// jy lees ...

Gedigte

Gedigte van Melt de Kock

Indeks van digters

Stuur jou gedigte na bydraes by roekeloos.co.za

Honger monster

Stukkend, die lewelose kind morsdood
Verwrong is die hulpelose vader se hart
Nog ‘n lewe se lig is uitgedoof
Die gloed van die lamp se tol is hoog
Hy waggel met bloeddorstige hongerte
Brullend, soekende na sy volgende prooi
Verskeur, verslind familie na familie
Onskuldiges sit in sy bloed kloue vas
Hoe meer dae, hoe meer bloed stol
Met walg verspei hy sy wrede pyn
Oneindig is die hartseer deur hom gebring
Waar gaan tref jou angel, O, tikmonster?

Augustus 2007

Net ‘n sekonde oor

elke sekond is daar dood
elke sekond is daar geboorte
elke sekond is daar ‘n ongeluk
elke sekond is daar nuwe liefde

lewe begin met ‘n sekond
liefde bemin in ‘n sekond
dood kom haal elke sekond
waar begin en waar eindig ‘n sekond

ons lewe nie dag vir dag meer
God het ons gemaak vir nou
God het ons geskape vir elke sekond
ja, tussen lewe en dood is net een sekond

Nov 2006

My geliefde sielsgenoot

Herfs lê op my hart se sypaadjie
My hart is in winter toegevou
My hart yskoud en dolleeg
My siel is alleen en donker

Lente begin in my hart blom
My hart is met Somer gevul
Jy vul my hart met warmte
Jy kruip diep in my siele kamer

Jy verbrokkel al my weerskant
Jy het my hart afgerokkel
My liefdes wêreld lê onderstebo
Jy is die warm sonskyn in my

Ek wil nie sonder jou wees
Jy is my alles en enigste
Sonder jou is daar nie lewe nie
Jy is die liefde van my lewe

4 Maart 2009

Ons grys huiskat

Jou modderspore loop deur die huis
Nou lê jy in die kombuis
Jou bromponie loop in hoogste rat
Jy is die mees tevrede gryskat

Voetjie vir voetjie aan die sluip
Mossie of tortel wil jy bekruip
Die oggendson streel saggies jou pels
Ek wonder wat daardie droom behels

Jy is die mooiste vaalgryskat
Loop met vier wit sokkies op die mat
Na ete lek jy jou borslappie skoon
Jy het ons met jou sagtheid beloon

Jy die vaalgrys bolletjie wol
Wil net met my veter lol
Saans slaap jy in jou basie se bed
Jy was altyd gereed vir pret

Jou kolletjie in die son is leeg
Jy het geen sonde ooit gepleeg
Mis jou sagte geskeur teen die been
Jy was vir ons ‘n kort rukkie geleen

15 April 2007

Somers kom en Somers gaan

die flikkering in jou oë is betowerend
jou sagte hand streel my wang
lippe sag en teer omhels my
my liefde vir jou is tydloos

somers kom en somers gaan
ons liefde se grense is tydloos
jou gekreukelde hand is sagte in myne
jou grys hare is wit en mooi

hand aan hand stap ons oor die strand
see se bries waai saggies oor die branders
jy is nog net so pragtig nou
as vyftig jaar gelede voor die kansel

elke jaar saam jou is dierbaar
elke maand saam jou is ‘n sprokie
elke uur saam jou is kosbaar
elke sekonde saam jou is liefdevol

18 Maart 2008

*Lizzie van Zyl

Vier vier nege twee is jou nuwe naam
Kakies het jou volk en jou naam gehaat, verag
Daar lê jy alleen, ontbloot in die wêreld se lens
Dorre murg van jou been sien ons betraande oë
Verraai, verneder, verlate, verhonger
Honger pyne deurtrek jou uitgedroogde siel
Pyne stil die smart in jou uitgeteerde gees
Elke aar en been sou ons kon voel
Wangbeen, ribbeen, heupbeen, bo been

Wie was jy, ja wie, groot vrou, sterk mens
Wie is jy tog, ‘n kind, ‘n moeder, ‘n ouma
Van jou geliefdes is jy met smart weggepluk
Vol smart, lyding en hartseer alleen gestrewe
Uitgeholde oog kaste, bleek yl hare, gedroogde perske ore
My hart brand, my siel sien jou lê, jy treur
Jou siel brand, jou hart deur Engelse verbrysel
O, wie was jy, ja wie, Lizzie van Zyl
Vier vier nege twee is jou laaste eer
Uitgelewer, uitgeroei, uitgeteer, uitgeskeur

13 Januarie 2008 *’n vrou wat in die Bloemfontein konsentrasiekamp 1901 gesterf het

Skoenlapper

(Die gedig word opgedra aan ‘n baie spesiale vrou, Maureen)

