Kieslys

Close


*/

16 Oktober
2007
Gedigte
3164 keer gelees
(*slegs web-weergawe)

Gedigte van Natasha Goliath

Indeks van digters

Stuur jou gedigte na bydraes by roekeloos.co.za Digters is ook welkom om een foto te stuur vir publisering.

BASE DAG

Nie alle base is soms klase
Maar ons een hou van
‘n verskeidenheid kase
Sy ruk en rol …
ek dink dit is ‘n fase
Sy hou van wyn …
ja kyk al die glase
En forel vang …
sy is in ekstase
Sy werk hier tussen visdam
Wynkelders en vrugteplase
Hou haar heeldag besig
Met haar eie doen en late
Vir ‘n ander baas kan ons nie vra nie
Sy skel nie
Sy kla nie
En sy is nooit laat nie …
Haar boeke klop
Maar pasop …
Vir die dag dat sy jou inwag
Met ‘n lekker lag
Sy is altyd sag
Ja … sy maak sommer mens se dag
Die mooiste van als
Ek weet nie waar kry sy al die krag
Sy werk dag en nag
‘n baas so reg na ons hart
wat ons soms bietjie uittart
iemand sonder smart
met haar op kantoor
sal ons kantoorspan nooit verloor …

Natasha Goliath
16/10/2007

Die Veldbrand

Wat van die fynbos oorgebly het
Na die veldbrand was ‘n hopie as
Smeulende kole en as
Die veld, die koppies en heuwels
Is steenkool-swart
Van die lenteprag het niks oorgebly nie
Soms is die lewe ook so
Soms woed daar ‘n veldbrand binne onsself
Ons bly in die slag
Dan het ons niks oor nie
En ons sit in sak en as
Dan kom die reëns en sy sprei haar vlerke
Omhels ons en voed ons
Die wind kom en versprei ons as
Soos sade
En net wanneer ons gedink het
Daar is niks meer om voor te lewe nie
Dan blom ons lewens
‘n Veld vol blomme
‘n Lenteveld vol kleure
Dan gee ons weer hoop en nuwe lewe
En wat van die hoop as oorgebly het …
‘n Veld vol blomme, prag, vol lewe, vol hoop

Natasha Goliath

ongetiteld

Met die druk van ‘n knoppie
Ontdek ek ‘n wêreld
Waar ek enigiets kan wees
Van popmooi tot geskend
Hier sit ek veilig agter
Slot en grendel
Terwyl ons gemanipuleer word
Deur afstand
Hoe lank vat dit ‘n vuur
Om te brand?
Die gedagte maak my mal
Agtervolg my soos ‘n skadu
En die woestynsand en sneeuwitpieke
Van ‘n wêreld onbekend aan my
Die krete van angs oorval my
Steeds wag ek vir woorde
Soos brood ‘n honger kind
Sal voed
Vir gemoedsrus
En my hart spring bont
Die wysers klop aan ‘n
Jonge siel
En dit spuug vuur en onmin
Uit die bek van ‘n ou wapen
Die nag is lank
Die wind is koud
En ek soek-soek
Tussen die sterre
Na nuus oor jou!

Natasha Goliath

Die werwelkolom

Jou kru en rou sin vir humor is raar
Dit maak my naar
Jy terg en mergel my uit
Dit mors soms my tyd
Wat is ‘n grappie hier
‘n Geselsie daar?
wens ek as ek nou jou bakkies staar
maar jou wilde gier sorg vir plesier
En die speke en sirkels saam
Op jou metaalraam
En telefone wat skril
koue wat my tone laat kril
jy kryp weg soos ‘n rot
En lag vir jou genot
En ons gesels land en sand
soos ‘n ou predikant
wat op ‘n hoek staan en loer
voor die Predikant se vrou hom moer!

