// jy lees ...

Gedigte

Gedigte van Miempie Swart

Indeks van digters

Stuur jou gedigte na bydraes by roekeloos.co.za

Aborsie

Afspraak maak met dood want ‘n fetus moes nie leef
Afspraak maak met moord en ‘n gewete word vergeet

Prosedure word nooit vergeet en fetus word vaarwel gegroet
Prosedure was vol leed en ‘n gewete moet nou boet

Iemand onthou van ‘n verjaarsdag wat nooit sal verjaar

Afspraak maak met vergeef en vergeet

Afspraak hou met gewete en fetus is nog lank nie vergete
Afspraak met onthou want herinneringe is nog te rou

Onthou van iemand
Iemand ken niemand
Onthou van skuld
Wat sterf in onskuld

Afspraak met vergeet
Afspraak met vergeef

Affair

Verskuilde soene in die sober skemer
Saggies fluister in die duister
Geheime griewe deel en vergeet van die hede

Donker beloftes in die maan se lig
Drome deel in niemands land
Harte hoor geen gewete met romanse sonder gewete

Verlange voel in die donker bos en maskerade verloor in mekaar

Vashou teen die afskeids uur wat wag vir die noodlot uur

Boodskappe pos in die dag se raad en wegkruip in die wilde wind

Afskeid neem van die hart en die verraad voel in die hart

Wegsteek van die liefde band en niemand weet van die egbreek
Niemand sal verstaan van hart se leen en iemand anders se ween

Daardie nag van

Daardie nag van … donker duister en wind wat fluister

Weerlig blits, wolke wat huil en sterre wat stil ophou skitter

Blare val, bome buig en die maan se masker wat muteer

Water vertroebel, lug vergrys en die hemel se hart verhard

Daardie nag van … Droom, hoop en wens wat stil verdwyn …

Daardie nag van … Duisternis, dood en donker dwaal

Daardie nag van …
Vermoorde hart, vernietigde heel en verwoesde horison

Het jy weggeloop …
Weg gegaan
Weg geval…

Daardie nag van … die doodstyding en doodsnikke van jou dood

Misdaad
Jy breek saam die branders se krag
Jy vermoor, vernietig en verkrag
Jy skyn saam die maan se straal
Jy sorg dat veiligheid vergaan

Jy gee nie om vir kinders se traan
Jy gee nie om vir bejaarders se gaan
Jy gee nie om vir vrouens se angs
Jy gee nie om wie is jou volgende vangs

Jy groei saam die gras se groen
Jy sal enige iets aan iemand kan doen
Jy wys op die blomme se kleur
Jy wag jou prooi in by die deur

Jy gee nie om vir die begrafnis brief
Jy gee nie om vir die hart se lief
Jy gee nie om vir die seun sonder pa
Jy gee nie om vir die dogter sonder ma

Jy brand saam die son se rooi
Jy haat die lewe se mooi
Jy is in die dag se gloei
Jy is die hart se bloei

Jy gee nie om vir die tralies voor ‘n hart
Jy gee nie om om mense deur te trek van die smart
Jy gee nie om vir die nood wat jou hand bevlek
Jy gee nie om vir jou gewete se merk

Jy is deel van die natuur se siklus
Jy is die nar in jou self geskepte sirkus
Jy is die heelal se skaamte kind
Jy sal wegwaai saam die wederkoms se wind

Ek is die woestyn se sand
Ek is die woestyn se sand, droog en dor wag ek vir jou hart se band
Ek is die son se brand, warm en rooi wag ek vir jou hart se kant
Ek is die sterre se blink, ver en onreikbaar wag ek vir jou hart se wink
Ek is die branders se breek, blou en wit wag ek vir jou hart se kreet
Ek is die blomme se saad, stadig en statig wag ek vir jou hart se saak
Ek is die bos se donker, bang en alleen wag ek vir jou hart se folter
Ek is die nag se duister, donker en stil wag ek vir jou hart se fluister
Ek is die vlerk van die valk, vry en verlore wag ek vir jou hart se balk
Ek is die lug se blou, omsingel en leeg wag ek vir jou hart se roep
Ek is die noot van die lied, vreemd en vas wag ek vir wat jou hart bied
Ek is die storie se woorde wat wag vir jou hart se akkoorde
Ek is die vlam in jou hart, verlangend en vurig wag ek vir jou hart se hand

Skielik is jy stil

Skielik is jy stil, praat en kyk nie. Jou liggaaam swel terwyl die masjiene werk.
Waar is jy tussen die lynne en medisynne? Tussen ons?
Soms probeer jy jou oë en jou mond oopmaak, maar niks gebeur nie …
Is dit regtig jy want jy lyk vreemd. Is jy nog jy?
Veg jy nog en besef jy mense is lief vir jou
Weet jy jou liggaam stry teen die dood en voel jy die infeksie in jou asem
Hoor jy alarms skreeu teen gevaar. Hoor jy ons gebede of leef jy nog in die verlede
Luister jy, hoor jy en weet jy dat ons hier is
Kom terug uit jou siekte terug na lewe of het jy geweet die siekte gaan jou stilmaak
Het jy geweet en niks laat weet van die greep wat jou sal vat
As die infeksies stop, sal jou siekte stop en sal jy self weer kan asemhaal?