Die wêreld het jou verneder tot ‘n wurm
Jou wese het baie pyn en lyding verduur
Jy het jou self verwyt en probeer ontvlug
Jy het jou in ‘n kokon van jammerte toegespin
Maar die lente het aangebreek vir jou
Die warm son het jou kokon laat smelt
Meteens het jy verskyn, ja die nuwe jy
Getooi in rooi, geel, silver en goud
Ek staan verstom, ek staar met ‘n traan
Jy is die aller mooiste skoenlapper
Ek sal saggies vertroetel en streel
Nou is my brose hart vars en heel

7 Januarie 2008

My Lelie van die Dale

Jy is die lig op my nuwe horison
Warmte bruis vinnig deur my hart
Met blye verwagting wil ek jou koester
Elke boodskap bring my nuwe inspirasie
Elke woord bring my nuutgevonde vreugde
Sag en soet vloei jou naam oor my lippe
Jy is die skoonste Lelie van die Dale
Groen lower beskerm jou eens brose lyf
Jy is beklee met glinsterende doudruppels
Fyn, sag, teer, asemrowend, geduldig
Wit, skoon, rein, onskuldig, liefdevol
Jou blommegeur betower en bekoor my
Jou nektar is heuning op my dorre tong
Jou lippe is strelende sagte wit satyn
My woeste hart se klop het nou bedaar
Getrou sal ek jou hart ewig bewaar

11 November 2007

Stilte

die leë stilte beweeg stadig
elke sekonde neem ‘n uur om te beweeg
alles staan, alles is verstaar
die ewigheid is vasgevang in ‘n sekond
tyd is gestop vir een sekond lank
wind staan bewegingloos botstil
om die mooi te aanskou
die tortelduifies sit op ‘n tak hoog
hul liefde se gekoer is soet en mooi
selfs die sonsondergang luister
na die duifies se liefdevolle gefluister

November 2006

Liefde is tydloos

al die sterre in die hemel is soene
dit is hoeveel keer ek jou sal soen
al die sandkorrels op aarde is liefde
dit is hoeveel maal ek jou lief het
die grootheid van die heelal is te klein
want my liefde vir jou is baie meer
as die see in ‘n woestyn verander
dan eers sal my liefde vir jou wegkwyn
as die woestyne in see verander
dan eers sal my liefde vir jou verdwyn
sonder jou is my hart leeg en broos
my liefde aan jou is getrou en tydloos

22/08/2002

My boerevolk sal weer opstaan

Vervreem, verhonger, verwaarloos, verkrag
Vroue is geoffer om die boerevolk te breek
Vervreem, verhonger, verwaarloos, vermoor
Kinders is geoffer om die boerevolk te breek
Vervreem, verhonger, verwaarloos, verdor
Plase is geoffer om die boerevolk te breek

My gebreekte boerevolk sal weer opstaan
Vroue se offer gaan die boerevolk genees
Die gebreekte boerevolk sal weer groei
Kinders se offer gaan die boerevolk red
Die gebreekte volk sal weer sterk word
Plase se offer gaan die boerevolk voed

Gebreek, geknak, gebrand, geslag
Vroue, kinders, plase is vermoor, verkrag
Die wonde lê diep gegroef op my boerevolk
Twee geslagte onder die kakiemat ingevee
O, boerevolk van my, sal jy weer opstaan?
O, boerevolk van my, jy sal weer opstaan.

08/01/2007

Die ou veldskoen

Die ronde gat van jou dun sool is daar
Jy was die trots van die ou groot vakman
Eergister se gister het jy nog hard gewerk
Gister se eergister het jy op misvloere gewals
Vandag se gister het jy sokkies warm gehou
Gister se vandag was jy mooi blink gepoets
Herfsblare was ook ‘n sagte tapyt vir jou
Swart koue winters ken jou swaarkry
Droë warm somerdae het jou laat sweet
Lentebloeisels het jou met vreugde gevul
Jy is al krom gebuig deur die Karoo son
Jou blink lyf is nou vaal van die stofpad
Veldskoen, o veldskoen hoekom lê jy alleen hier?
Veldskoen, o veldskoen waarom lê jy alleen hier?

11/12/2006

Verlore liefde

Ek sit alleen en wag dat jy moet bel
My hart se seer is baie swaar
As net nog een keer met jou kan praat
My liefde vir jou sal nooit sterf
My siel en gees is by jou meisiekind
Sal ek ooit weer met jou mag gesels
Waarom is my hart so verstrengel
My are is ‘n gekoekte kraaines
Leeg, dolleeg is my hart kamers
My lewe sonder jou is woes en leeg
Stukkie vir stukkie vergaan my siel
Ek sien jou rug is op my gekeer
Liefde is het nie meer vir my enige belang
Ek sal altyd na jou stem verlang

05/12/2006

Net ‘n sekonde oor

elke sekond is daar dood
elke sekond is daar geboorte
elke sekond is daar ‘n ongeluk
elke sekond is daar nuwe liefde

lewe begin met ‘n sekond
liefde bemin in ‘n sekond
dood kom haal elke sekond
waar begin en waar eindig ‘n sekond

ons lewe nie dag vir dag meer
God het ons gemaak vir nou
God het ons geskape vir elke sekond
ja tussen lewe en dood