Natasha Goliath

ongetiteld

Ek het jou net eendag opgespoor
Op die highway called the internet
Dit kom nou daarvan as ‘n mens boring is
Ek het gesit en gewag –
En toe laat jy van jou hoor.
Ek het nie geweet wat ek moet sê nie
Voorbereid was ek nie
Deur lang diktasies en lêernotas
Het ek elke keer gekyk of daar al pos is
Die ure het gekom en gegaan
En so die dae
Dit was interresant om uiteindelik
Met iemand te kon gesels – my taal
Ek het na ‘n lang winterkoue
Weer begin uitsien na die nuwe
Opwindende seisoen wat voorlê;
En ek het dit geniet want my
Lewenswinter het effe warmer geword
My uitkyk op die lewe meer positief
Dat die ander geslag oor seerkry
En bepeins het my verbaas
Die feit dat hulle ook gevoelens het
Het my getref soos die woorde van hierdie amateurgedig
Vir ou Shakespeare
Almal wil maar net hulle seisoen
van geluk in die lewe vind
En iewers tussen die flou wintersonnetjie
En ‘n yskoue sneeubriesie
Het my verlore hart weer hoop begin kry
Ek kon met iemand praat sonder om voor te gee
En ek kon met iemand deel
Wat andere nooit sou waardeer het nie.
My inbox sal altyd leeg wees
Sonder ‘n boodskap van jou
My lewe ‘n goeie vriend armer
My winter nog ‘n ent langer
En waar ek nou hier sit en skryf
En my gedagtes maal
Kom dit tot my deur
Hoe alleen juis diè oomblikke sonder jou is.
vir andre.m

– Natasha Goliath
10 Augustus 2005

Leemte

Is die spasie in my wese
Waar ons eens een was
Dis die verlange na jou
Oorheersende teenwoordigheid
Dit wat ek voel as ek
aan jou dink
en ek haat dit
want dit is leeg
en koud en alleen
dis my geselskap en
my denkwyse
dit spook by my
jou stem jou gelag
maak my wakker
en dit agtervolg my
soos ‘n skaduwee
Tyd vul die leemte
Met elke dag wat verbygaan
En ek word weer vervul
My wese word weer sterk
Die verlange gaan weg
En mettertyd is ons
Weer wie ons was
Op ons eie pad

– Natasha Goliath
3 Julie 2005

Sy

Die meise op die hoek van
Die straat,
Vir wie almal ken –
Met ‘n vriendelike glimlag
En soms hartseer gemoed
En ‘n gelag wat soms weergalm.
‘n traan wat haar soms weer
terugbring na werklikheid
met haar donker gelaat
en pikswart hare
wat skitter in die vroeë
winterson – en ‘n hart wat
klop-klop na versoeking
met woorde wat haar hart
soms diep trap en voete
wat die breë pad
wandel- is sy tog
net ‘n kind met ‘n toekoms
‘n kind met gevoelens en
‘n hart wat moeisaam
klop-klop aan ‘n uitdaging
wat elke nuwe dag bring

– Natasha Goliath
28 April 2004

Henk

Dit is nou reeds een jaar vandat jy van ons weg is
En ek dink nou al hoe meer aan jou
Daar was vandag iemand by ons,
Net so blond, met dieselfde kleur blou oë soos joune
Toe dink ek weer aan jou
Nie bang om te sê wat jy wil nie
Nooit skaam om te sê hoe jy voel nie
Iemand wat die lewe gevat het soos dit
Gekom het – en altyd die beste gemaak uit ‘n slegte dag
Jy was altyd nederig – seker die enigste
Mens wie ek vertrou het
Jou opinies altyd wys en toegewyd
Altyd ‘n eerlike dankie
Met jou goedkoop sigarette
jou klere wat altyd na vanilla geryk het
Altyd ‘n smile – jou telefoonnommer lê êrens tussen ‘n pak Engeltjiekaartjies
En dit is in potlood geskryf – soms wil ek met jou praat – jou raad vra – dan is jou stem stil –
soms as ek dit die minste verwag –
dan sien ek die Engel wat jy was in ‘n vreemde, vriendelike glimlag
– of in iemand se oë – sien ek hoe jy met my praat –
ons lewens is leeg sonder jou smile en stories en filterkoffie –
maar vir jou met jou langsteelrooirose sal niemand ooit vergeet nie –
ons onthou jou altyd –
En ek weet jy kyk dat ons allright is!

– Natasha Goliath
8 April 2004

Hy is my Fairy-Godmother-beskermengel

vir Henk
Net verlede jaar dink ek daroor
Hoe dit sal wees om soos Aspoestertjie
Te wees
Met ‘n fairygodmother
En ‘n towerstaaf om al my drome
Te bewaarheid
Toe ek jou leer ken was dit
half snaaks
Ons het sommer gou baie goeie vriende geword
Jy was altyd eerlik in jou opinie
Jou blondekop blou-oog beauty
Ek het baie van jou geleer
Ek het jou geselskap geniet
Altyd interesant
Altyd vriendelik altyd ‘n smile
My engel net na jy my lewensdrome
Bewaarheid
Begin jy kug en wegkwyn
Jy praat van weggaan
Maar ek verstaan nie
En dan op die Sabbatdag
Sien ek jou. Jy was ver en
Moeg en onder pyn en leiding
My Fairy-Godmother-beskermengel
Was besig om weg te kwyn
Jou lippe was droog en
Dit het gelyk asof jy alewig huil
Hoekom al die hartseer
Al die misverstand
Nou weet ek …
En ek is baie bang
Want dit is moeilik
As iemand weggaan
Nie enige iemand nie
Jy met jou sagte hande
En blou oë wat baie
Praat – jy het baie stil geword

