dit veroorsaak pyn

Ek wonder of jy sal verstaan dat my stilte nie teenoor jou is nie.
Dit is tralies wat my omsluit.

Dit los my stil

Sonder woorde

Uitgesluit, sonder n sleutel

Ek wonder of jy kan verstaan, die donker, donkerder as nag, swarter as die dood, wat ek hier binny my hou.

In stilte

Privaat

Ek wonder

Donker 1999

In hierdie lee kamer sal ek sit
Nie weetend waar om te gaan nie
As enige iemand weet,
wys hul my nie
Ek kyk al wat ek kan sien is donker,
donker rondom my
donker oorweldegind
donker wat my omring
Ek staan op en ryk uit
opsoek na n helpende hand
daar is niemand nie
niemand wat verstaan nie
so in hierdie donker kamer moet ek maar bly
wagtend na iemand wat my kan help
Dit is wat ek hoop
Dit is wat ek bid

Die droom wat was (2009)

Die trane gan nie weg nie.
En die leegheid nogsteeds nie gevul nie.
N verlange na dit wat ons is….
ek meen was,
dryf my na skryf.
Nogsteeds is jy my droomman…
en my engel.
Al wat oorbly,
is n indirekte boodskap,
en n hart wat smag na noudiedag se geluk.
Ongekompliseerd …
in n sin dat als het so maklik geklink.
Die fantasie van virewig saam wees.
Meskien was ek net naief,
naief om te glo,te droom.
En meskien oor ek nogal die tyd bly hoop.

Liefde vir ewig

Pappa, dankie vir u genade elke dag,
en die ability om te kan lag,
seën my voete waar ek loop,
en gee my krag om altyd te bly hoop.

Dankie vader vir elke dag,
en ook sommer elke nag,
vandag kan ek uitsien na more,
want u vul my hart met drome.

U gee my krag,
om altyd die beste te verwag,
u wys my genade,
ten spyte al my verkeerde dade.

Jesus, God, my hemelse Vader
ek het u lief

ongetiteld

Vandag is die laaste dag …
wat ek aan jou woorde kan klou,
die memories van jou,
wat ek ons droom mag onthou..
wat ek jou mag mis,
jou lippe,
jou hand in myne,
jou stem,
jou lag,

Ek wens ek kon jou verduidelik;
dat môre,
is die gedagte wat JY is …
VERBODE

My hart

Ek wens jy kon sien,
Of ek jou vertel
Alles wat vir my gebeur

Ek wil hê jy moet weet
Ek mis jou, en jou lag
En elke nou dan,
huil ek weer

Ek wou jou nie laat gaan nie,
Ek sal dit seker nooit kan verstaan nie
Ek dink terug aan ons verlede;
alles is anders nou!

Wens ek kon my hart aan jou verduidelik,
want ék …
is op ‘n ander plek.

Die Somersgedig

Die voëltjies wat sing
Die vreugde wat jy bring
Die vrolike dag
Met n korte nag

Die son wat so pragtig skyn
En eers later sal verdwyn
Die blou blou lug
Dis alles behalwe n klug

ongetiteld

My lewe as n kind, so vinnig verslind, min het ek besef, dat die
realiteit my vandag sal tref. min is die lewe,na dit wat ek nog
altyd strewe, as kind uitgesien na grootmens prag, vir dit sal ek
seker altyd wag. wens ek kon n kind bly, al my verandwoordelikhede
vermy. wie sou kon raai, dat dié kind so sou uit draai, die onskuld
verlore, grootmens gebore.

Beautiful mens

soos die kosmosse
langs die pad,
in ‘n droë veld

soos die sonstraal
deur die wolke
in ‘n donderstorm

soos die sterre,
en die volmaan,
in die nag

soos die son,
by die horison,
op die einde van ‘n dag

So is jy,
beautiful mens

ongetiteld

ek skryf n lovesong vir jou
maar my chords hak vas;
op n D-Minor.
wat maak dat jy jou polse wil kou

Bly asseblief naby my
dis wat ek jou wil vra,
Jy was nog heeltyd geduldig;
terwyl ek nutteloos ly

Ek maak weer reg;
dit wat gebreuk is
My siel wat verkrag was
Besig om stukkies weer te heg

Een van die dae,
sing ek my song vir jou
Van ons happy ever after
waar jy my hand vra.

ongetiteld

Jy wat my die pad gewys het
die pad na ware geluk.
Jy wat my kom bevry het,
van dit wat my verlede is.
Jy wys my ware liefde,
sonder lee woorde.
sonder pretensies.
Jy leer my vertroue,
en leer my om te glo,
in dit wat werklik is.
So groei ons,
elke dag nader aan mekaar.
Jy wat my blydskap gee,
Onvoorwaardelike liefde,
Wonderlike man van my,
die lig in my lewe.