Pa
Jy is nie beroemd of baie vernaam
Jy is nie die miljoenêr met geldsake,
Jy is nie die ruitmevaarder in die ruimte,
Jy is nie die groot voorspeler van rugby,
Jy het met voorbeeld gewys
Jy het die Goddelike opdrag uitgevoer
Wees onvoorwaardelik lief vir jou beminde
Jy het my nie vertel hoe ek dit moet doen
Jou handel en wandel het alles gewys.
Ek wens ek kon jou terugbetaal
Sal ek jou voorbeeld kan naspoor
Ja, is ek waardig in jou voetspoor

Melt de Kock

01/12/2004

My hart se seisoene
Verdor, verlep, verdroog alleen
Droog, dor, donker eensaam
Sonder liefde is my hart niks
Ja, dit is ‘n kaal barre woestyn
My hart is woes, leeg en naak
My gestolde bloed is kurkdroog
Een druppel drup saggies
Nog ‘n druppel drup met teerheid
My hart word gevoed deur die motreën
‘n storm woed diep, diep binne my
Donder se flitse sweep seer oor my hart
Blitse donder met rollende klap geluide
My hart begin ontdooi in die oggend son
Mossies tjirp vrolik ‘n nuwe more lied
Weste wind ritsel saggies die nuwe blare
Groenigheid tapyt my hele nuwe hart
Die geur van bloeisel hang heerlik
Wat het gebeur met my eens dorre hart?
Die warmte van nuutgevonde liefde
Kruip diep en stadig in my barre siel
My gebroke hart word weer gesond
Die groot leemte word liefdevol gevul
Watter doel bring die lewe se storm
Dankie my hart is getooi met liefde

Melt de Kock

28/10/2002

Swartwit
Waarheen lei die swart nag?
Ons word verblind in die dag.
Die nag is vol van pikswart roet.
Die dag is vul met heldere soet.
Die kind is een sekond oud.
Die ou man is `n een sekond koud.
Die wit sneeu is vriesend.
Die swart maalkolk is kokend.
Jy is of warm of ysige koud.
Sonder God maak jy `n yslike fout.

Melt de Kock

08/09/2002

Ouma
Jou gekreukelde vingers ken die lewe
en jy kon soms niks doen sonder ‘n bewe.
Jy het die kennis van die wêreld gehad.
Jy was die wyse gryse dame vol empatie.
Jou oë was altyd gevul met deernis.
Vandat jy ouma verklaar is,
is jy gesëen met onselfsugtige liefde.
Ander se ouma is miskien in stukkaneel,
maar ouma was in ‘n warm brood deel vir deel
Jy het die lekker gesit in melktert.
Jou kombuis en spens was gevul met skatte.
Jou hande het vir niks verkeerd gestaan
en het alles met akkurate sorg voltooi.
Het ek tog maar meer vir jou gedoen?
Jy was my ouma, ja die heel beste een.
Ek weet jy het ervaar die alleen.
Geen pen se woorde kan sê hoe ek oor jou voel.
Ek hoef dit nie te wys met ‘n traan op my wang.
In my hart sal jy altyd bly voort leef.
Sonder jou sal die leemte altyd wees ongevul.
Volmaakte liefde dit is wat oumas altyd gee.
Hoe sal ons weet wat jy moes deurmaak.
Jy het gevoel jy het alleen geraak.
Daar in ‘n enkelkamer was jy alleen by mense.
Al kon ek nie elke dag daar wees,
het ek jou altyd in my hart saamgedra.
God het die dogter van môre en oormôre
Laat leer by ons wyse ou moeder
God het sy fluweel rooi roos kom haal
Ja, ouma was meer werd as ‘n koraal.
Die stilte wat u laat is nie vir ewig.
Vir ons gaan dit voel soos ‘n paar jaar,
tog binnekort sal ons weer ontmoet
Groot gaan die tydelike gemis wees.
Ons gun u die rus aan Jesus voete.

Melt de Kock

Opgedra aan my Ouma Hester, oorlede 19/1/99

Dood is onverwags
Hoe ver is die engel van die dood?
Wanneer knip hy my aardse loot
Hoe naby is die aardse dood?
Gaan hy ons verlos van ons nood?
Die dood loer elke tree oor ons skouer
Die gaping tussen ons word altyd nouer
As hy toeslaan is dit skielik onverwags
Hy kom haal ons ook bedags
Net een tree dan is dit onverwags?
Onswag elek dag vir die onverwags
Is jou saak met God reg
Of is jy op die bree weg?
Sorg dat jy die ewige lewe verseker
Drink die lewenswater uit God se beker
Gaan die dood jou besoek onverwags
Onverwags, ja, die ewigheid in onverwags!!

Melt de Kock

26/03/1997


Bespreking

Kommentaar word nie toegelaat by hierdie bydrae nie.

Kommentaar is gesluit.