– Natasha Goliath
31 Maart 2004

Laatsomer

Dit is nog warm smiddae,
Net soggens is daar byt
In die lig
Selfs die son is lui
En die strale raak
Net skaam-skaam aan
Die pragtige bergtoppe
Die boere is klaar gepars
En die wynvate is vol en
Die mos stink
Saans kielie die koel
Windjie oor my lyf
As die sonstrale vinnig
Agter Simonsberg gaan
Wegkruip
Dan sit ek en Vlooi
Op die agterstoep
En en ek drink koffie
En ek streel oor sy
Groot Bruin ore
Dis Laatsomer Net soggens is daar byt In die lig …

– Natasha Goliath
16 Maart 2004

Stilte

Dit was kwart oor vier
Vroeg die Sondagoggend
Toe jy weggegaan het
Daar was blydskap in
Die een kant en die
Ander was baie hartseer
Die tyd het gevlieg
Dis alreeds laatsomer
Jy’t nog niks laat weet nie
Ek weet nie wanneer jy weer
Kom nie, maar ons mis jou
So baie want die tuin is droog
En dor en jou bed en jou
Stoel is leeg. Jou stem is
Stil
Jy stap nie meer sleepvoet in die gang af nie Miskien is jy alreeds oppad.

– Natasha Goliath
15 Maart 2004

Gedig vir ‘n lieflingseun

Pa se blou-oog kleinseun
Onthou jy die eerste keer
Toe ons gaan visvang
Jy was so opgewonde
Ons het altyd gaan kamp
Jy my blou-oog seun altyd
Poetse gebak
Pa is lief vir jou
En Saterdag die skoknuus!
My lieflingseun lê in die
Afgrond af. Die donker skeur
Dit is so koud en so donker
Ek soek jou oral rond
Maar ek kry jou eers later ….
Tussen geil proteas en skerp
Rotse en blou lug. Soos jou
Oë. Altyd so stil so rustig
Toe vind hulle jou. En jy was
So koud – so leweloos –
En jou pragtige blou oë
Was toegemaak. Vir altyd ….
Arthur

– Natasha Goliath
15 Maart 2004

 

Indeks van digters

Stuur jou gedigte na bydraes by roekeloos.co.za Digters is ook welkom om een foto te stuur vir publisering.




Gee jou mening







Gereeld gelees

11 Julie 2010
Gedigte
Verklarende Afrikaanse Woordeboek
Die Verklarende Afrikaanse Woordeboek (waarvan die eerste uitgawe reeds 70 jaar gelede verskyn het) is die handwoordeboek waarin die grootste versameling trefwoorde in Afrikaans verklaar word.
08 November 2012
Gedigte
Kort grappe
Jou ma is so kort, mens ...
27 November 2010
Gedigte
Die mooiste Afrikaanse liefdesgedigte
Die vierde, uitgebreide uitgawe van Die Mooiste Afrikaanse Liefdesgedigte is nou chronologies georden, sodat lesers kan sien hoe die Afrikaanse liefdesgedig oor die afgelope eeu ontwikkel het.
07 Januarie 2009
Gedigte
Gedigte van Anell de Beer
Wat 'n groot voorreg om deel te kan wees, en immers ek is bevrees. Ons is almal oud genoeg, om in die more te wroeg.
24 Mei 2012
Gedigte
Kort grappies
Wat is die verskil tussen ’n voël en 'n vlieg?

Onlangse kommentaar

H L Wehr
2019-01-17 22:25:02
Definisie en betekenis die verskil...
Robert
2019-01-10 18:20:15
Kan Annarine Erasmus my groot asb kontak deur my te epos na robert.conradie91@gmail.com Dis in verb...
Robert
2019-01-10 18:11:44
Hi annarine dis Robert hoe kan ek met u kontak maak. Stuur asb virmy 'n epos na robert. conradie91@...

Advertensie

Hou jy van ons hulpbronne? Oorweeg asseblief 'n donasie in Bitcoin: 179nZqSyFmYPcvu4ZU733PgXBKUYXcy9DD