Raak gesond, asseblief

Weet jy hoe voel
Weet jy hoe voel …
Ek alleen begrawe onder die sandkorrel in die woestyn
In die hemel ruim in ‘n stêr se skyn is ek
Tussen die skuim in die see verdwaal ek

In die lug tussen niks is ek
Tussen niks
Weet jy hoe voel … gloeiende vuur in jou siel en opgekerfde smart in jou hart
Hart verskeur in twee … uitmekaar en trane verdrink binne jou gees

Weet jy hoe ek jou mis …tussen die donker
Weet jy hoe ek oor jou voel …
Vasgebinde liefde agter slot en grendel van my hart
Wanneer kom jy terug …
Om my hart weer te heel, om my siel se kneus te stop en my hart weer te laat klop

Waarheen gaan ons
Waarheen gaan ons en waarom is ons hier
Wat is dan die rede vir ons aardse lewe

Wat is die plan van ons bestaan
Wat is die les van verganklikheid
Wat is die dan die doel van ons bestaan
Wanneer gaan ons alles heeltemal verstaan

Hoekom moet ons jaag teen tyd
Hoekom is ons lewens-klok gestel
Hoekom moet ons hart dan klop
Om weer eendag net te stop

Ek wens ek het die antwoorde vir al die vrae wat my so pla
Eendag sê hulle sal ons alles weet, maar sal ons dan nog wonder oor die leed

Sonder my braaivleis en vuur
Sonder my braaivleis en die vuur sal ek ouer word nie kan verduur
Sonder sjampanje en die see se kos sal ek altyd smag na liefde se dors
Sonder die son se rooi se groet sal my gemoed maar net verroet
Sonder die rose en die mane skyn sal my hart maar weg kwyn
Sonder die nuwejaar en soen sal ek my dae nooit kan versoen
Sonder bid en die branders se breek sal my bestaan verbleek
Sonder die donker wolk se silwer rand kan ek maar alle hoop verbrand
Sonder staar na die sterre se skitter sal my vreugde net verbitter
Sonder die kranse ego in my taal sal ek geen antwoorde kan verstaan
Sonder die lief en die leed sal ek nie meer die lewe kan meet

Rentekoerse vermoor
Rentekoerse vermoor
Beleggerskapitaal
Randwaarde verloor
Saam die inflasie faal

Waarheen jaag die voedselprys
Is al die verhogings nog wys

Finansies raak ‘n nood
Wie bekostig nog daaglikse brood
Mense gaan in die oorlog dood

Resessie en verdrukking en wie is agter die bemagtiging?

Op my knieë vra ek U raad

Op my knieë vra ek U raad
Ek smeek U om my hart te waak

Met my oë gesluit bid ek vir lig
Ek gaan weer my lewe-sig op U rig

Met U bybel soek ek nou
Hoe ek my lewe weer reg kan bou

Met my sang loof ek U
Met my hart glo ek U
Met my gees ken ek U
Met my liggaam dien ek U

My land van goud en dagbreek

My land van goud en dagbreek prag en die reënboog in jou krag
Met die liefde in jou verhaal en die vrede wat in jou maal
Met die vryheid in jou verlede en jou drome in jou hede

My land van politieke moord en misdaad wat aan jou behoort
Van rasse haat en kinders op die straat en dwelms wat mekaar laat haat
Van die inflasie en mediese nood en die armes sonder brood
Van die armes sonder brood

Jy is die land wat my vashou in jou hand en my versorg met jou rand

My land van God se Woord en die ek weet dat ek aan jou behoort
Met jou geskiedenis van soveel leed en jou geloof wat almal meet
Met jou kern van God in jou en jou beskerming wat om my vou

Moeder van Jesus
Verlief op Josef met swanger besef
Vrae en vrese oor die verkore wese

Sien engel se lig met die rede so dig, maar is skoot vir Jesus met skugter sus

Moeder vir Mens is God se wens, want Maria is gekies met verlore vlies

Krip van herberg wat geboorte verg en mirre, wierook en goud verberg

Moeder van Jesus met voorreg kus
Trots en traan word haar bestaan

Bloedverwant in Golgota land met gekruisigde hart in gebreekte band

Klip voor graf en naelstring is af
Engel spore wys Jesus is nie verlore

Lewendige Seun het sondes geween
Aan Maria geleen met aardse seën

Jy is anderkant die blou berge
Jy is anderkant die blou berge
Jy is verby die horison se see en het altyd my hart se traan gevee

Jy is ver weg van my stad se kleur
Jy is in die donker bos se ligte en hang aan my hart se gewigte

Jy is buite my oë se lig
Jy is verby my lied se dig en is in my verlange se rig

Jy is in die verre sterre nou
Jy is so ver soos die maan van my en so ver van my verlange ly

Jy is weg na beter plek
Jy is ver van my hart se huis en sal jy my eendag alles wys?

Iewers klop
Iewers klop-klop ‘n hart en sy klop ego hol
Asem Blaas
Oë wys letsels van ‘n gebroke siel
Hande wat nie meer … voel
‘n Liggaam kank onder die greep van die verlede
Drome is nou slegs spore in die sand en skaduwees teen die son
‘n Lewe is gebreek , stukkend en flenters

Iemand het ‘n siel verkoop vir
Dwelms …

Jy

Jy kruip weg van my … woorde … vrae … drome

Jy slaan my hart se venster stukkend met jou … seer

Jy wurg … die lewe uit my traan en vertrap my siel sonder …genade

Jy is die boosheid, die skuldige en die galg wat my laat walg

Jy woed my blus uit my …hartklop en verbrand die lig van my veiligheid

Jy steel die dagbreek se rooi met die bloed aan jou siel

Jy steel kinders se … lag, speel en jeug vir jou gees
Nie eers die vuurpoel kan jou gewete blus

Misdaad, kyk, die maan verduistering kom.
Kyk, die tekens van die tye kom. Kyk op!

Misdaad, God sien jou, hoor jou en voel jou as jy die lewe moor, verkrag, belieg en besteel

Hoe sou jy voel as jy moes ontvang wat jy uitdeel …

Jou mure ego in die stilte

Jou mure ego in die stilte en jou gange maak plek vir iemand se stilte
Jy vang mense se siektes en beserings
Jy lag vir al die medici se bewerings

Pyn en lyding is jou kos en wanneer is genoeg deur jou vermors
Onpersoonlik vermy jy besoekers
Jy het nie tyd vir ‘n kommer besoeker

Jy druk behandeling in ‘n pasient en hou van vreemde voowerpe in ‘n pasient
Is jou bedoelings miskien opreg
Weet jy watter behandeling is reg

Hospitaal jy praat jou eie taal en jou woorde moet jou personeel vertaal
Hospitaal jy voer jou eie oorlog
Tussen lewe en dood se mag

Jesus

Jesus vas gespyker aan die houtkruis
Hart … bloeiend gesterf

Seun van God onskuldig gekruisig
Genadeloos … in duister

Maria se Seun dood veroordeel
Sugtend asem … stil

Timmerman. Dissipel, Jood, Jesus
Gekruisigde!

Siel trane sny sewe maal sondes
God gee genade
Jesus, Mens, Man, Seun en Broer, Aarde bloed en God se bloed
Jesus, sondelose, Jesus!

Iemand dra
Iemand dra
My
Deur die donker
Duister dal

Iemand sien
My
Bodemlose Hart
Put

Iemand hoor
My
Kreet
Ego

Iemand voel
My
Dag
Drome

Iemand
Weet van
My
Menslikheid

In die palm

In die palm van my hand skryf Ek jou naam
In die branders se kruin seën Ek jou naam
In die berg se kloof bêre Ek jou naam
In die venster van My siel beskerm Ek jou naam
In My voetstappe se spore wys Ek jou naam
In My hart klop jou naam
My asem blaas jou naam
My liefde leef jou naam
Ek ken jou naam

Iewers klop

Iewers klop-klop ‘n hart en sy klop ego hol
Asem Blaas
Oë wys letsels van ‘n gebroke siel
Hande wat nie meer … voel
‘n Liggaam kank onder die greep van die verlede
Drome is nou slegs spore in die sand en skaduwees teen die son
‘n Lewe is gebreek , stukkend en flenters

Iemand het ‘n siel verkoop vir
Dwelms …

Here, ek vra vir ‘n upgrade

Here, ek vra vir ‘n upgrade
My liggaam raak nou oud en my siel is baie koud

Here, ek vra ‘n upgrade
My plooie raak te veel en my passie is gesteel

Here, ek vra vir ‘n upgrade
My voete raak nou blou en my drome verdwaal in dou

Here, ek vra vir ‘n upgrade
My hande bewe wild en my denke is oor die bult

Here, ek vra vir ‘n upgrade
My hart voel so styf en my liefde het meer geen lyf

Here, ek vra vir ‘n upgrade
My lyf is nou te styf en my gevoelns wil nie meer vryf

Elke dag is jy op die dieselfde pad

Elke dag is jy op die dieselfde pad
Met die kreukels in jou oë en met die hand se bedel geboë

Elke dag is jy op die straat se hoek
Met die verwaarlosing in jou hart en met die hand se vra met smart

Elke dag is jy op die dag se pos
Met die verlep in jou bestaan en met die hand se uitreik met traan

Elke dag wag jy vir my op een plek
Met die verlorenheid van jou gees en met die hand se vra bedees

Elke dag staan jy oud en fier
Met die brons wat jou hart begeer en met die hand wat altyd soek na meer

Elke dag soek ek na jou
Was jou bedel bestaan nie genoeg vir die oorlewing kou

Ek voel die winde

Ek voel die winde
Waai weg onder my
Hande

Ek hoor die wolke
Reis weg tussen
My luister

Ek sien die water
Vertroebel onder my
Trane

Ek wag vir jou
In my hart se dou
Ek wag vir jou
Om my liefde vas te hou

Ek soek vrede

Ek soek vrede
Ek is vas gevang in die verlede

Gee my vrede
Vir môre se hede

Lei my na vrede
Maak alles vergete

Wees my rede
Deel my in jou gebede

Wys my vrede
Gee my weer ‘n rede

Donkerte versmoor my kreet
Donkerte versmoor my kreet
Stilte skreeu my leed
Alles voel verlore
Nog ‘n traan word gebore

Die nag omsingel my onseker
Geluide maak my vrae nie beter
Alles het te veel geraak
Nog ‘n traan maak nie saak

Die duister vermoor my vrede
Die niks om my is tevrede
Alles is van my weggevat
Alleen ‘n traan is in my hart

Dokter

Dokter, jy word gebore saam met die eed om te keer vir die mens se leed
Dokter, is jy altyd vir die nood gereed?

Dokter, hoe weet jy al die simptome se diagnoses
Plaas jy soms die siektes onder die medisyne se hipnoses
Dokter, kry jy ooit rus in jou slaap se narkoses

Dokter, wie sal jou hart se pyn sedeer as jy ‘n pasient groet in die prognose seer
Dokter, wie sal tog die noodlot kan keer

Dokter, is jy ook soos ‘n mens gemaak as jy oor iemand soos ‘n besetene waak
Dokter, skrik jy ook soms vir die dood se naak?

Dokter, moet my net nie konsultasie vra, ek wil net weet hoe dit gaan met jou eed?
Dokter, skryf maar iets voor as iets jou pla!

Die ritme van die lewe betoor my

Die ritme van die lewe betoor my en die lewens om my vervoer my
Ek dans in die bries van die wind en wals om my dae elke aan

Kinderlaggies is aansteeklik en modderhandjies is nie so vreeslik
Kinderpartytjies is ‘n glimlag en kinderhartjies is in my dag

Herfsblare se goud is in my en die see se blou verdiep
Die strand se wit bekoor my sag en ek sien ‘n nuwe dag

Die ritme van die lewe is in my
My lewe is ‘n dans met my
Die ritme van die lewe is my wals
My lewe is een groot dans

Die horlosie se wyser loop

Die horlosie se wyser loop na ‘n plek in die Noorde
Die sekondes roep ons terug na ‘n plek wat ons moet oorbrug

Iemand wat jy ken is weg en dit was dalk nie vir jou reg
Iemand is nou in die Noord en dalk was iemand deel van jou koord

Die horlosie se wyser loop en almal al gedoop
Die sekondes neem ons tyd want ons kan nie altyd bly in die Suide

Is ons reg vir die verloop
Is ons reg om weg te loop
Is ons reg om te groet
Van al ons aardse goed

Die horlosie se wyser loop en het almal nog hoop
Verstaan almal die aardse traan van die verganklike waan

Wat is die mens dan

Wat is die mens dan sonder sy hart klop en asem blaas
Wat is die mens dan sonder sy aardse Baas en in die tyd se waas

Waarom wil die mens dan al die antwoorde meet
Waarom wil die mens dan die vrae weet en nog steeds vir God vergeet

Wie is die mens sonder die bloed in sy are
Wie is die mens sonder die bose se gevare en sonder gister se jare

