Gedigte van Mary Oosthuizen

My hart se tuin

My hart se tuin het ek self gebou
Deur die jare, het als met tyd ontvou.
Ek stap daardeur en ek onthou
Party plekke moet ek stilstaan, het berou.

Alle blomme, plante wat daar groei
Party selfs deel van my geknoei
En langs n rots le adder en broei
Help my Heer, ek moet dit nou uitroei.

Die eike boom staan hoog en mooi,
Met blare prag so sag getooi.
Wats aan jou stam, merke lelik rof uitgekerf.
Dit was julle woorde en jul hande werk!!!!
Deur al die jare het julle met my so gewerk
Ek vat n blaar wil skaar bedek,
Blaar waai weg, dit sit soos skandevlek.
Vergewe 0 Heer, ek weet dit was ek!

Blou doring distel wat staan jy daar,
Tussen al my blomme het ek jou nooit gewaar.
Jy het my self tussen blomme gehou
Onthou die dag,lelik woorde,haat in jou hart het my laat ontvou.
oggende tussen blomme gewag op die dou
Kwaad stook het my laat leef,net Gods liefde kon my knou.

Mat graaf in my hande wil ek reg maak en pluk
Is net gebede en vergifnis wat my laag laat buk
O Here vergewe ek pluk die vrug,
Dankie Here, ek kan na U toe vlug!

Indeks van digters

(Stuur jou gedigte na bydraes by roekeloos.co.za) Digters is ook welkom om een foto te stuur vir publisering.

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar