Stuur jou gedigte na bydraes [by] roekeloos.co.za Digters is ook welkom om een foto te stuur vir publisering.
As ek kon
Die prentjie is diep in my siel uitgekerf
Die skutsels van jou stem lê rondom my
Al wil ek my arms om my eie gebede vou
Sal die beeld nooit ‘n ander vorm kry
In die dwaalstrate van my hart …
Sien ek jou lag teen die skaduwee van my siel
Jy laat my verdwaal in my storieboek kop
Laat my toe om jou saggies te vertel
Van my pen wat aanhou skryf
Gedigte so “plane”, ek wil dit skree
En jou oor en oorvertel …
Jy gooi vlamme in my hart wat brand …
En dis OK!
Brief vir Karien
Karien
Jy het jou hart op my stukkend gegooi
En gesê; “Dê joune net in stukke”
Ek het nou-nog jou skerwe in my lyf
Dis diep, ek dink dis verewig
Jy het my op jou spieël geplak
Tussen die res van jou special gesigte gepak
Onthou jy die ice cream winkel by die plein?
Jy het altyd rum and maple gevra
Ek word nou nog gevat op ‘n trip as ek dit ruik
Sarel het gebel hy like die army
Jou brak is dood …
Hy het iets gevreet en toe swel hy (sorry)
Dit het lanklaas gerëen
Die gras is droog en die windpomp vasgeroes
Ons bankie onder boom is verbleik
Dra jy nog daai lelike rooi skoene?
Hoe lyk die overseas waarvan jy altyd gepraat het?
Skryf terug.
Ekke
Brief vir Karien
Karien
Ek wonder of weet die poskantoor …
Waar is Berlyn?
Of wil jy net van my vergeet?
Ek het foto’s gesien van die plek
Karien jy is te ordentlik vir dit
Ek het jou brak begrawe by die hek
Nou kan hy lekker onder die grond blaf
Jou kuikens het uitgebroei, al tien
Dis ‘n besturing dat die brak dood is
Anders was die kuikens begrawe
Sarel is doodgeskiet …
Hulle het hom in Angola gelos
Net sy klere en Bybel terug gestuur
Karien ek verlang na jou
Ek sweer dis die laaste keer wat ek skryf
Ekke
Ogies so blou
Daar staan sy, met haar blou ogies so blou
Soos die see se blou, ogies so blou
Soos die blinkster ster, ogies so blink
Soos die mooiste blou, ogies so blou
Haar loop soos Milaan se catwalks
Haar hare soos elke droom sprokie
Haar hande soos die van genesing
Haar hart op my stage gepak
Daar staan sy …
Ogies so blou
Ogies so blou
Enige mens kan net lief word vir jou
Daar staan sy, met haar ogies so blou
So so blou, dit kyk reg deur jou
Ogies so blou, so blou …
Meesterstuk, ogies so blou
Ek sien jou staan
Ek sien jou staan in die diepste seer
Ek wil jou uitruk terug, na die somer weer
Jy het ‘n siel van beautiful en daai genuine smile
Ek sien jou staan in my million mile
Ek sien jou staan by my legacy
Weg uit hul potency
Jy het mos daai hande,
Van solid smooth wande
Hartedief, jy steel my denke
Jy raap my op
Jy vat my sag … tog hard
Jou sigose, my deurdrenkte
Streng Verbode
Ek kry die gevoel die liefde is ‘n legkaart
Duisende stukke in die straatjies van Parys
Die klop van ‘n hart vol verlief
Straatskilders sit jou nooi op ‘n doek
Ek ruik die reuk van jou blomtuin
Ek onthou die mooi van die prentjie
Jy het ‘n Cat Stevens-dans in jou lag
Parys het my net verder verwar
Nooit weer mag ek sê ek is lief
Vir daai girl met die koffie addiction
Nooit weer haar soen
Daai girl met die blom gesiggie
Stuur jou gedigte na bydraes [by] roekeloos.co.za Digters is ook welkom om een foto te stuur vir publisering.



Bespreking
Geen kommentaar vir “Gedigte van Oom Paul”