Wanneer gaan die mens dan ophou wonder oor die Gewer, sy lewe en sy vrese

Wat is die mens dan sonder sy drome
Waarom wil die mens dan vergeet van drome
Wie is die mens sonder die belofte van môre se drome
Wanneer gaan die mens dan begin met God se drome …

Vraag oor emigrasie

Wat laat Suid-Afrikaners emigreer en wat het dan gebeur op hulle weë
Wat maak hulle dan hier so seer en wat dryg hulle weg oor die see

Wat laat Suid-Afrikaners vlug of is die land dalk te gepla oor die mens se reg
Hang die misdaad dalk te swaar in hul wig of lei die verkeer op die pad hulle weg

Wat laat Suid-Afrikaners vaarwel groet
Lyk die toekoms dan nie meer soet of is die rentekoers dan af van koers

Wat laat Suid-Afrikaners nuwe horisonne soek
Is hulle bang hullle moet vir oortredings boet of lyk die ander kant dan regtig so groen
Wat kan ons as agter geblewenes dan aan die situasie doen

Waarom sien die verlore Suid-Afrikaners nie meer daar is goud in die dou
Weet hulle dan nie ons het die beste weer of verstaan hulle nie Tafelberg se blou

Rentekoerse vermoor

Rentekoerse vermoor
Beleggerskapitaal
Randwaarde verloor
Saam die inflasie faal

Waarheen jaag die voedselprys
Is al die verhogings nog wys

Finansies raak ‘n nood
Wie bekostig nog daaglikse brood
Mense gaan in die oorlog dood

Resessie en verdrukking en wie is agter die bemagtiging?

Slang van Paradys

Slang van die paradys wat tower uit die aarde rys en bloed in jou hande was
Wat sonde in jou gewete pas

Seun van die aardse heer wat lewens se vreugde keer en self die kruisiging wou keer
Want jy het geweet van ons liewe Heer

Koning van die wêreld ryk wat met leuens soos glorie lyk
Wat met moord van die waarheid wyk en met valsheid nooit jou ware kleure blyk

Vervalle engel uit die Tuin wat mense bedrieg deur jou pyn
Wat saad plant van onvergifnis wyn en jou mag aan almal uitbasuin

Judas se verraaier stem wat altyd die goeie wil tem en altyd die laaste rondte wil wen
Wat weet wat is uiteindelik tog vir jou bestem

Vlugteling van die engel koor wat nooit die barmhartigheid hoor
Wat altyd die mens se hart deurboor en verkies om die saligheid te verloor

Prostituut

Alleen op die strate salueer jou maskara oë vir ‘n laaste keer
Koud alleen buite wagtend jou bloedrooi mond vir nog een rand
Angstig op die hoek verdwaal jou stukkende hart vir nog een maal
Iewers ver soek die drome jou en jou beroep wil jou verraai
Tussen die ligte verdonker jou grimering se gesig van opgebruik
Tussen êrens en nêrens
Vlug jy
Op hoëhakskoene
Van jou rooi kant

Pappa

Pappa, my haasbek behoort aan die tande muis se huis en graad een fotos is al geel verbleik
My hart is verlief op sy eerste kys en my kerskous is deur my maatjies afgewys
Ek wag vir jou by die huis …

Pappa, my somme se een en een maak elf en ek lees my storie boek nou self
My speelgoed deel ek al in die helf en ek wil nie meer met modderkoekies delf
My klaasvakie wag saam met my in die nag tot na elf … vir jou

Pappa, ek is die groenste groentjie in die skool
Ek kuier skelmpies by die jool en ek kan al vuur laat brand met ‘n kool
Ek ken ook nou van ‘n magneet se pool en soek raad oor die matriekdans by die skool

As jy nie verdwyn het in die nag en as jy maar net een keer weer saam my kon lag
As jy my een kans kon gee vir al my lang wag en my naam noem weer eendag
As jy maar terug kan kom vandag en as jy maar net nie verdwyn het in as …

Ons Bluetooth se explorer het troubleshoot met sy 3G kaart

Onthou jy ons games op Microsoft
Die foto’s en videos se connection
Tussen ons

Ek sal nooit ons liefde se installion vergeet
Die search na mekaar in die powerpoint files
Die quick gps
Tussen ons

Ongelukkig kon help se hard button, error reporting en programs reset ons nie help

Jy het besluit om alleen op Google en Microsoft Live
te browse …

Natuur

Maan
Jou lig strale verhelder die skemer uur

Son
Jou hitte gloei verwarm die koue hart

Sterre
Jou skitter blink verlig die duister vrae

Wind
Jou briese waai voel diep emosies

Wolke
Jou sagheid sweef omvou die realitieit

Reën
Jou dou drup verfris ou herinneringe

My land van goud en dagbreek prag

My land van goud en dagbreek prag en die reënboog in jou krag
Met die liefde in jou verhaal en die vrede wat in jou maal
Met die vryheid in jou verlede en jou drome in jou hede

