StaarMaan
Staar, staar ek na die maan so stil en vol wit
Vierkantig rond deur die gesmelte sand van my drie maal hoë vensterbank
Staar, staar nes ek wil,
nooit sal ek jou vind
Want vir ‘n lang tyd bly jy net in die wind
Terwyl die film speel op die toekoms glas,
Sal die elektriese wind op my waai en
Staar, staar na jou so trots in die duister en fraai
Stuur jou gedigte na bydraes by roekeloos.co.za



Bespreking
Kommentaar word nie toegelaat by hierdie bydrae nie.
Kommentaar is gesluit.