My nuwe kitty

Da sit ‘n kat voor ons nuwe kantoor
Een wat al die muise moor
Die oulikse gemmer kitty
Ons doop hom toe sommer ou Tieggy

Ek gee elke dag vir hom kos
Hy is tog so bang dat ons hom alleen los
Maar more kom ek weer
En gee vir hom kossies, ‘n tweede keer

Die beloop van ‘n dag

My wekker gaan af,
Die hond begint blaf,
Ek klim uit my bed,
Van die dag kan niemand my red.

Ek klim in my kar
Ek is nog so bietjie verwar
My wiele aan die rol
Vir nog ‘n dag so dol.

Sluit oop die kantoor,
Vandag gaan ek iemand vermoor
Maak vir my koffie
Eet sommer n toffie (lol)

Probeer myself te vermaak
Deur n gedig op te maak
Eintlik moet ek werk
Voel vandag tog so sterk

Die wintersgedig

Die voëltjies wat ophou sing
Die koue wat jy bring
Die langer donker nag
Die korter koue dag

Die son wat skyn
Die Blomme wat verdwyn
Die blou blou lug
Dis alles net ‘n fokken klug

Indeks van digters

(Stuur jou gedigte na bydraes by roekeloos.co.za)

Related posts:

  1. Prinses Jana en die Brullebak

Bespreking

Kommentaar word nie toegelaat by hierdie bydrae nie.

  1. Wonderlik donker!

    Love it!

    Geskryf deur Swart Luiperd | 25 Junie 2009, 12:07
    • Baie dankie vir die komentaar – My intensie was nie donker nie though.

      Geskryf deur Jana Fourie | 29 Junie 2009, 08:32
  2. …niks verdien niks kommentaar.

    Geskryf deur die tontel | 1 Julie 2009, 19:26
  3. Grote galeie.

    Geskryf deur Annora Eksteen | 1 Augustus 2009, 11:55
  4. don’t quit your day job – mens bou nie kuns om ander se leiding….

    Geskryf deur die tontel | 3 Augustus 2009, 10:02
  5. Tontel, jy weet nie waarvan jy praat nie, love haar gedigte! Kom heelwaarskynlik van baie seer af. Maar tog met hoop.

    Geskryf deur Verlore kind | 6 Augustus 2009, 22:28
  6. Grote galeie: kom die uitdrukking nie uit die Kuifie boeke nie?

    Geskryf deur Annora Eksteen | 14 September 2009, 21:19
  7. Stunning

    Geskryf deur Nadine | 12 April 2010, 07:11
  8. Goeie werk!

    Geskryf deur WitEngel | 12 April 2010, 07:13
  9. Soveel betekenis, wow

    Geskryf deur Verlore Kind | 13 April 2010, 13:51
  10. excellent!!!!

    ek is sonder woorde.

    Geskryf deur die tontel | 15 April 2010, 10:03
  11. Dankie julle, julle is great!!

    Geskryf deur Jana Fourie | 15 April 2010, 13:41
  12. vir wie is ‘Jou Hart’ geskryf?

    Geskryf deur die tontel | 26 April 2010, 20:54
  13. gits, hoe verduidelik mens jou hart aan n vreemdeling? Dis nie noodwendig vir een persoon nie.

    Geskryf deur jana | 29 April 2010, 11:13
  14. bog – hy hoop dis vir hom geskryf, heimlik, al kan hy niks daaraan doen nie, al voel dit of julle werelde uitmekaar is, hoop hy dit, wens hy dit, wens hy julle kon iewers oor of voor begin, met ander omstandighede.

    Geskryf deur die tontel | 1 Mei 2010, 14:29
  15. Ek is seker secretly, wens sy ook so…

    Geskryf deur Iris | 3 Mei 2010, 15:38
  16. “my hart” is vir hom geskryf…

    Geskryf deur Jana | 3 Mei 2010, 15:51
  17. Soveel betekenis, wow

    Geskryf deur Marylou Spencer | 24 Desember 2010, 08:46
  18. Jana, dis b’tiful… Spreek reg tot my hart!

    Geskryf deur Jeanne | 17 Junie 2011, 12:07
  19. Jy skryf pragtig jyt nie dalk ‘n mooi dq se gedig ni. Om vir iemand dq te se vir teenwoordigheid by ‘n kombuistee. Groot asb. Kt dit baie dringend nodig. Dq baie. Geniet jou week.

    Geskryf deur Rita | 20 Junie 2011, 15:27