My land van politieke moord en misdaad wat aan jou behoort
Van rasse haat en kinders op die straat en dwelms wat mekaar laat haat
Van die inflasie en mediese nood en die armes sonder brood
Van die armes sonder brood

Jy is die land wat my vashou in jou hand en my versorg met jou rand

My land van God se Woord en die ek weet dat ek aan jou behoort
Met jou geskiedenis van soveel leed en jou geloof wat almal meet
Met jou kern van God in jou en jou beskerming wat om my vou

In die arms van die hemel

In die tolbos van genade
Voel ek die hede se stem vergewe my lewe

In die branders van krag voel ek God se mag
Hou oor my wag

In die vrede van wind voel ek soos ‘n kind wat aan stilte bind
In die lug se wig voel ek die engele se lig wat my hart tot God rig

In die see van hoop voel ek God se doop
En ek weet ek is deur sy liefde gekoop

In die reënboog se sug voel ek geloof se brug
En wag vir ewigheid se vrug

In die arms van die hemel voel ek my hart se bedel
Na God se rus edel

Hoeveel plaasmoorde moet nog die tussen die beesmis lê

Hoeveel plaasmoorde moet nog die tussen die beesmis lê
en moorde in die vlaktes sweef
Hoeveel erfenis wil die bloed bevlekte hand van misdaad nog hê
en hoeveel angs moet nog in die stilte leef

Hoeveel kinder ontvoerings moet nog tussen die strate loop
en onskuld tussen bloed grootword
Hoeveel verdwynings moet nog aanmeld vir hoop
en kinders in statistieke gebêre word

Hoeveel nagte moet die kinders nog deur die venster staar
Hoeveel nagte moet die moeders nog vra om die huis te bewaar
Hoeveel nagte moet die vaders nog petisies teken vir hulle hart se beswaar
Hoeveel nagte moet die slagoffers nog hulleself beskerm teen die statistieke se gevaar

Hoe hardloop mens weg van stukkende oë

Hoe hardloop mens weg van stukkende oë
Wat die lewe se bitter lig gesien het
Waar die gees se siel versmoor het
Wat die hart se dood geproe het

Hoe ontsnap mens van opgekerfde smart
Wat deur die lewe se maalkolk sny
Wat binne die gees sy siel insny
Wat die hart se dood uitsny

Hoe vlug mens van die vuur se as As mens weet dit is jou liefde wat uitgebrand het
As mens weet dit is jou trane wat wit verkool het
As mens weet dit is jou drome wat geblus het

Ek wens ek kan verstaan

Ek wens ek kan verstaan
Hoe die sterre blink saam die maan en die son se rooi jou gloei
Hoe ons harte so kan bloei

Ek wens ek kan verstaan
Hoe die wind sweef bo ons baan en hoe die blare oor jou fluister
Hoe ons weer na mekaar kan luister

Ek wens ek kon verstaan
Hoe die branders breek in een laan en die waterstrome vir jou dans
Hoe ons mekaar vergeef met elke kans

Ek wens ek kon verstaan
Hoe die wolke bo ons traan en die hardheid jou sag kon bo
Hoe ons liefde vir mekaar kan hou

Die openbaring boek

Ken almal die Openbaring boek en verstaan almal die bose vloek
Sien almal die tekens van die tye of word dit geignoreer in die swye
Praat almal al ‘n Jesus taal en weet almal van die bose daal
Ken almal die Openbaring verse en glo almal aan die ark op die berge
Is almal klaar met hulle evangelie werke
Vertrou almal op die nuwe hemel en weet almal dan dat Iemand ons sal oordeel
Is almal se sake afgehandel of is daar nog iemand wat in duister wandel
Ken almal die Openbaring raad en is almal vrygespreek in die sonde daad
Het almal die Heer gedien met die versprei van saad
Weet almal van die Apokalips en van die weerlig Blits
Glo almal aan die Ewige lewe en vergeef almal in die sewes
Ken almal die Openbaring geheim van die bose skuim en ongelowiges se puin

