Kieslys

Close


*/

11 Januarie
2010
Gedigte
2547 keer gelees
(*slegs web-weergawe)

Gedigte van Jasmine

To write love on her arms

Vir Sherilene

Jy het vanaand helderder as ooit geskyn
Vandag 8 jaar terug, het jou ster verskiet …
Jyt geknipoog
en ‘n druppel het op my wang geval …
Die foto’s van ons kinderdae spook by my
en ek onthou jou …
in ‘n netbalrompie met poniestert
en ‘n bree glimlag … jou glimlag …
Gedagte van jou vaag,
terwyl ek aan my sigaret teug
en my verbeel
dat dit die rook is wat my oë laat traan.

Piekniek onder die maan …

Alles hier laat my aan
ons
onverskullige
studentedae
dink …

die dae toe ek nog
(met jou)
geflirt het,
jy my dan onskuldig
opchat
en ons ‘n pitstop by die rivier maak
voordat ek jou by die koshuis aflaai …
daai dae was lekker,
maar deesdae
veel beter !

“‘n ewigheid saam met jou sal te kort wees…”

Writers block

Middernagtelike ure lê ek
stip
na die dak en staar,
probeer ek woorde bedaar,
terwyl my gedagtes by jou baljaar,
ek bid
jy my hart bewaar
en God jou,
vir my
in die holte van Sy hand hou …

jy het jou oë vlugtig oor my
klaagliedere laat val,
weet jy dan nie dat my hart
vir jou
bloei nie?
maar hoe verwoord mens pyn,
hoe beskryf mens omgee,
hoe pen ek my gevoelens neer,

dis bitter
moeilik om iets te voel

my hart te pers
en op te hang sodat
die wind
my siel
skoonwaai …

Sielerus

Ek hoop jou oseaan is kalm
Ek hoop in die aande slaap jy warm
Mag liefde vir jou beskore wees
Mag jou hart eendag, uiteindelik van pyn (my) genees …

– Jasmine
Vir Java bra …
Waarokal
jy swerf,
travel my hart
in jou gatsak saam …

geen wonder
die

drup

van my trane weergalm
in die leegtes van my liggaam nie

Ek voel half omdat
my hart (jy) so ver is …

– Jasmine
Vir Francois
My oë traan
vir al ons
skreeusnaakse eskapades
ons alkahol en water
kaskanades
al ons
heartbroken,
softspoken,
soul balades …

die laid back aande,
en road trips

terwyl jy nog met my praat,
ek aan die slaap raak …

elke keer se saamwees
wat ons vriendskap vervolmaak!

Sorgelose somer

Tydens somer dae wonder ek hoekom
geskrewe skrif
so moeilik
verwoord
aan die lied in my hart …
in wintermaande
ontwyk liedere my.

Indeks van digters

(Stuur jou gedigte na bydraes by roekeloos.co.za) Digters is ook welkom om een foto te stuur vir publisering.




Gee jou mening







Gereeld gelees

11 Julie 2010
Gedigte
Verklarende Afrikaanse Woordeboek
Die Verklarende Afrikaanse Woordeboek (waarvan die eerste uitgawe reeds 70 jaar gelede verskyn het) is die handwoordeboek waarin die grootste versameling trefwoorde in Afrikaans verklaar word.
08 November 2012
Gedigte
Kort grappe
Jou ma is so kort, mens ...
27 November 2010
Gedigte
Die mooiste Afrikaanse liefdesgedigte
Die vierde, uitgebreide uitgawe van Die Mooiste Afrikaanse Liefdesgedigte is nou chronologies georden, sodat lesers kan sien hoe die Afrikaanse liefdesgedig oor die afgelope eeu ontwikkel het.
07 Januarie 2009
Gedigte
Gedigte van Anell de Beer
Wat 'n groot voorreg om deel te kan wees, en immers ek is bevrees. Ons is almal oud genoeg, om in die more te wroeg.
24 Mei 2012
Gedigte
Kort grappies
Wat is die verskil tussen ’n voël en 'n vlieg?

Onlangse kommentaar

Janet
2019-01-18 17:21:05
wat beteken kleingeestig...
H L Wehr
2019-01-17 22:25:02
Definisie en betekenis die verskil...
Robert
2019-01-10 18:20:15
Kan Annarine Erasmus my groot asb kontak deur my te epos na robert.conradie91@gmail.com Dis in verb...

Advertensie

Hou jy van ons hulpbronne? Oorweeg asseblief 'n donasie in Bitcoin: 179nZqSyFmYPcvu4ZU733PgXBKUYXcy9DD