Daardie eerste keer

Daardie eerste keer, toe jy nugterheid verruil vir ‘n bottel
Toe jy wegkyk van jou kinders se ly toe jy jou drome aan ‘n bottel wy
Onthou jy toe jy lag vir jou vrou se wag vir jou jammer wat jy gebêre het vir later
Die bottel het jou verander en dit het slegs jou naam beswaddder
Onthou jy toe jy rondslinger deur die verkeer en jy besef het jy het verloor aan beheer
… Toe jy die hospitaal besoek aan ander se seer
Onthou jy die eerste keer, toe jy jou gewete weg slaan aan jou familie se gekneusde traan en jou kos en liefde vir die bottel verruil
Die bottel is nou in jou hart en jou verlede is ook nou hard
… Wanneer gaan jy ophou om die lewe so te martel en die verkeerde pad te wandel
Het jy vergeet van jou vrou en jou kind toe jy weer die bottel se lyn afmeet
… Nou is jou asem deel van die wind want jy wou nie van beter weet
Op die begrafnis se brief was slegs leë woorde want niemand was meer vir jou lief

Die horison wink ons nader

Die horison wink ons nader
Kyk sy glans in sy dans
Hy wys ‘n pad van vergifnis
Sy paaie lei ons na ‘n nuwe kans

Die horison sing saggies vir ons
Hoor sy woorde lei na vrede
Sy klanke gaan verbittering verlos
Sy hoogtes neem ons na ‘n nuwe lewe

Die horison tel ons op na die reënboog
Sy kleur verhelder ons bestaan
Sy lig verdoesel die donker in ons geswoeg
Hy verhelder ons lag en neem weg elke traan

Die horison pleit by ons vir ‘n nuwe begin
Hy smeek ons om ons oorlog te stop
Hy fluister saggies vir ons om te besin
Hy belowe hy sal ons hartseer van gister stop

Waarheen gaan ons

Waarheen gaan ons
Waarom is ons hier
Wat is dan die rede
Vir ons aardse lewe

Wat is die plan van ons bestaan
Wat is die les van verganklikheid
Wat is die dan die doel van ons bestaan
Wanneer gaan ons alles heeltemal verstaan

Hoekom moet ons jaag teen tyd
Hoekom is ons lewens-klok gestel
Hoekom moet ons hart dan klop
Om weer eendag net te stop

Ek wens ek het die antwoorde
Vir al my vrae wat my so pla
Eendag sê hulle sal ons alles weet
Maar sal ons nog wonder oor die leed

Ek wens ek het

Ek wens ek het ‘n towerstaf
Vir al jou pyn en leed
Ek sal al jou trane weg kan toor
Sodat jou oë se blink my weer bekoor

Ek wens ek het ‘n towerstaf
Vir al lief en leed
Ek sal jou lief vir altyd kan hou
Sodat geen leed jou weer van my weg vou

Ek wens ek het ‘n towerstaf
Vir al jou harseer en pyn
Ek sal al jou seer kan vernietig
Sodat geluk ons weer verenig

Ek wens ek het ‘n towerstaf
Vir al jou winters dae
Ek sal jou koud laat gaan
Sodat ons weer saam kyk na die maan

Ek wens ek het ‘n towerstaf
Maar ek he teen toe nooit gekry
Ek wou jou al my betowering gee
Maar jy het my nooit gekies as jou feë

Ek wens ek kan verstaan

Ek wens ek kan verstaan
Hoe die sterre blink saam die maan
Hoe die son se rooi jou gloei
Hoe ons harte so kan bloei

Ek wens ek kan verstaan
Hoe die wind sweef bo ons baan
Hoe die blare vir jou fluister
Hoe ons weer na mekaar kan luister

Ek wens ek kon verstaan
Hoe die branders breek in een laan
Hoe die waterstrome oor jou dans
Hoe ons mekaar vergeef met elke kans

Ek wens ek kon verstaan
Hoe die wolke bo ons traan
Hoe die hardheid jou sag kan bou
Hoe ons liefde vir mekaar kan hou

Die goud verrys uit jou grond

Die goud verrys uit jou grond
Duisternis steel jou glans in beurt van lig
Jou silwer straal in jou mense
Jou rande verloor stryd teen wig

Tafelberg verhoog jou bates
Mense neem verniet en alles verloor waardes
Die Kaapse berge troon jou krag
Vermoordes laat die skuldiges lag

Skoonheid bedwelm jou verlede
‘n Reënboog nasie leef nou in hede
Water en Wilger versag jou oordeel
Die Waarheidskommissie wil nie geheime deel

Johannesburg se liggies gee jou sanksies
Politiek verlaag die inhoud van beursies
Dorpe en stede broei nuwe babas
Straatkinders word wakker in babbelas

Suid-Afrika is ‘n land met balans
Goed en sleg is deel van die aarde se kant
Suid-Afrika met verhogings in brood
Die plek in die Suide het plek vir almal in die land

Jou mure ego in die stilte

Jou mure ego in die stilte
Jou gange maak plek vir iemand se stilte
Jy vang mense se siektes en beserings
Jy lag vir al die medici se bewerings

Pyn en lyding is jou kos
Wanneer is genoeg deur jou vermors
Onpersoonlik vermy jy besoekers
Jy het nie tyd vir ‘n kommer besoeker

Jy druk behandeling in ‘n pasiënt
Jy hou van vreemde voorwerpe in ‘n pasiënt
Is jou bedoelings miskien opreg
Weet jy watter behandeling is reg
Hospitaal jy praat jou eie taal
Jou woorde moet personeel vertaal
Hospitaal jy voer jou eie oorlog
Tussen lewe en dood se mag

Die donker oë vertel sy storie

Die donker oë vertel sy storie
Sy reguit blik vang jou vas
Sy waardes is deel van die aarde
Hy praat met goeie waarde

Lief en leed is sy bestemming
Sy woorde verander enige stemming
Sy sienings is gemaak van rots
Miskien sal dit met jou belange bots

Die man se motiewe is onbekend
Sy teorieë maak iets in jou bekend
Sy hande gee sy karakter weg
Iets is of reg of weg

Die man is vir almal daar
Sy hart speel vir almal ‘n snaar
Die man sien net wit of swart
Miskien kan hy jou red van smart

Dag van Terreur

Dag van Terreur
Dag van Treur
Mense ontmoet vliegtuig in ‘n kantoor

Dag van Kwaad
Mense vlug te laat
Vlamme skroei lewens want die hitte is te eens

Dag van Vrae
Dag van Bose plae
Noodspanne ding binne maar mense verkies spronge

Dag van Vrees
Mense is traag in gees
Konkruid en staal val en ontsnapping is te laat

Dag van Waansin
Dag van geen Sin
World Trade sentrum is begrawe saam families se hoop

Dag van Verlies
Mense verknies
Niemand ken ontmoeting met verlies

Een skip een man

Een skip een man
Skip van dollars en vonkelwyn
Man van gode en beloftes fyn
Titanic gebou deur man

As die skip net nie perfek was
As die man net nie so verwaand was
As die skip maar net ‘n gewone was
As die man maar net ‘n gewone was

Een nag een ysberg
Water verdrink gesinne
Koue vries almal binne
Dalk was die man se woorde te erg

As die skip meer redding gehad het
As die man meer redding wou gebruik het
As die skip maar net die gewone gehad het
As die man maar net die gewone geglo het

Een ramp een les
Niemand is ‘n god
Almal is oorgelaat aan noodlot
Dis is vir jou eie bes

Een man
Een skip
Een man sê skip kan nie sink
Een skip het gesink

My geskenk aan jou in Mei

My geskenk aan jou in Mei
Is om my gedig by jou te kry
My gedig is spesiaal vir jou

Mamma, dankie vir jou geduld met my
Mamma, dankie vir jou geloof in my
Mamma, dankie vir jou gebed vir my
Mamma, dankie vir jou genade aan my

My geskenk aan jou in Mei
Is om my liefde aan jou te wy
My liefde is so spesiaal vir jou

Mamma, jammer oor my onmoontlikheid
Mamma, jammer oor my ondeugsaamheid
Mamma, jammer oor my onfatsoenlikheid
Mamma, jammer oor my ongedurigheid

My geskenk aan jou in Mei
Is om my verwondering aan jou te wys
Jy is so ‘n spesiale wonderwerk vir my

Mamma, ek is baie lief vir jou
Mamma, ek het geen grief teen jou
Mamma, ek sal altyd by jou bieg
Mamma, ek sal jou nooit bedrieg

My geskenk aan jou in Mei
Is om my toewyding te bewys
Gelukkige Moedersdag vir jou

Sien jy my oë se kleur nog raak

Sien jy my oë se kleur nog raak
Voel jy nog my kyk in jou hart
Sien jy my as ek my hart toemaak
Voel jy my hart sien jou hard

Hoor jy nog my toekoms se lied
Voel jy nog die luister in my siel
Hoor jy wat my hart jou bide
Voel jy my hart oor jou kniel

Voel jy nog my liefde in jou dag
Voel jy nog my liefde vir jou wag
Voel jy my liefde raak nou sag
Voel jy my liefde verloor sy mag

Sien jy my nog as ek jou aanraak
Hoor jy nog my gebede as ek jou bewaak
Sien jy my vrae raak in die naak
Wanneer sal jy my weer joune maak


Bespreking

Kommentaar word nie toegelaat by hierdie bydrae nie.

Kommentaar is gesluit.